Opstanding: 'n Gedig vir opstandingsondag
Cas Vos
Cas Vos se Artikels
Van die floute lig kan sy retina
so plots skaars ‘n gloed behou;
sy volgelinge voel sy donker
op die strand waar Hy tafel dek
met hande waaraan rowe kors.
Hy eet heimlik saam met hulle
gebraaide vis en brood
om sy dood te onthou,
die breekslag ná die dankgebed,
voor Hy hulle weer moet agterlaat.
As een van hulle, ná ‘n laaste sug,
in ou aardse sooie lê en wag,
maak God se vereelte hand
‘n ou man wakker, soen hom sag
en pas in die holtes van sy oogappels
die nuwe aarde se vrug.
‘n Gedig uit Die afdruk van ons hande deur
Versprei die Woord
1 Reaksie op "Opstanding: 'n Gedig vir opstandingsondag" 
|
se kommentaar op 03 Apr 2009 5:20:27 AM PDT
Absoluut treffend. Hopelik gebruik al die dominees wat op Opstandingsondag die dienste lei hierdie gedig iewers in die liturgie.
|



Author)