Welkom by dié webdiens van die Fakulteit Teologie van die Universiteit van Pretoria. Hierdie webblad wil veral die twee deelnemende vennote van die Fakulteit, die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika en die Nederduits Gereformeerde Kerk bedien, maar terselfdertyd wil ons ook ‘n wêreldwye diens lewer. Almal is dus welkom.
Ons doel is om deur middel van kort wetenskaplike artikels die groot en wye wêreld van die teologie nader aan die predikante te bring. Kerklike bediening roep immers om teologiese besinning, daarom moet teologiese wetenskap ook in die prediking en die pastoraat gestalte kry. Wetenskaplike insigte van hierdie aard word in die afdeling ‘Preekhulp’ deur middel van eksegetiese inligting en meditasies weerspieël. Maar dis nie al nie. Ons diens aan die kerk sluit ook sekulêre rubrieke in oor woordkuns, nootkuns, ligkuns en klipkuns. Ons banier is saamgestel uit die twaalf brandglasvensters van Marc Chagall wat die twaalf stamme van Israel simboliseer: gaan lees meer oor hierdie kunstenaar en sy werk by kwaskuns.
artikels...
'n Augustinuservaring
- Deur Jurie le Roux
- Gepubliseer 3 May 2012
- Artikels
-
Evaluering:




Vanaf 24 April tot 26 April 2012 het 'n besondere kongres in Pretoria plaasgevind: dit was die eerste Augustinuskongres wat nog ooit in Suid-Afrika plaasgevind het. Dit is deur die Universiteit van Pretoria se Departement Kerkgeskiedenis aangebied en prof Hans van Oort was die intellektuele krag agter hierdie Augustinusdae. Prof Van Oort is buitengewone professor aan die Universiteit van Pretoria en 'n internasionaalbekende Augustinuskenner. Sy proefskrif (vgl 1995) oor Augustinus se ‘Stad van God’ het al vele herdrukke beleef en hy lewer steeds gesaghebbende werk oor Augustinus.
Vroue in die geslagsregisters van Genesis
- Deur Gerda de Villiers
- Gepubliseer 3 May 2012
- Artikels
- Nog geen evaluering
Geslagsregisters is nie die opwindendste gedeeltes in die Hebreeuse Bybel nie. Meestal bestaan hulle uit lang lyste met vreemde name van karakters van wie ‘n mens dikwels nooit weer hoor nie. En tog vervul geslagsregisters ‘n belangrike funksie. In die Ou Testament waar geslagsregisters aan die einde van ‘n storie gegee word, vertel elke naam iets oor die verlede of slaan ‘n brug na die toekoms. Byvoorbeeld, na die vertelling van die skepping van die wêreld, volg die geslagsregister van Adam tot by Noag en sy seuns (Gen 5). Die vloedverhaal word dan vertel, en eindig met die nageslag van Sem, Gam en Jafet (Gen 10). Daarna word Sem se nageslag uitgesonder (Gen 11:10-24) om die oorgang na die verhale van die aartsouers te bied: Abraham en Sara, Isak en Rebekka en uiteindelik Jakob en sy vroue.
Rolprent: The best exotic Marigold Hotel
- Deur Gerda de Villiers
- Gepubliseer 2 May 2012
- Lig-kuns
-
Evaluering:




Verskillende omstadighede gooi ‘n groepie Britse bejaardes in dieselfde bootjie – of liewers, op dieselfde vliegtuig – op pad na Jaipur in Indië. In die nuut-gerestoureerde ‘Exotic Marigold Hotel’ gaan hulle lafenis vir oue siele vind – Indië is immers soveel goedkoper as Brittanje. Die advertensie belowe palmbome, koel kabbelende fonteine, en private kamers wat volledig met elke denkbare luukse toegerus is.
Die teoloog se reis – van (beter-)weet na (desperate) uitnooi.
- Deur Julian Müller
- Gepubliseer 2 May 2012
- Preekhulp
-
Evaluering:




Na die verskyning van my boek, Om te mag twyfel, ontvang het allerlei soorte reaksies. Onder andere kry ek die volgende faks van ‘n oom uit ‘n aftreeoord op die platteland:
Geagte Professor
Ek het u boek ‘Om te mag twyfel’ gelees. Daar het vir my effens lig begin deurskemer. Ek het baie dieselfde pad as u geloop behalwe dat ek ‘n bourekenaar in plaas van ‘n teoloog geword het.
Daar is egter ‘n kardinale verskil. U het u geloof behou, maar ek het dit verloor of nooit eers gehad nie. Moontlik is my genadetyd lankal verby. Moontlik het ek die Heilige Gees vir te lank weerstaan.
Ek bid die laaste paar dekades vir lig wat ek nie kry nie. Meestal sonder woorde want ek weet nie meer hoe om te bid nie. Die alternatief wat ek gevolg het was om te probeer leef op ‘n wyse wat ‘dink’ God sal behaag. Hulp aan my ‘naaste’, wit en swart, vriendelik, nie haatdraend, lankmoedig, saam met die waarheid loop, ens. Ek bly maar altyd onder die besef dat die ‘werke’ sonder die geloof niks beteken nie en soek by u raad asseblief.
Sport as ritueel
- Deur Daléne Flynn
- Gepubliseer 2 May 2012
- Liturgie
-
Evaluering:




Kultuur is ‘n geordende sisteem van betekenis en van simbole waarin sosiale interaksie plaasvind. Kultuur en ritueel is nou verbonde aan mekaar, aangesien rituele simboolhandelinge is. Kultuur en rituele kan nie van mekaar losgemaak word nie. Kultuur, betekenis en simbole word op ‘n bepaalde manier ten opsigte van mekaar georden. Mense gee aan feite en gebeurtenisse ’n bepaalde waarde of betekenis. Dit is nooit neutraal nie. Kultuur is nié staties nie. Dit is voortdurend aan die beweeg, omdat waardes verskuif en patrone verander. Deur rituele word daar altyd waardes en patrone oorgedra. Dit kan bewustelik of onbewustelik geskied. Rituele en simbole kan ideologieë konsolideer en versterk (Barnard & Vos 2001:20-22).
Die weeklikse viering van die nagmaal in die NG Kerk
- Deur Suzanne Kleynhans
- Gepubliseer 2 May 2012
- Liturgie
- Nog geen evaluering
Ek het 3 jaar terug ingeskakel by die NG Gemeente Riviera (die gemeente staan nou bekend as NG Gemeente Riviera-Jakaranda). Daar het ek vir die eerste keer te doen gekry met die weeklikse viering van die nagmaal. My aanvanklike opinie rakende die weeklikse viering van die nagmaal was, dat dit vir mense ‘n gewoonte word en dat die waarde en betekenis van die nagmaal verlore gaan. Hierdie opinie is dan ook die opinie van ander wat nog nie blootselling gehad het aan die weeklikse viering van die nagmaal nie. Die weeklikse viering van die nagmaal het my belangstelling geprikkel en ek het begin om met die gereelde erediensgangers informeel te gesels, om uit te vind wat hulle belewenis van die weeklikse viering van die nagmaal is.
Liturgie in die NG Kerk
- Deur Ferdie Clasen
- Gepubliseer 2 May 2012
- Liturgie
-
Evaluering:




Soos met baie ander dinge, is dit tans nie maklik om die liturgiese kenmerke van die NG Kerk eenduidig te beskryf nie. Die afgelope jare is gekenmerk deur is ryk verskeidenheid van beïnvloeding en eksperimentering.
Pase en 'n verlede wat weg is
- Deur Jurie le Roux
- Gepubliseer 29 March 2012
- Artikels
-
Evaluering:




Die kerk se pad vanaf die begin tot vandag toe is verstommend. Hoe het dit gebeur dat 'n klein groepie in 'n afgeleë en moeilike Romeinse provinsie in die eerste eeu die boodskap van Jesus van Nasaret so verinnerlik en uitgeleef het dat dit na 310 staatsgodsdiens geword het. Volgens die Duitse kerkhistorikus, Adolf von Harnack, was eenvoud 'n belangrike rede hiervoor. Mense wat deur die evangelie geroer is, kon in eenvoudige woorde dié ervaring verwoord. Geen teologiese opgesmuktheid nie, maar eenvoudige woorde waarmee hulle hulle geloof kon bely geloof (Von Harnack 1924:110-124). In Rome moes dopelinge net sê ‘Ek glo in God, die Vader en in Jesus Christus en die Heilige Gees’. Verder moes hulle net die vergewing van sondes, die wedersopstanding van die liggaam, die ewige lewe, ensovoorts bely. Doodeenvoudige woorde wat die geloof helder en duidelik verwoord het.
Wydingsdiens
- Deur Tanya van Wyk
- Gepubliseer 29 March 2012
- Preekhulp
- Nog geen evaluering
Dis tyd dat sonde die regmatige plek as verkeerd inneem, sê ‘n student so twee jaar terug vir my terwyl ons oor die aard van die Christelike etiek in die klas debatvoer. A thorny issue, sou mens in Engels dalk kommentaar wou lewer. Juis nie, sou ons vanuit ons Reformatoriese belydenis en agtergrond kommentaar wou lewer. Pas laasweek het ek as deel van ‘n kursus oor teologiese antropologie die saak van sonde, boosheid en die aard van die mens opgehaal. En baie vroeg kom die vrae en ook die ongemak van die gesprek na vore.
Rolprent: The Artist
- Deur Gerda de Villiers
- Gepubliseer 28 March 2012
- Lig-kuns
- Nog geen evaluering
Behalwe vir enkele minute heel aan die einde, is The Artist ‘n stilprent van nagenoeg 100 minute lank. Alles is swart-en-wit, tipies van die stilprente van die vroeg twintigste eeu. Die hele fliek word gedra deur musiek en veral deur mimiek. Jean Jujardin as George Valentin en Bérénice Bejo as Peppy Miller is albei skitterend, maar die held en hartedief van die verhaal is Uggie, die brak. Verder is dit baie duidelik dat die regisseur, Michel Hazanavicius goeie navorsing oor die genre van die stilprent gedoen het.
Onlangse Artikels
Nuwe boeke by CUM
- Deur Gerda de Villiers
- Gepubliseer 11 August 2011
- Boeke
- Nog geen evaluering
‘n Lewe sonder beperkings deur Nick Vujicic,
Vokome vergifnis deur RT Kendall,
Wanneer God mense nuut maak deur Bennie Mostert,
Die Klassieke Kinderbybel Storieboek vertel deur Johan en Nina Smit.
Paassondag: ‘n gedig van Sheila Cussons
- Deur Gerda de Villiers
- Gepubliseer 20 April 2011
- Woordkuns
- Nog geen evaluering
Paasondag. Jesus het opgestaan. Die gebeure wat in Matteus 28:8-10 beskryf word, omvorm Sheila Cussons tot ‘n kort, maar besondere treffende gedig.
Twee boekbekendstellings van CUM
- Deur Gerda de Villiers
- Gepubliseer 11 March 2011
- Boeke
- Nog geen evaluering
UNISA 15 Maart 2011
- Deur Cornel du Toit
- Gepubliseer 28 February 2011
- Kongresse
- Nog geen evaluering
Philip Clayton is a leading figure in the field of science and religion. Currently Ingraham professor of theology at Claremont School of Theology and professor of philosophy and theology at Claremont Graduate University, he obtained doctorates in both philosophy and theology at Yale University and studied under Wolfhart Pannenberg, whose work he translated and commented on. He was awarded the prestigious Templeton research prize in 1999 and has written extensively on subjects ranging from science, religion and ecology to the emergentist hypothesis to evolution and ethics. A panentheist par excellence, he is developing a Christian theology which spans the entire spectrum of philosophy and science in a manner reminiscent of the late Alfred Peacocke, with whom he co-edited work on God’s presence in a scientific world. His work manifestly overlaps that of Unisa’s Science and Religion Forum and his series of lectures will be an outstanding contribution to the local debate.
Van Sartre tot Josua tot die Deuteronomis
- Deur Jurie le Roux
- Gepubliseer 10 September 2010
- Reisberigte
-
Evaluering:




Vanaf einde Julie tot begin Augustus vanjaar het ek twee Ou-Testament-kongresse bygewoon. Een in Leuven (België) en die ander in Helsinki (Finland). In Leuven het die nege en vyfstigste vergadering van die Colloquium Biblicum Lovaniense LIX, vanaf 26-28 Julie plaasgevind. Hierdie ‘Bijbelse Studiedagen’, soos wat dit ook genoem word, was vir my 'n eerste en dit was 'n besondere geleentheid. Dit vind elke jaar plaas en een jaar word aan die Ou Testament en die ander aan die Nuwe Testament gewy. Vanjaar was dit die Ou Testament se beurt en daar is op die boek Josua gefokus. In die oggende was daar volsessies wat deur almal bygewoon is en waar bekende vakmanne Josua in-diepte toegelig het. Smiddae was daar seminare in vier tale (Nederlands, Duits, Frans en ook Engels) oor verskillende aspekte van Josua en ek het 'n voortreflike Nederlandse seminaar onder leiding van Hans Ausloos oor Josua en die deuteronomistiese bewerking van die Pentateug bygewoon. Dáár kon ek darem Afrikaans praat.
Digbundel: hoe vou die lig in deur Everline van Dyk
- Deur Gerda de Villiers
- Gepubliseer 23 May 2010
- Boeke
-
Evaluering:




Digkuns is ‘n persoonlike, intieme kunsvorm, en hoe vou die lig in, is dan ook geen uitsondering nie. Hierdie digbundel bestaan uit sewe afdelings wat meestal ingelei word deur ‘n aanhaling van ‘n ander skrywer of digter, of uit die Bybel. Die 'lig' is egter nie vanuit die staanspoor daar nie - 'n mens moet die hele boekie deurlees om toe te laat dat sirkels van lig op treffende wyse ontvou.
Vooroordeel in die proses van Christelik etiese besluitneming
- Deur Gerda de Villiers
- Gepubliseer 23 May 2010
- Vaktydskrifartikels
-
Evaluering:




Daar is verskillende benaderings tot Skrifgebruik. Etiek soos wat dit uit Bybelse hermeneutiek afgelei word, hou nou verband met etiese kwessies waarmee Christene elke dag te doene kry. Die Bybel is die riglyn en bied die basiese uitgangspunt waarvolgens etiese beslissings gemaak word. Maar soms moet ‘n mens van jou eie vooroordele bevry word, en dit is nie heeltemal moontlik nie. Hierdie artikel hou ‘n etiek van verantwoordelikheid voor: vooroordele wat aansluit by ‘n etiek van verantwoordelikheid, slaan die brug tussen ‘n teks van die verlede en ‘n her-interpretasie daarvan in die hede.
Filemon as terapeutiese narratief
- Deur Gerda de Villiers
- Gepubliseer 23 May 2010
- Vaktydskrifartikels
-
Evaluering:




Hierdie artikel ontleed die verskillende narratiewe wat in Filemon geïmpliseer word deur gebruik te maak van die terapeutiese benadering, soos ontwikkel deur Epston & White (1990). Twee duidelike narratiewe word onderskei: die dominante narratief (die harde manier waarop slawe in die vroeg Christelike tye behandel is), en ‘n narratief wat hierdie houding uitdaag (die meer menslike hantering van slawe). Hierdie artikel wys op Paulus se poging om die gaping tussen die twee narratiewe te oorbrug deur sekere merkers te gebruik wat hy heel moontlik by die misterie-religieë gekry het, sowel as die voorbeeld wat Jesus gestel het. Uiteindelik bied die narratiewe terapeutiese benadering ‘n nuwe en unieke blik op Filemon se narratiewe wêreld.
Opstanding
- Deur Departement Filosofie (UP)
- Gepubliseer 10 May 2010
- Kongresse
-
Evaluering:




Dit wil voorkom asof die waarheid nog nooit so in aanvraag was as in hierdie uitmergelende postmoderne tydperk nie. En tog is dit moeiliker om dit te vind as ooit tevore. Dit is veral waar van Bybelse waarheid: dit is ‘n oop vraag of die Christelike narratief versoen
Bekendstelling van boeke wat onlangs by CUM verskyn het
- Deur Dawid de Villiers
- Gepubliseer 9 May 2010
- Boeke
-
Evaluering:




In die eerste kwartaal van 2010 het daar 'n paar boeke by Christelike Uitgewersmaatskappy verskyn. Ek stel graag twee van hierdie boeke op teo.co.za bekend.

