TEO Webdiens van die Fakulteit Teologie van die Universiteit van Pretoria - http://teo.co.za/artikel
Kruiseling: 'n Gedig vir lydenstyd
http://teo.co.za/artikel/articles/171/1/Kruiseling-n-Gedig-vir-lydenstyd/Bladsy1.html
Cas Vos
 
Deur Cas Vos
Gepubliseer op 26 March 2009
 

Hoor hoe skop die middagwind stof op.

Dis mos 'n dag vir swartdoek dra.

Diep gekwes ruk en pluk hy 'n droë boom

vir die vullishoop waar bedelaars aas.


Hoor hoe skop die middagwind stof op.

Dis mos 'n dag vir swartdoek dra.

Diep gekwes ruk en pluk hy 'n droë boom

vir die vullishoop waar bedelaars aas.

 

Kyk hoe skop die middagwind stof op.

Dis mos 'n dag uitgeknip vir rou.

Ma's van Afrika treur hulle harte

leeg oor die bloed wat in die stof kors,

oor die kinders wat vaal ashopies lê.

 

Kyk hoe droog die middagwind die trane af.

Drie dae swyg hy, voor hy stowwerig

opstaan en na sy Vader koers inslaan.

Hoor hoe skop hy middagstof op.


‘n Gedig uit Die afdruk van ons hande deur Cas Vos (2007)