Ek is opreg opgewonde oor die nuwe moontlikhede vir 'n oop gesprek oor Jesus se opstanding, maar daar sal gewaak moet word teen drie faktore wat die gesprek
Ek is opreg opgewonde oor die nuwe moontlikhede vir 'n oop gesprek oor Jesus se opstanding, maar daar sal gewaak moet word teen drie faktore wat die gesprek
Ek sou graag hul inleidende paragraaf heelhartig onderskryf:
“Verskil van mening in die kerk is ’n goeie ding. Dit help ons om die kaf van die koring te skei. Ons onderskei daarom ook tussen menings veral deur met mekaar in gesprek te tree. Ons doen dit onder meer deur briewe, artikels, boeke en toesprake.
“Sonder so ’n robuuste onderskeidende gesprek
Hierdie uitspraak vra dit van ons om opnuut oor die saak van die opstanding na te dink, maar ook na te dink oor die wyse waarop die gesprek verloop. My verstaan van ’n robuuste gesprek is dat dit ’n onverskrokke, intense en ontledende gesprek is. Dit is nie om mooi broodjies te bak nie. Dit is indringend en krities, maar respekvol en daarom sonder persoonlike aanvalle en selfs beledigings.
Die robuustheid moet in die indringendheid van die teologiese argumentvoering na vore kom en nie in die waaghalsigheid van aanvalle op mekaar nie. N.P. van Wyk Louw se Oop gesprek lê in hierdie rigting. Respekvolle gesprek behels ook ’n nie-voorskriftelike gesprek. Die ander party moet toegelaat word om die gesprek op sy of haar manier te voer en nie volgens enigiemand se voorskrifte nie. Die bekende regsbeginsel van audi alteram partem moet sekerlik in enige oop gesprek geld.
Daar moet ’n bereidheid wees by al die deelnemers om na al die partye te luister. Die oproep van die moderators tot so ’n soort gesprek is op sigself waagmoedig en dit verdien ons waardering. As kerkleiers gesprek wil oopmaak en nie smoor nie, is dit sekerlik ’n teken van die teologiese volwassenheid van daardie kerk. En soos gesê, was dit vir my die duidelike teken dat van amptelike kerklike kant die eerste grond gebreek word na ’n meer volwasse fase in die gesprek.
Sedert 2005, toe ek en twee van my kollegas by die fakulteit van Tukkies van dwaling aangekla is, het ons sekerlik gevorder tot ’n oper en vrymoediger gesprek. Juis daarom was die daaropvolgende gesprekke in die ASM (Algemene Sinodale Moderatuur) so hoopgewend. Daardie vergadering het hom daarvan weerhou om weer eens ’n paar stellings te formuleer wat die onbegryplike van die opstanding van Christus en die broosheid van die opstandingsgeloof eerder ondermyn as bevorder.
Ek is opgewonde daaroor dat ons ’n meer volwasse gesprekfase betree, maar ek is tegelyk ook bekommerd oor ’n paar inhiberende faktore wat juis die robuustheid van die diskussie teenwerk en nie oop gesprek bevorder nie. Ek noem hier onder drie sulke inhiberende faktore.
Onvolwassenheid
1. Die fundamentalistiese onvolwassenheid van ’n groot deel van die Afrikaanse geloofsgemeenskap:
Moddergooiery
2. Stereotipering en persoonlike aanvalle:
In plaas van ’n saaklike teologiese debat vind ons ongelukkig soms tekens van ’n moddergooiery. Die moderators verwys na die “uitrafeling” van die gesprek en betreur dit met reg. Maar die gesprek rafel uit en raak persoonlik wanneer mense in magteloosheid hulself probeer beskerm teen verdagmaking. Met stereotipering en etikettering word karikature van ander opgebou en so word die tafel gedek vir sterk emosionele teenreaksies.
Twee paradigmas
3. Die feit dat die uiteenlopende teologiese uitgangspunte nie onderskei en verwoord word nie:
Die “gesprek” het tot dusver bitter min vordering getoon omdat dit vanuit twee verskillende paradigmas gevoer word. Die een groep bedryf skynbaar teologie op ’n epistemiese (kennis) en proposisionalistiese (stellings formuleer) vlak, terwyl ’n groeiende groep gemakliker daarmee is om hul teologie vanuit ’n hermeneutiese (verstaan), of kultuur-linguistiese paradigma te verwoord.
Ek word byvoorbeeld verwyt dat ek op vrae wat aan my gestel is nie pertinente antwoorde gegee het nie. My weiering om op daardie manier in die debat ingetrek te word spruit uit die tweede manier van teologiebeoefening. Ek is ongemaklik met ’n teologie wat gebaseer is op waarheidsaansprake en -uitsprake. Ek
Die skool van denke en teologiebeoefening waarby ek myself tuis voel, werk eerder hermeneuties (met die oog op verstaan) of postfundamenteel, waar die paradoksale en misterieuse beklemtoon word. Teenoor die prosaïese en byna regstegniese stellings, word in hierdie geledere die taal van poësie en kuns omhels om die onsêbare gesê te kry.
Dit lyk asof die twee groepe mekaar nie goed hoor en verstaan nie omdat hulle verskillende teologiese tale gebruik. Die gesprek sal eintlik eers werklik robuust
As ons dit nie doen nie, sal die gesprek negatief robuust bly in die sin dat elke kant die ander probeer uitoorlê met heftige stellings en nog heftiger teenstellings. Ons as teoloë is dit nie alleen aan mekaar nie, maar aan die breë geloofsgemeenskap verskuldig om ons gesprek oor heilige en sensitiewe geloofskonsepte op ’n volwasse vlak te voer.