Die verhaal van 2 Konings 5 vertel van ‘n profeet met ‘n merkwaardige verdraagsaamheid en begrip vir mense wat verskillend glo.
Die verhaal van 2 Konings 5 vertel van ‘n profeet met ‘n merkwaardige verdraagsaamheid en begrip vir mense wat verskillend glo.
Die situasie: 5:1-3
Die verhaal begin met ‘n karakterskets van Naäman, ‘n Aramese militêre bevelvoerder. Hy is ‘n gerespekteerde en dapper man wie se karakter in sy naam, wat ‘innemend’ of ‘goedwillig’ beteken, gereflekteer word. Alhoewel hy die aanvoerder van die vyand se magte was wat groot ellende in
Maar die ironie van die talentvolle Naäman is dat hy melaats was. Terwyl die leser nog wonder oor die uitkoms van hierdie probleem, word die gevange Israelitiese dogtertjie in vers 2 bekendgestel. Haar beskrywing kontrasteer met diè van Naäman: Hy het ‘n naam, sy is naamloos; hy is die ‘groot man’, sy ‘n ‘klein dogtertjie’; hy ‘n bevelvoerder, sy ‘n gevangene in sy huis; hy ‘n Arameër, sy ‘uit die land van
Naäman en die koning van
In die volgende vier verse vind ons Naäman oppad na die profeet van Samaria met ‘n brief en geskenke van die koning van
Naäman se fisiese genesing: 5:8-14
As Naäman by Elisa se huis arriveer (v 9), beveel Elisa hom by monde van boodskappers om hom sewemaal in die Jordaanrivier te was, wat die trotse Arameër woedend onder protes doen (v 11-13). En ‘sy vel het gesond geword soos die van ‘n klein seuntjie en hy was weer rein’ (v 14).
Naäman se spirituele transformasie: 5:15-19a
Ons vind nou ‘n nederige Naäman voor die ‘profeet van Samaria’ en die wens van die Israelse dogtertjie (v 3) is vervul. Vir die eerste keer skep die verteller dialoog tussen die twee karakters sonder tussengangers. Naäman se arrogansie is geknak en hy bely: ‘Ek weet nou daar is geen God op die hele aarde nie, behalwe in
Ten slotte
Elisa staan met diè woorde beide versoeke toe want daar is geen gevaar of skade om mense van ander gelowe te ondersteun in die aanbidding van hulle God as die persoon standvastig is in haar of sy eie geloof nie. Elisa is oortuig van die integriteit van die Arameër se nuutgevonde geloof ten spyte van sy ambivalente verstaan daarvan. Die profeet se verdraagsaamheid laat Naäman toe om lojaliteit aan sy koning te bewys.
Ons as Christene neem aan dat die God van Israel die God is wat ons aanbid - ons behoort dus nie ‘n probleem te hê om die uitdaging van ons verhaal te aanvaar as verteenwoordigend van ‘n Ou-Testamentiese perspektief op ander godsdienste nie. Die Naämanverhaal konfronteer ons met ‘n God wat omgee vir alle mense ongeag hulle religieuse uitdrukking en in navolging behoort ons dieselfde te doen.
Bibliografie
Ariarajah, W 1985. The Bible and people of other faiths.
Cohn, R L 1983. Form and perspective in 2 Kings V. VT33, 171-184.
Jones, G H 1984. 1 and 2 Kings, Vol II.
Klopper, F 1992. We have a right to believe differently: 2Kings 5:1-27 and religious Tolerance, in Wessels, W & Scheffler, E, Old Testament science and reality, 188-207.
Loader, J A 1985. ‘Theologia Religionum’ from the perspective of of Israelite religion – an argument. Missionalia 13, 14-32.