Cas, as jy moet kies, watter gedig sal jy kies om jou bundel aan nuwe lesers bekend te stel?

 

as suster dood kom

 

sal ek nog in drome verdwaal

en nagmerries saans opsaal

sal ek sterre ryp

aan ‘n donker prieël sien tros

 

sal ek die odusseia op reis na die ver land

lees en wag vir amandelbome om te bloei

sal ek steeds kan kyk hoe digters metafore

skommel en in ‘n kuil vol ritme strooi

 

sal ek god in die aandwind hoor ritsel

en die afdruk van sy liefde sien

sal ek my nog verbly oor ‘n meisie

se jong borste wat trots soos pruime swel

 

sal ek jou steeds kan liefhê, liefhê

sal ek jou met my soene die nag in kan lei

en sal jy, my lief, nog my dieper dors kan les

as suster dood kom?

 

Johann, baie dankie vir die gesprek en jou dieptastende en uitdagende vrae wat my tot nadenke en weerwoorde kon lei. Ek voel ek is in die hande van ‘n meester.

 

Ander Bundels deur Cas Vos

1999. Vuurtong. Clubview: Benedic Boeke.

2001. Gode van papier. Pretoria: Protea Boekhuis.

2003. Enkeldiep. Pretoria: Protea Boekhuis.

2007. Die afdruk van ons hande. Pretoria: Protea Boekhuis.

2009. Intieme afwesige. Pretoria: Protea Boekhuis.

 

Intieme afwesige is beskikbaar by Protea Boekehuis

Tel.nr: (012) 362-5683 / 362-3444 / 362-6073

Epos: protea@intekom.co.za

 

Hierdie onderhoud het oorspronklik op die webblad van Versindaba verskyn.