Ons gee by Universiteit van Johannesburg (UJ), met hierdie prys, erkenning aan die werk wat as die beste skeppende werk uit die vorige jaar geag word. Die keuse van die nege beoordelaars vir die werk uit 2007 was eenparig. Ja, en ons wat hierdie toekenning maak is self bewus van al die gebreke van beoordeling, die probleme met pryse vir kuns. En miskien is prys die verkeerde woord vir die oorhandiging wat ons doen. Eintlik gaan dit immers nie om 'n kompetisie soos die Comrades van eergister nie. Eintlik gaan die UJ-toekenning vir my om iets gans anders. Veral vanaand: Dit is vir my 'n dankie aan die maer man met die groen trui wat nie alleen die landskap van die Afrikaanse poësie radikaal verander het nie. Eers veel later het ek jou gedigte begin lees en al wat ek weet is dat die verbysterende metafore my maniere van dink oor God en kerk en volk en taal en wêreld en identiteit geskuif het. Die wonder van metafore is dat dit mens dinge laat saamdink wat jy nie andersins sou kon nie, dit maak heeltemal ander maniere van kyk moontlik. En omdat jou verse dit al vir 44jaar doen, is die toekenning vir my ook 'n dankiesê vir die dinkmoontlikhede wat die kanteldenke van jou verse vir my moontlik gemaak het.<?xml:namespace prefix = o ns = "urn:schemas-microsoft-com:office:office" /><o:p></o:p>