Die probleem wat die meeste aandag gekry het in die bestudering van Psalm 27 is die kwessie van die eenheid van die psalm. By vers 7 verander die hele toonaard van die lied, wat eksegete die vraag laat vra het of ons nie van daar af met ’n heel nuwe psalm te doen het nie. Iemand soos Weiser (1962:245) beweer met soveel stelligheid: “The twenty-seventh psalm consists of two parts which differ from each other in mood and subject-matter. They cannot have been written in the same circumstances, and also they can hardly have been composed by the same author.”
Teks
Die teks van Psalm 27 is reeds uitvoerig behandel deur Burger (1991:98-106) in die Woord teen die lig-reeks. Sy riglyne is onontbeerlike leeswerk vir enige prediking oor hierdie gedeelte. Ek sal ook kortliks verwys na van die waardevolle insigte daarin.
Die probleem wat die meeste aandag gekry het in die bestudering van Psalm 27 is die kwessie van die eenheid van die psalm. By vers 7 verander die hele toonaard van die lied, wat eksegete die vraag laat vra het of ons nie van daar af met ’n heel nuwe psalm te doen het nie. Iemand soos Weiser (1962:245) beweer met soveel stelligheid: “The twenty-seventh psalm consists of two parts which differ from each other in mood and subject-matter. They cannot have been written in the same circumstances, and also they can hardly have been composed by the same author.”
Die eenheidsvraag word uitvoerig in die kommentare en by Burger (1991:98-100) hanteer. Van Uchelen (1971:184) wys op verskeie kernwoorde wat in beide hoofdele van die psalm voorkom: “najaag” (4) en “dien” (8); “wegsteek” (5) en “verberg” (9); “my redder” (1) en “wat my red” (9).
Uiteindelik kan volstaan word deur te sê dat die “dubbelkantigheid” van die psalm juis die egtheid van die lewensbeskrywing onderstreep, aangesien die lewe presies só lyk, veelkantig, vol onverklaarbare teenstrydighede. Burger (1991:100) verwoord dit uitstekend: “Die dialektiek van hoop (1-6) en noodbeklag (7-12) wat deur sommige as ’n probleem beskou word, is juis die sleutel tot die verstaan van hierdie psalm se unieke boodskap.”
Ek skaar my by die strofe-indeling van Van Uchelen (1971:180-185) en maak ’n paar kort opmerkings oor die teks van die psalm:
Konteks
Coenie Burger (1991:104-106) maak baie van die paradoksale aard van Psalm 27 en die spieëlbeeld wat dit van die lewe gee. Burger (1991:103) wys daarop dat die Westerse Christendom nie deur die eeue genoeg gevoel ontwikkel het vir wat Martin E Marty (1983) ’n winter-spiritualiteit noem nie. Vergelyk ook die titel van Julie Claassens (2003) se boek, Wintertye, wat sy juis aan Marty ontleen. ’n Christen se lewe bestaan nie net uit jubel en juig nie, soos wat baie mense eintlik verwag. Nee, daar is ook baie momente van klag en smeek en pleit voor God, soos wat ons in baie van die psalms en ander wysheidsliteratuur kry.
Van so ’n paradoksale geloof is Psalm 27 ’n klassieke voorbeeld. Hierdie persoon het ’n goeie dosis van die soet en suur van die lewe weg. Hy sou ewe goed kon handdoek ingooi, sy vertroue in God opgee. En tog beleef hy God steeds as sy hulp en krag, sy rots en toevlug. Dit is geloof ten spyte van omstandighede, geloof selfs al lyk dit asof dit geen vrug lewer nie, Burger (1991:103) se “paradoksale geloof”.
’n Aanhaling uit C S Lewis se The problem of pain word deur Burger (1991:105) weergegee en kan met groot vrug in die preek gebruik word as voorbeeld van so ’n paradoksale geloof, ’n geloof ten spyte van:
The settled happiness and security which we all desire, God withholds from us by the very nature of the world; but joy, pleasure, and merriment, He has scattered broadcast. We are never safe, but we have plenty of fun, and some ecstasy. It is not hard to see why. The security we crave would teach us to rest our hearts in this world and oppose an obstacle to our return to God: a few moments of happy love, a landscape, a symphony, a merry meeting with our friends, a bathe or a football match, have no such tendency. Our Father refreshes us on the journey with some pleasant inns, but will not encourage us to mistake them for home.
Preekvoorstel
Die meeste mense is sekerlik bekend met ’n getuigskrif. Hier van graad 11 af en veral in die matriekjaar begin die jongmense skarrel om getuigskrifte in die hande te kry. Daarvoor vra hulle dan meestal die dominee by wie hulle belydenis van geloof afgelê het, of die skoolhoof of die bestuurder van ’n firma by wie hulle tydelike werk gedoen het.
’n Mens het ’n getuigskrif nodig voordat jy vir ’n werk
In Psalm 27, een van die besondere vertrouenspsalms, kry ons ook met ’n soort getuigskrif te doen, dié slag net nie ’n getuigskrif oor ’n mens nie, maar oor God. In die eerste ses verse praat die digter oor God, sê Hy wat God vir hom is en doen.
Die getuienis wat die digter oor God gee, is dat God sy lig en sy redder is, sy toevlug, die rots op wie hy bou. Hy beskryf hoe God hom in elke moeilike situasie beskerm het, nie toegelaat het dat hy ondergaan in die storms van die lewe nie. En waarna ons moet oplet, is die krag waarmee hierdie persoon oor God praat. Dit is nie die taal van iemand wat nog nie swaargekry het in die lewe en daarom maar sommer so ligvoets oor die teenslae van die lewe spring nie.
Nee, die persoon wat hier aan die woord is, is duidelik iemand wat al die soet én die suur van die lewe ervaar het, iemand wie se geloof al dikwels kwaai getoets is en aan druk onderwerp is. Daarom hou hy rekening met die feite van die lewe, met dinge soos siekte en dood en teleurstelling en verlies en pyn, maar hierdie dinge kry hom nie onder nie.
Een van die Engelse vertalings gee vers 6 van hierdie psalm weer met die woorde: “Now my head will be raised high.” Dit is die digter se geheim. Omdat die Here sy lig is, sy beskermer, sy toevlug,
Psalm 27 is vol van die ambivalensie van die lewe, van die swaarkry wat ons nie
Daarom skryf Coenie Burger tereg: “Meer nog as in Psalm 23 sien ons hier (in Psalm 27 – LDJ) wat volwasse geloof in sy kern is: vertroue op God te midde van aanvegting, teenspoed en gevaar.” Die digter sê: “Die Here is my toevlug, vir wie sou ek vrees?”
Dieselfde gedagte kry ons ook in een van die wonderlikste hoofstukke in die Nuwe Testament. Romeine 8:31 sê: “God is vir ons, wie
In die tweede gedeelte van die psalm, van vers 7 af, praat die digter nou nie meer oor God en sy besondere eienskappe nie. Nee, nou praat hy met God self. Hy ervaar hoe die Here hom deur sy lewe dra en versterk. Dan sê hy in vers 8: “Ek onthou wat U gesê het: ‘Julle moet My kom dien!’ Ek is hier om U te dien, Here.”
Omdat hy so bewus is van Jahwe se beskerming deur sy lewe, vertrou hy ook dat die Here se beskerming in die lewe hierna by hom sal wees. In vers 4 hoor ons hom sê: “Net een ding het ek van die Here gevra en dit sal ek najaag: dat ek my hele lewe lank in sy huis mag woon om sy goedheid te belewe en daaroor na te dink in sy tempel.” En dan vervolg hy in vers 13: “As ek darem nie geglo het dat ek die goedheid van die Here sal sien in die land van die lewendes nie …!” Dit laat die kommentator Mitchell Dahood oor hierdie psalm skryf: “The psalmist is confident of Yahweh’s protection in this life and is also convinced that he will gaze upon the loveliness of Yahweh in the next” (1965:166).
Dit is natuurlik nie so moeilik om jouself te verbind aan die diens van die Here as dit met jou en jou gesin voorspoedig gaan nie. Dan getuig ons ook heel maklik oor hoe goed die Here vir ons is. Dinge verander egter heel vinnig as die lewe eers sy skadukant na jou toe begin draai, en veral as dit bly sleg gaan. Dan is dit baie moeilik om die hand van die Here in my lewe raak te sien, en veral begrippe soos “die wil van die Here” en “die (raads)plan van die Here” is baie moeilik om te begryp.
Hoe is dit dan moontlik vir hierdie persoon om ná al die soet en die suur wat hom getref het, steeds te sê: “Ek is hier om U te dien, Here?” Hierdie digter het begin verstaan hoe paradoksaal die lewe is, en hoe paradoksaal geloof ook is. Hy kon terugkyk op sy lewe en raaksien dat daar ’n goeie mengsel van goeie en slegte ervarings was, en selfs van baie slegte ervarings, maar dat een ding soos ’n paal bo water uitstaan, en dit is dat God hom nêrens in die steek gelaat het nie. God was daar wanneer die lewe sy rugkant na hom toe gedraai het, wanneer die wiele van sy lewe begin afval het.
Aan só ’n God is hy bereid om hom te verbind. Dit
En dis ’n ma soos my ma wat, toe my enigste broer, Francois, vier jaar gelede op die lughawepad by Kaapstad onskuldig in taxi-kruisvuur doodgeskiet is, op my woedevraag waarom dit dan my broer, háár seun moes wees, deur haar trane geantwoord het: “As dit nie my seun was nie, wie se seun dan …?”
Hierdie merkwaardige vrou – want merkwaardig is sy gewis – het iets begin snap van dít waaroor die digter van Psalm 27 skryf. Te midde van die onverklaarbare, onlogiese en onregverdige klappe wat die lewe na jou kant toe uitdeel,
Breda Ludik maak egter in sy bespreking van hierdie psalm ’n opmerking wat ons nie by verby moet gaan nie. Dit is die feit dat die digter se belewenis van die teenwoordigheid van die Here versterk word in die huis van die Here. Ons hoor hom in vers 5 sê: “Op die dag van gevaar sal die Here my wegsteek in sy huis, my veilig laat skuil in sy woonplek,” en in vers 6: “ek sal in sy woonplek onder trompetgeklank my offers bring, ek sal ’n lied sing” (my kursivering). Ludik (2001:31) vervolg dan: “Persoonlike gebed vervang nooit die gebed van die gemeenskap van gelowiges nie”, en “Tussen medegelowiges besef ons die beste dat ons toekoms in God se hande is – en nie in my eie, ander mense s’n of in hulle s’n wat my kwaadgesind is nie.”
Daar, in die teenwoordigheid van ander mede-gelowiges, wat net so soekend is soos ek, wat met hulle eie lewenskrisisse worstel, ervaar ons saam die reddende trou en bewarende hand van die Here God deur sy Gees.
As ons daarby besef dat ons soveel meer weet as die digter van Psalm 27, dat ons weet dat hierdie God ons so lief gehad het dat Hy sy enigste Seun opgeoffer het sodat ons die lewe in oorvloed kan hê, dan weet ons dat ons met nog meer oortuiging kan uitroep: “As ek darem nie geglo het dat ek die goedheid van die Here sal sien in die land van die lewendes nie …!”
Dan onthou ons van ’n Vader wat eenmaal gesê het: “Waarom nie my Seun nie?”
Bibliografie
Anderson, A A 1972. The book of Psalms 1: Psalms 1-72.
Burger, C W 1988. Die prediking van die Psalms, in Burger, C W, Müller, B A & Smit, D J (reds.), Woord teen die lig II/4: Riglyne vir prediking oor die Psalms, 9-17. Kaapstad: NGKU.
Burger, C W 1991. Psalm 27, in Burger, C W, Müller, B A & Smit, D J (reds.), Woord teen die lig III/2: Riglyne vir prediking oor die wandel met God, 98-106. Kaapstad: Lux Verbi.
Claassens, J 2003. Wintertye: Perspektiewe uit die Skrif vir hartseertye.
Dahood, M 1965. Psalms I (1-50). Garden City, NY: Doubleday. (AB 16.)
Franke, G 1968. Psalm 27:7-14 – Exaudi, in Schmidt, L (Hrsg.), Schriftauslegung für Predigt, Bibelarbeit, Unterricht: Die Psalmen 2, 21-25.
Kraus, H-J 1989. Theologie der Psalmen. 2. Aufl. Neukirchen: Neukirchener Verlag. (BKAT 15/3.)
Marty, M E 1983. A cry of absence: Reflections for the winter of the heart. San Fransisco. CA: Harper & Row.
Rogerson, J W & McKay, J W 1977. Psalms 1-50.
Simpson, N, Van Rensburg, E & Ludik, B 2001. Die wonder van gebed: Psalms – oopgetrapte paadjies na God toe.
Ungefroren, H 1968. Psalm 27:1-6 – 4. Sonntag nach Trinitatis, in Schmidt, L (Hrsg.), Schriftauslegung für Predigt, Bibelarbeit, Unterricht: Die Psalmen 2, 64-67.
Van Breda, M 2001. Redakteursbrief: Wie se seun dan? Sarie 16 Mei, 8.
Van Uchelen, N A 1971. Psalmen I (1-40). Nijkerk: Callenbach. (POT.)
Weiser, A 1962. The Psalms: A commentary.
Ds Lambert Jacobs is 'n navorsingsgenoot van die Dept Ou en Nuwe Testament, Fakulteit Teologie, Universiteit Stellenbosch.