Calvyn is op 10 Julie 1509 in Noyon Frankryk gebore. Hy studeer aanvanklik regte, maar na die afsterwe van sy pa in 1531, keer hy terug na Parys om verder in die Klassieke Tale te studeer. William Estep skryf oor Calvyn se merkwaardige studiejare: “During his
Johannes Calvyn: ‘n Historiese oorsig
“If Luther sounded the trumpet for reform, Calvin orchestrated the score by which the Reformation became part of western civilization.” Hierdie aanhaling vertel iets van die impak van die lewe en teologie van Johannes Calvyn. Dit lei ons na ‘n tweede opmerking van ‘n bekende geskiedskrywer wat skryf: “No where on earth is the legacy of Calvin stronger than in South Africa, where the spirit of Calvin has not waned due to the influence of the twentieth century, as has been the case and is still the case in countries in Europe.” Hierdie standpunt word onderstreep deur ‘n opmerking van die bekende joernalis, Max du Preez, wat skryf: “1994 het nie net politieke bevryding vir die mense van Suid Afrika gebring nie. Die inwoners van die land is ook bevry van die Ned Geref Kerk se Calvinisme.” Calvyn se invloed het inderdaad deur die loop van 500 jaar wyd en diep gestrek - in Suid Afrika was dit vir sommige die nalatenskap van sy teologie wat ‘n fondament verskaf het waarop ‘n “christelike samelewing” gebou is, vir ander was dit deel van die drakoon van onderdrukking.
Wie was hierdie merkwaardige man ?
Calvyn is op 10 Julie 1509 in Noyon Frankryk gebore. Hy studeer aanvanklik regte, maar na die afsterwe van sy pa in 1531, keer hy terug na Parys om verder in die Klassieke Tale te studeer. William Estep skryf oor Calvyn se merkwaardige studiejare: “During his
Vir ‘n kort oorsig oor die lewe van Calvyn
1536–1538: Eerste verblyf in Geneve
In hierdie tydperk help Calvyn met ‘n bybelvertaling in Frans. Dit egter sy Artikels van die Organisasie van die Christelike Kerk wat hierdie tydperk tipeer. Dit lei tot groot konflik en hy word in 1538 uit die stad gesit.
1538-1541: Straatsburg
Op versoek van Bucer gaan Calvyn na Straatsburg om te help om die Franse vlugtelinge te bedien. Hy lê in hierdie tyd groot klem op die inrigting van die erediens, berym die hele Psalmboek en in 1539 verskyn ‘n nuwe uitgawe van sy Institusie
1541–1545: Tweede verblyf in Geneve
In 1540 word Calvyn versoek om na Geneve terug te keer. Een van die belangrikste opmerkings wat hy in hierdie tyd maak is dat ’n “gemeente vanuit pastoraat wordt gewonnen en niet van het preekstoel”. Hy organiseer die gemeente op ‘n Bybelse grondslag en stel 4 ampte in naamlik: Predikante, Doktore, Ouderlinge en Diakens. Hy beklemtoon dat beide kerk en staat moet gehoorsaam wees aan die Woord van God. Die staat word opgeroep om “alles te doen om mense te help om volgens die wil van God te leef, ook deur middle van wette”.
1545–1555: Tydperk van stryd
Hierdie standpunt van Calvyn tipeer die volgende fase van sy werk in Geneve en lei to groot onmin en stryd. Alle verset teen sy standpunte word as opstand teen God beskou en is gestraf. Dit lei ondermeer tot teologiese stryd met Servetus wat op 27 Oktober 1553 as ‘n ketter verbrand is. Pierre Ameuax wat speelkaarte vervaardig het, het Calvyn beledig en moes vir sy straf met ‘n boetekleed deur die stad stap.
1555 -1564: Tydperk van Uitbou
In die stilte na die storms van die vorige tydperk word die laaste fase van Calvyn getipeer as ‘n tydperk van uitbou. Hy stig ondermeer die Universiteit van Geneve en gee meer aandag aan die skryf van kommentare op Bybelboeke. Theodore Beza en John Knox is van die bekende teoloë wat onder hom studeer. Calvyn sterf op 27 Mei 1564 en word in ‘n ongemerkte graf begrawe.
Die invloed van die teologie van Calvyn het Suid Afrika uit verskillende rigtings en via verskillende strominge bereik. Die koms van Jan van Riebeeck bring dit in 1652 uit
Sou Suid-Afrika regtig die laaste bastion van Calvinisme wees of is ons inderdaad in 1994 daarvan bevry? Net die verloop van die geskiedenis sal daaroor