Die vyfde in ‘n reeks internasionale kongresse oor Hooglied vind hierdie jaar in Pretoria plaas. Meer spesifiek, op die Unisa-hoofkampus, van 31 Augustus tot 2 September vanjaar.

Met as tema “Song of Songs – literal exegesis in the light of new approaches”, word veral bydraes rondom die manier waarop Hooglied gelees word, verwag. Maar soos altyd met hierdie kongresreeks, word bydraes buite die presiese tema verwelkom. Ook vanuit ander akademiese disciplines. Ook rondom die erotiek in die algemeen.

Soos in die verlede, word vanjaar weer mense verwelkom wat nie self ‘n referaat wil lewer nie, maar graag wil kom luister.

Belangstellendes kan gerus skakel met die organiseerders:

Dr Stefan Fischer

Universiteit van Wene

stefan.fischer@univie.ac.at

Prof. Christo Lombaard

Unisa

ChristoLombaard@gmail.com

 

Share this / Deel hierdie: