Welkom by dié webdiens van die Fakulteit Teologie van die Universiteit van Pretoria. Hierdie webblad wil veral die twee deelnemende vennote van die Fakulteit, die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika en die Nederduits Gereformeerde Kerk bedien, maar terselfdertyd wil ons ook ‘n wêreldwye diens lewer. Almal is dus welkom.
Ons doel is om deur middel van kort wetenskaplike artikels die groot en wye wêreld van die teologie nader aan die predikante te bring. Kerklike bediening roep immers om teologiese besinning, daarom moet teologiese wetenskap ook in die prediking en die pastoraat gestalte kry. Wetenskaplike insigte van hierdie aard word in die afdeling ‘Preekhulp’ deur middel van eksegetiese inligting en meditasies weerspieël. Maar dis nie al nie. Ons diens aan die kerk sluit ook sekulêre rubrieke in oor woordkuns, nootkuns, ligkuns en klipkuns. Ons banier is saamgestel uit die twaalf brandglasvensters van Marc Chagall wat die twaalf stamme van Israel simboliseer: gaan lees meer oor hierdie kunstenaar en sy werk by kwaskuns.
artikels...
Maria, maagd en moeder: die eerste eeue
- Deur Gerda de Villiers
- Gepubliseer 15 December 2011
- Artikels
-
Evaluering:




Kersfees. Saam met Christene wêreldwyd herdenk ons die geboorte van die Christuskind, maar in die Protestantse tradisie maak ons nie veel van sy moeder nie. Ons bely slegs dat ‘Jesus Christus uit die maagd Maria gebore is’, sonder om na te dink waar daardie belydenis vandaan kom, of hoekom dit belangrik was om dit te sê. In hierdie teo-bydrae wil ek stilstaan by die vroegste tradisies rondom Maria.
Kersfees, musiek en 'n dieper teologiese verstaan
- Deur Jurie le Roux
- Gepubliseer 15 December 2011
- Artikels
- Nog geen evaluering
Sonder die kerk was daar geen kuns nie. Of in elk geval nie soos ons dit vandag ken nie. Dit was die kerk wat skilders en komponiste in diens geneem, hulle betaal en talle opdragte gegee het. Hulle moes die kerk se boodskap vir gewone mense ‘hoorbaar’ en ‘sigbaar’ maak.
Kersfees, liefde, lof.
- Deur Jurie le Roux
- Gepubliseer 15 December 2011
- Preekhulp
- Nog geen evaluering
Kersfees en hoop.
- Deur Jurie le Roux
- Gepubliseer 15 December 2011
- Preekhulp
-
Evaluering:




Twee Boeke
- Deur Gerda de Villiers
- Gepubliseer 15 December 2011
- Boeke
- Nog geen evaluering
Twee boeke oor prediking van Bybel-Media.
Die Here gee om vir iemand wat verstoot word
- Deur Gerda de Villiers
- Gepubliseer 25 November 2011
- Preekhulp
-
Evaluering:




Bitter, hartseer woorde van Lea. Ons hoor haar verlange na die liefde van haar man, ons hoor die snik in haar stem. Die ‘ander vrou’ is nie maar net ‘n ander nie, sy is ook die man se wettige vrou en boonop haar suster.
Waar God is, is daar blydskap
- Deur Jurie le Roux
- Gepubliseer 25 November 2011
- Preekhulp
-
Evaluering:




Levitikus 9 vertel van ’n groot bedrywigheid by die altaar. Israel was nog by Sinai in die woestyn en die volk het voor die tent van ontmoeting bymekaargekom. Aäron het toe ’n kalf gevat; dit keelaf gesny; die bloed teen die altaar uitgegooi; die vet, die niere en die punt van die lewer verbrand. En tog gaan dit in dié hoofstuk nie om offers nie, maar om die ervaring van God se teenwoordigheid.
Jesus is die Een! deur Johan Janse van Rensburg
- Deur Gerda de Villiers
- Gepubliseer 25 November 2011
- Boeke
-
Evaluering:




Jesus is die Een! deur Johan Janse van Rensburg bestaan uit drie onderafdelings. Afdeling A (pp 19-57) handel oor ‘Die Jesus van die Skrif’, in Afdeling B (pp 61-123) neem die outeur ‘Die ander teologie’ onder die loep, en in Afdeling C (pp 127-157) stel hy ‘Emerge in perspektief’. Soos dit uit die subtitel blyk, tree Johan Janse van Rensburg in hierdie publikasie met die sogenaamde Emerging Church-beweging – afgekort na EC – in gesprek.
Die apokriewe evangelies vertel 'n ander verhaal.
- Deur Jurie le Roux
- Gepubliseer 25 November 2011
- Artikels
-
Evaluering:




Die vroeë kerk was eintlik nooit 'n eenheid nie. In elk geval nie soos ons dikwels dink nie. En dit word onder andere in die kerk se worsteling met die sogenaamde nie-kanoniese boeke gesien (vgl Markschies 2007:1-100). Einde Julie vanjaar het die baie bekende Leuvense dagen of Colloquium Biblicum Louvaniense juis op hierdie stryd in die vroeë kerk gelet. Dit was die vyftigste keer dat die Colloquium plaasgevind het en oor die jare is 'n verskeidenheid temas in die Ou Testament en Nuwe Testament behandel.
Verdeel en regeer. Oor priesterlike nabootsing van God.
- Deur Sias Meyer
- Gepubliseer 25 November 2011
- Artikels
-
Evaluering:




Die eerste Priesterlike skeppingsverhaal in Genesis 1 is wyd bekend en figureer selfs soms in die media as die holruggeryde debat oor skepping en evolusie af en toe weer sy verskyning maak. Hierdie bydrae het niks met hierdie debat te doen nie, maar gaan eerder oor een van werkwoorde wat gebruik word om God se handelinge op dag een (vers 4) en twee (verse 6 en 7) te beskryf. Op dag een skei God tussen lig en donker en op dag twee skei Hy tussen die boonste en die onderste waters. In Hebreeus is dit natuurlik die woord bdl en dit kom later weer in Genesis 1 voor op dag vier (verse 14 en 18) wanneer die ‘ligdraers’ gemaak word en dit is ook die hulle taak om te skei tussen dag en nag. Een van God se vernaamste handelinge in Genesis 1 is dus om orde te skep en om vir elke ding in die skepping ‘n plek te kry. In Genesis 1 is of God, of die goed wat hy maak (soos die uitspansel of die ligdraers) die onderwerpe van hierdie werkwoord. Hierdie klem op orde is natuurlik ʼn tipiese kenmerk van Priesterlike literatuur, of dan in Wellhausen se taal, van die P-bron.
Onlangse Artikels
Nuwe boeke by CUM
- Deur Gerda de Villiers
- Gepubliseer 11 August 2011
- Boeke
- Nog geen evaluering
‘n Lewe sonder beperkings deur Nick Vujicic,
Vokome vergifnis deur RT Kendall,
Wanneer God mense nuut maak deur Bennie Mostert,
Die Klassieke Kinderbybel Storieboek vertel deur Johan en Nina Smit.
Paassondag: ‘n gedig van Sheila Cussons
- Deur Gerda de Villiers
- Gepubliseer 20 April 2011
- Woordkuns
- Nog geen evaluering
Paasondag. Jesus het opgestaan. Die gebeure wat in Matteus 28:8-10 beskryf word, omvorm Sheila Cussons tot ‘n kort, maar besondere treffende gedig.
Twee boekbekendstellings van CUM
- Deur Gerda de Villiers
- Gepubliseer 11 March 2011
- Boeke
- Nog geen evaluering
UNISA 15 Maart 2011
- Deur Cornel du Toit
- Gepubliseer 28 February 2011
- Kongresse
- Nog geen evaluering
Philip Clayton is a leading figure in the field of science and religion. Currently Ingraham professor of theology at Claremont School of Theology and professor of philosophy and theology at Claremont Graduate University, he obtained doctorates in both philosophy and theology at Yale University and studied under Wolfhart Pannenberg, whose work he translated and commented on. He was awarded the prestigious Templeton research prize in 1999 and has written extensively on subjects ranging from science, religion and ecology to the emergentist hypothesis to evolution and ethics. A panentheist par excellence, he is developing a Christian theology which spans the entire spectrum of philosophy and science in a manner reminiscent of the late Alfred Peacocke, with whom he co-edited work on God’s presence in a scientific world. His work manifestly overlaps that of Unisa’s Science and Religion Forum and his series of lectures will be an outstanding contribution to the local debate.
Van Sartre tot Josua tot die Deuteronomis
- Deur Jurie le Roux
- Gepubliseer 10 September 2010
- Reisberigte
-
Evaluering:




Vanaf einde Julie tot begin Augustus vanjaar het ek twee Ou-Testament-kongresse bygewoon. Een in Leuven (België) en die ander in Helsinki (Finland). In Leuven het die nege en vyfstigste vergadering van die Colloquium Biblicum Lovaniense LIX, vanaf 26-28 Julie plaasgevind. Hierdie ‘Bijbelse Studiedagen’, soos wat dit ook genoem word, was vir my 'n eerste en dit was 'n besondere geleentheid. Dit vind elke jaar plaas en een jaar word aan die Ou Testament en die ander aan die Nuwe Testament gewy. Vanjaar was dit die Ou Testament se beurt en daar is op die boek Josua gefokus. In die oggende was daar volsessies wat deur almal bygewoon is en waar bekende vakmanne Josua in-diepte toegelig het. Smiddae was daar seminare in vier tale (Nederlands, Duits, Frans en ook Engels) oor verskillende aspekte van Josua en ek het 'n voortreflike Nederlandse seminaar onder leiding van Hans Ausloos oor Josua en die deuteronomistiese bewerking van die Pentateug bygewoon. Dáár kon ek darem Afrikaans praat.
Digbundel: hoe vou die lig in deur Everline van Dyk
- Deur Gerda de Villiers
- Gepubliseer 23 May 2010
- Boeke
-
Evaluering:




Digkuns is ‘n persoonlike, intieme kunsvorm, en hoe vou die lig in, is dan ook geen uitsondering nie. Hierdie digbundel bestaan uit sewe afdelings wat meestal ingelei word deur ‘n aanhaling van ‘n ander skrywer of digter, of uit die Bybel. Die 'lig' is egter nie vanuit die staanspoor daar nie - 'n mens moet die hele boekie deurlees om toe te laat dat sirkels van lig op treffende wyse ontvou.
Vooroordeel in die proses van Christelik etiese besluitneming
- Deur Gerda de Villiers
- Gepubliseer 23 May 2010
- Vaktydskrifartikels
-
Evaluering:




Daar is verskillende benaderings tot Skrifgebruik. Etiek soos wat dit uit Bybelse hermeneutiek afgelei word, hou nou verband met etiese kwessies waarmee Christene elke dag te doene kry. Die Bybel is die riglyn en bied die basiese uitgangspunt waarvolgens etiese beslissings gemaak word. Maar soms moet ‘n mens van jou eie vooroordele bevry word, en dit is nie heeltemal moontlik nie. Hierdie artikel hou ‘n etiek van verantwoordelikheid voor: vooroordele wat aansluit by ‘n etiek van verantwoordelikheid, slaan die brug tussen ‘n teks van die verlede en ‘n her-interpretasie daarvan in die hede.
Filemon as terapeutiese narratief
- Deur Gerda de Villiers
- Gepubliseer 23 May 2010
- Vaktydskrifartikels
-
Evaluering:




Hierdie artikel ontleed die verskillende narratiewe wat in Filemon geïmpliseer word deur gebruik te maak van die terapeutiese benadering, soos ontwikkel deur Epston & White (1990). Twee duidelike narratiewe word onderskei: die dominante narratief (die harde manier waarop slawe in die vroeg Christelike tye behandel is), en ‘n narratief wat hierdie houding uitdaag (die meer menslike hantering van slawe). Hierdie artikel wys op Paulus se poging om die gaping tussen die twee narratiewe te oorbrug deur sekere merkers te gebruik wat hy heel moontlik by die misterie-religieë gekry het, sowel as die voorbeeld wat Jesus gestel het. Uiteindelik bied die narratiewe terapeutiese benadering ‘n nuwe en unieke blik op Filemon se narratiewe wêreld.
Opstanding
- Deur Departement Filosofie (UP)
- Gepubliseer 10 May 2010
- Kongresse
-
Evaluering:




Dit wil voorkom asof die waarheid nog nooit so in aanvraag was as in hierdie uitmergelende postmoderne tydperk nie. En tog is dit moeiliker om dit te vind as ooit tevore. Dit is veral waar van Bybelse waarheid: dit is ‘n oop vraag of die Christelike narratief versoen
Bekendstelling van boeke wat onlangs by CUM verskyn het
- Deur Dawid de Villiers
- Gepubliseer 9 May 2010
- Boeke
-
Evaluering:




In die eerste kwartaal van 2010 het daar 'n paar boeke by Christelike Uitgewersmaatskappy verskyn. Ek stel graag twee van hierdie boeke op teo.co.za bekend.

