‘Twyfel. Die onderwerp van vandag se preek, is twyfel.’ Met hierdie woorde van Vader Flynn begin die fliek. Die scenario is ‘n katolieke skool, St Nicholas in the Bronx, Amerika, die jaar 1964. Ou sekerhede is deur baie onrusbarende gebeure geruk. Kennedy is doodgeskiet. Mense vra vrae wat hulle voorheen nie gevra het nie. Twyfel heers in die harte van baie gemeentelede. Dis nie noodwendig negatief nie, meen Vader Flynn. Twyfel
‘Twyfel. Die onderwerp van vandag se preek, is twyfel.’ Met hierdie woorde van Vader Flynn begin die fliek. Die scenario is ‘n katolieke skool, St Nicholas in the Bronx, Amerika, die jaar 1964. Ou sekerhede is deur baie onrusbarende gebeure geruk. Kennedy is doodgeskiet. Mense vra vrae wat hulle voorheen nie gevra het nie. Twyfel heers in die harte van baie gemeentelede. Dis nie noodwendig negatief nie, meen Vader Flynn. Twyfel 
Die skooltjie word regeer deur Suster Aloysius Beauvier. Sy glo daaraan om dissipline met ‘n ysterhand af te dwing en verwag onbesproke gedrag van die kinders en haar personeel. Sy stel haar dit ten doel om alle ongerymdhede uit te snuffel – en saai sodoende twyfel waar sy gaan. Suster James is die onskuldige goedgelowige nuwe onderwyseressie wat graag in Suster Aloysius se goeie boekies wil bly, dus sorg sy dat sy van die begin in haar spoor trap.
Donald Miller is die enigste swart leerling in die skool. Dit blyk dat hy diep ongelukkig is en deur die ander kinders afgeknou word. Vader Flynn met sy pastorale hart, ontferm hom oor die seun en neem hom ‘n bietjie onder sy vlerk. Die bom bars as Vader Flynn vir Donald uit Suster James se klas uitroep. As die kind terugkeer, tree hy snaaks op. Hy lê met sy hande op sy kop, en Suster James ruik alkohol aan sy asem. Soos dit van haar verwag word, gaan doen sy hiervan verslag aan Suster Aloysius.
Só kry Vader Flynn se preek ‘n diep ironiese kinkel as hý die onderwerp van Suster Aloysius se twyfel word. Het Vader Flynn die kind verlei? Het hý vir hom die alkohol gegee? Of het Donald van die altaarwyn gedrink omdat hy ongelukkig en getraumatiseerd is? Is dit waar dat Vader Flynn die kind wil beskerm en hom nog ‘n
‘n Ontstellende magspel word meesterlik op die silwerdoek uitgebeeld. Aan die een kant is Vader Flynn (Philip Seymour Hoffman), menslik, hartlik, hy eet lekker, drink bier, rook ‘n sigaret en skryf met ‘n verdoemde balpuntpen. Hy aanvaar sy gebrokenheid ten volle, ‘n toonbeeld van die omhelsing van twyfel. Aan die ander kant is Suster Aloysius (Meryl Streep), ongenaakbaar, koud, vind geen plesier in die lewe en kos nie. Sy het geen tyd vir menslike swakhede nie, sy moet die sonde ontmasker. Al kos dit ‘n systappie duskant God, moet sy ten alle koste die waarheid ontdek.
Natuurlik moet Donald (Joseph Foster II) se ouers ook weet van sy drinkery. Roerend is Mrs Miller (Viola Davis) se pleidooi dat haar seun tog net tot Junie mag aanbly. Hy moet asseblief net goed slaag sodat hy na ‘n goeie hoërskool toe
Maar Suster Aloysius is op die oorlogspad. Suster James (Amy Adams) is op breekpunt. Hoe meer Suster Aloysius daarvan oortuig is dat Vader Flynn homoseksueel is en kinders molesteer, hoe meer twyfel die jong non. Intussen versprei Suster Aloysius se gerugte oor Vader Flynn soos ‘n gesnyde kussing se vere wat die wind opraap en wat nooit ooit weer bymekaar gemaak kan word nie.
Suster Aloysius se heksejag werp uiteindelik vrugte af, en Vader Flynn moet sy dienste beëindig.
Wel, dan was alles tog die waarheid?
Briljante spel, aktuele tema, uitstekende fliek. Gaan kyk gerus as u dit nog nie gesien het nie.