Nuwe Boeke: Jesus van Nasaret deur Sakkie Spangenberg, 2009
- Deur Gerda de Villiers
- Gepubliseer 7 October 2009
- Artikels
-
Evaluering:




Gerda de Villiers
Gerda de Villiers se Artikels
Uitgegee deur Griffel Media: Kaapstad
Uiteindelik! Goeie – nee, uitstekende Afrikaanse godsdienstige lektuur op die populêre mark. ‘n Welkome druppel in die leë emmer wat poog om te beantwoord aan die behoeftes van denkende, kritiese Afrikaanssprekende gelowiges. Van vroom praatjies en vlak teologie het ons genoeg.
‘Populêr’ impliseer egter nie ‘maklik’ of ‘sussend’ nie. Inteendeel! Spangenberg skryf wel in ‘n gemaklike, leesbare trant, maar elke bladsy getuig van indringende teologies-wetenskaplike navorsing, veral wanneer hy begin om met die Bybel self te werk. En dit is die groot pluspunt: eers maak hy die leser bewus van die ‘bril’ waarmee hy/sy geleer is om die Bybel te lees – daardie dogmatiese bril waarvan die lense vanaf kindsbeen deur kerk en kategese heen geslyp is, en vandag steeds in baie eredienste blink gepoets word. Die fokus van hierdie ‘bril’ is die ‘meesterverhaal van die Westerse Christendom’ wat steun op die Evangelie van die sonde, die kruis en die verlossing. Spangenberg dwing jou om hierdie dogmatiese bril af te haal, en na die Bybel te kyk met die oë van die Bybelwetenskappe.
Die Bybel het ‘n lang ontstaans- en ontwikkelingsgeskiedenis, en meer as een outeur waarvan die meeste onbekend is, het daaraan geskryf. Hul wêreldbeeld het heeltemal anders as ons s’n gelyk, en hul uitkyk op die lewe was anders. Spangenberg doen besondere moeite om elke Bybelboek wat hy bespreek, binne sy historiese en sosio-kulturele konteks te plaas. Hy raak vrae aan soos: Wat het aanleiding gegee tot die skryf van hierdie boek/brief? Wanneer is dit geskryf? Vir wie is dit geskryf? ensovoorts. Dit raak toenemend duidelik dat die Bybel nie op een lynregte horisontale vlak gelees
Watter Jesus – gestroop van dogma – word aan ons voorgestel? Jesus was ‘n Jood wat die Joodse godsdiens beoefen het, en wat die Joodse gebruike van sy tyd nagevolg het. In die tradisie van die Ou Testament was hy ‘n profeet en wysheidsleraar wat sy lewenswyse verduidelik het en sy wysheid aan mense meegedeel het. Die evangelie wat Jesus verkondig het, was die ‘koninkryk van God’, nie toekomstig en bonatuurlik nie, maar as konkrete kritiek teen die Romeinse Ryk van sy tyd.
Die Christelike tradisies wat rondom Jesus ontwikkel het, het in die eerste paar eeue na sy dood beslag gekry. Hy is toenemend in die Westerse wêreld ingetrek, en ‘n hele aantal dogmatiese uitsprake is gemaak oor sy aard, sy wese en sy werk. Dit geld vir konsepte soos die ‘Drie-eenheid’, die ‘Twee-natureleer’, ensovoorts, konsepte wat niemand regtig verstaan nie, en toenemend minder sin maak. Spangenberg wil Jesus van hierdie dogmas bevry, Hom terugplaas in die Joodse wêreld waarvandaan Hy kom, en ons ook help om daardie Jesus en sy wêreld beter te verstaan.
Die omslag is kunstig gedoen. Iemand staan en tuur oor die water. Dit is nie duidelik of hy op die oewer van ‘n see of ‘n meer staan, en of hy op die water self is nie. Hy staan met uitgestrekte arms – die figuur het dus die vorm van ‘n kruis, maar dit is ‘n mens.
Die belangrikste bydrae van hierdie boek is dat dit die uiters belangrike insigte van die Bybelwetenskappe op ‘n bevatlike wyse vir enigeen toeganklik maak. Selfs diegene wat geen teologiese agtergrond het nie, sal dit
Versprei die Woord
48 Reaksies op "Nuwe Boeke: Jesus van Nasaret deur Sakkie Spangenberg, 2009" 
|
se kommentaar op 08 Oct 2009 4:37:46 AM PDT
Gerda,
Ek stem heelhartig met jou saam. Dis hoogtyd dat jan-publiek hierdie langverwagte werk waarin daar baie navorsing opgesluit lê onder oë kry. Nie net sal dit aan die behoefte voldoen van die kritiese kerklidmaat nie. Nie kritiese lidmate kan gerus ook dit wat deur die jare heen aan hulle voorgehou is en steeds gehou word, toets aan die resultate van die Bybelwetenskappe soos wat Prof Sakkie dit in eenvoudige taal krities in die boek aanbied. Daarom is hierdie boek 'n moet, as't ware 'n belegging, vir 'n ieder en elk! Groete, Peet.
|
|
se kommentaar op 08 Oct 2009 10:47:23 AM PDT
Gerda dit is excelent en spot on.
|
|
se kommentaar op 08 Oct 2009 11:23:02 AM PDT
Ek het ongelukkig nog nie die boek gelees nie, maar sal dit doen vir bietjie meer agtergrond. Ek wonder net oor 'n stelling soos die volgende:
"Die evangelie wat Jesus verkondig het, was die ‘koninkryk van God’, nie toekomstig en bonatuurlik nie" - wat is al die wonderwerke waarvan die evangelies getuig, anders as iets bonatuurliks?
|
|
se kommentaar op 08 Oct 2009 11:48:52 AM PDT
Ek vind Gerda de Villiers se resensie ondeurdag en onkrities. Daar is ook "denkende, kritiese Afrikaanssprekende gelowiges" wat op Bybelwetenskaplike en historiese gronde ernstige kritiek kan inbring teen talle van Sakkie Spangenberg se teologiese aannames. Wat hy die ‘meesterverhaal van die Westerse Christendom’ noem, het ongelukkig ook diep teologiese wortels in die sogenaamde Oosterse Christendom. Om soos Sakkie en Gerda van "Bybelwetenskaplikes" te praat asof hulle 'n spesie op hulle eie is en oor al hierdie nuwe insigte beskik, is so onwetenskaplik as wat 'n mens kan kry. Talle van Sakkie se "teologiese insigte" is deur sy eie modernistiese denke gefabriseer . Dit het nie, soos Gerda dit eensydig wil aanbied, altyd kultuurhistories-Bybelwetenskaplik begronding nie. Snaaks dat Sakkie met Gerda vra dat sake soos "die sonde, die kruis en die verlossing .. nie op een lynregte horisontale vlak gelees kan word nie", maar dat Sakkie dan met 'n nuwe uitgewerkte teologie oor dié sake kom wat net op een vlak is: byvoorbeeld Jesus was net 'n gewone aardse mens wat as profeet en wysheidsleraar "sy lewenswyse verduidelik het en sy wysheid aan mense meegedeel het"; of die "evangelie wat Jesus verkondig het, was die ‘koninkryk van God’, nie toekomstig en bonatuurlik nie, maar as konkrete kritiek teen die Romeinse Ryk van sy tyd". PUNT! STOP! Wat die Bybelboeke op verskillende vlakke vol staan oor "sonde", was maar Augustinus en 'n paar ander kerkvaders se perversie sedert die 4de eeu. Ek het vrede as Sakkie en sy navolgers slegs in 'n hiernoumaals "glo". Maar om dit as die enkele of uiteindelike resultaat van alle Bybelwetenskappe navorsing te beskou, is darem vergesog (of dalk te naby gesoek). Sakkie het al drie brille ingeruil om hier te kom. Hierdie bril wat hy my wil laat dra, het ek opgesit en net sy eie oë daarin gesien. Terloops, ek het haas alles gelees wat Sakkie reeds tot hiertoe geskryf het. Ek het met 'n oop gemoed na hom geluister. Hoe ek wil, ek bly ander, heerliker, groter dinge sien as wat Sakkie kan sien. Studente moet kennis neem van sy sieninge, uiteraard. Maar om dit sonder reserwe aan te beveel, dit nie krities te ontleed nie, is darem swak.
|
|
se kommentaar op 08 Oct 2009 3:42:45 PM PDT
Johann, ek is dit met jou roerend eens. Wat vir my ontstellend is, is dat ons skynbaar weer terugbeweeg na die tyd vóór die Reformasie, toe die Bybel 'n geslote boek was vir die gewone mens. Wat van die miljoene Christene dwarsoor die wêreld, in Afrika, Asië en Oos-Europa wat nie 'n duit verstaan wat die teoloë (en ek is darem self ook een) in hulle slimmigheid kwytraak nie, wat net een begeerte het, naamlik om dag vir dag 'n intieme pad saam met die Here te loop? Ek is predikant van 'n gemeente in Swaziland waar daar een enkele lidmaat is, naas my en my vrou, wat 'n universiteitsgraad het. Bitter min van die lidmate het matriek. Sommige kan selfs nie eens lees nie. Maar hulle weet dat die Here in hulle lewe 'n verskil kom maak het en hulle beleef sy teenwoordigheid elke dag. Hulle het nie teoloë tot hulle beskikking wat daagliks saam met hulle die Bybel kan lees sodat hulle kan verstaan watter verse oorspronklik Jesus se woorde was en watter later deur 'n redakteur ingevoeg is nie. Dit maak in elk geval nie saak vir hulle nie. Die Reformasie het die Bybel teruggeplaas in die hande van die leke. Ons gaan daardie "miljoene der miljoene" gelowiges 'n onreg aandoen deur die Bybel weer uit hulle hande weg te vat en eksklusief terug te plaas in die hande van teoloë. Die verwysing na die "denkendes" asof hulle die allenreg het op die suiwer verstaan van die Bybel, klink darem vir my alte veel na intellektuele snobisme.
|
|
se kommentaar op 09 Oct 2009 6:24:38 AM PDT
Arnau, jy sê bybelwetenskaplikes soos Sakkie Spangenberg doen gelowiges wat nie kan lees of skryf nie "'n onreg" aan. Beteken dit daar moet liewer geswyg of gelieg word ter wille van die behoud van 'n soort kinderbybelgeloof? Nuwe insigte wat danksy moderne bybelwetenskaplike metodes verkry word, moet dus onder die tafel ingevee word omdat dit tradisonele opvattings bedreig? Indien wel is dit geen wonder nie dat diegene wat wel kan lees en skryf nie net die kerk verlaat nie, maar in baie gevalle 'n geloof wat onversoenbaar is met die res van ons kennis afsweer. Met respek: jou standpunt is op 'n baie ironiese manier 'n belediging vir die Bybel en die Christelike geloof.
|
|
se kommentaar op 09 Oct 2009 11:59:33 AM PDT
Stefan, jy het my verkeerd aangehaal. Gaan lees weer wat ek gesê het: "Ons gaan daardie "miljoene der miljoene" gelowiges 'n onreg aandoen deur die Bybel weer uit hulle hande weg te vat en eksklusief terug te plaas in die hande van teoloë." Die punt wat ek probeer maak het is dat die Reformasie onder andere die Bybel teruggeplaas het in die hande van die leke. En wat ek hoor is dat jy eers geleerd moet wees voordat jy die Bybel regtig kan verstaan. En dít beskou ek as 'n belediging vir die miljoene Christene wat ernstig met die Bybel omgaan elke dag van hulle lewe.
|
|
se kommentaar op 09 Oct 2009 2:56:50 AM PDT
Beste Johann,
Die anderdag gesels ek met 'n paar dominees van die NG Kerk oor waar ons gearriveer het in 'n moderne era veral ten opsigte van navorsing op die terrein van die Ou en Nuwe Testament, meer in besonder die historiese Jesus, en waarheen ons oppad is.
Die algemene gevoel was dat die moderne era veral gekenmerk is deur reduksionisme ook wat Jesus aanbetref. In hierdie tyd word Jesus gereduseer tot 'n Joodse Profeet en wysheidsleeraar, en dit kan nie - aldus hierdie predikante (ook jou mening). Hulle beweer ons leef in 'n postmoderne tyd waar daar opnuut weer ruimte gemaak moet word vir die ou geloofsbelydenisse, die maagdelike geboorte, wonderwerke, opstanding, wederkoms, ensomeer. Binne die postmoderne tyd word die kreatiewe omgang met die ou geloofsbelydenisse veral dopgehou en ondersoek. Feit van die saak is, postmodernisme volg op modernisme en dit beteken regtig nie dat alles nou maar aanvaarbaar is en dat ons in die maagdelike geboorte, wonderwerke, opstanding, wederkoms, ensomeer kan/moet glo nie. Postmodernisme beteken nie "everything goes" nie.
Wetenskaplike navorsing op die terrein van die Ou en Nuwe Testament het ons oë geopen vir ontwikkeling en groei, nie na 'n teruggrype na pre-moderne idees en konsepte nie. Die moderne era het vir ons die platform gelê waarop ons sinvol en kraetief kan bou in ons tyd en era. Groete.
|
|
se kommentaar op 09 Oct 2009 7:58:37 AM PDT
Beste Peet. Dankie vir jou opbouende en onderhoudende reaksie. Ek meen dat sodanige kommentaar die gesprek dien en ons help om na mekaar te luister. Ek lewer nie in my kommentaar in pleidooi vir die postmodernisme nie. Inteendeel, ek wel ook daarteenoor ondersoekend-krities staan. Wat my meer pla is die eensydigheid en die aankomstigheid van sekere modernistiese teoloë. In jou reaksie merk ek dit ook as jy skryf "dat die moderne era veral gekenmerk is deur reduksionisme ook wat Jesus aan betref". Ek sit met boekrakke vol boeke wat ook uit die moderne era se wetenskaplike navorsing op teologiese gebied spruit, wat nie die karakter van reduksionisme dra nie. En dit sluit werke van uitstaande navorsers op teologiese gebied in! Ons kan hoogstens sê dat reduksionisme bepaalde teoloë se navorsingswerk in die moderne era kenmerk. Sien, dit is wat ek ook teen iemand soos Sakkie se teologiese aannames het. Hy praat van Bybelwetenskaplikes as 'n homogene groep - en dan beteken dit almal wat soos hy oor sake dink. Dus, almal wat op grond van dieselfde brondokumente en selfs dieselfde teologies-wetenskaplike prosesse tot ander aannames kom, is nie Bybelwetenskaplikes nie. Ek stem volmondig met jou saam dat wetenskaplike navorsing vir ons groei en ontwikkeling moet bring. Maar wanneer daar terug gedelf word in die verlede, gaan dit nie bloot om die teruggrype na pre-moderne idees en konsepte nie. Ek is self 'n historikus en wanneer 'n mens jou in die verlede "terugleef" is dit juis om tot 'n beter verstaan van die verlede (en nie noodwendig van die hede) te kom. 'n Mens moet net in Egipte tussen die tempels en piramides gaan staan om 'n keer net te verstaan dat mense nie noodwendig progressief slimmer en vaardiger geword het nie. Daar mag dinge wees wat daardie mense reeds geweet het, wat ons nog moet ontdek. Onder die ou-Egiptenare was daar wetenskaplikes wat al geweet het die aarde draai om die son en dat ons nie in 'n drie-verdieping heelal woon nie. Wat die modernisme wel kenmerk, is 'n sekere soort selfvoldaanheid en genoeglikheid. Dit is vandag moeilik om selfs te bepaal wat 'n 100 jaar gelede presies gebeur het. Ek sal baie versigtiger as die Bybelwetenskaplikes" van ons dag wees om sulke beslissende of finale uitsprake te maak oor byvoorbeeld die feit dat Jesus nie uit die dood uit opgestaan het nie, of dat wonderwerke nie ook in die moderne tyd kan plaasvind nie, of dat die leer oor die erfsonde van Augustinus en nie konsillies in die 4de eeu na Christus kom (terwyl ons gedokumenteerde bewys in die geskrifte van Paulus het dat dit reeds in die 1ste eeu na Christus aan die orde was). Wat 'n mens dus soek is 'n groter beskeidenheid en vir die huidige maar net 'n voorlopigheid. Dit gaan dus nie om 'n tyd van "everything goes" nie. Ek pleit dat mense soos Sakkie in hulle teologiese besinning en aanbieding net minder aanmatigend sal wees. Dit sny natuurlik na alle kante toe en raak my ook.
|
|
se kommentaar op 10 Oct 2009 9:53:01 AM PDT
Beste Johann, ek kan my nie indink dat prof Sakkie, 'n teoloog wat sy sout werd is iemand met integriteit en geloofwaardigheid, wat jy waarskynlik as 'n modernistiese teoloog wil kategoriseer, enigsins onkrities staan teenoor enige dele in boek nie. Wanneer hy enigsins na navorsing verwys doen hy dit krities aan die hand van ander bronne. Wat 'n drie-verdieping idee van die heelal betref, was dit die gangbare gedagte gange van die antieke tyd. Dis hoe die antieke mens in die algemeen gedink en gepraat het oor die heelal en die lewe. Dis hoe hulle hulleself georiënteer en geleef het. Dis binne hierdie wêreldbeeld waarin hulle bang was, waarbinne hulle hoopvol en gelukkig was, waarbinne hulle geglo het, waarbinne hulle siek en gesond geword het. Dit is wat verwoord word in die bladsye van die Bybel en wat prof Sakkie krities aanbied in die boek Jesus Van Nasaret. Interresant, netsoos wat jy melding maak van dinge wat ons nog moet ontdek van die antieke Egiptenare, netso bied prof Sakkie die anderkant van Jesus Van Nasaret en die Christelike geloof aan wat ook lankal al bestaan, maar wat ons nooit geweet het nie. Wat Paulus aanbetref in die eerste eeu: Paulus problematiseer die dood, antwoord vir die dood is sonde. Sonde veroorsaak die dood. Vandag in die een en twintigste eeu weet ons dat dood nie die gevolg van sonde is nie. Dood is deel van 'n natuurlike proses. Ons word gebore en gaan uiteindelik dan dood, dit het niks te doen met sonde nie. Weereens, Gerda jy slaan die spyker op die kop met jou kommentaar. Prof Sakkie baie geluk met 'n uitmuntende werk, hopelik sal dit in die hande van baie beland wat nog altyd gewonder het. Groete, Peet
|
|
se kommentaar op 09 Oct 2009 4:24:09 AM PDT
Ek vind weer Gerda se resensie uiters relevant en tydig. Ek is nie seker of hierdie dieselfde Johann Ernst is wat deesdae so nuut en anders begin dink oor Jesus se liggaamlike en fisiese opstanding as 'n tydjie gelede nie. Indien wel sal ek nie te veel notisie neem van sy kritiek op die resensie en op Sakkie se boek nie. Mor of oormore dink hy anders.
Daar is baie groter duidelikheid in Sakkie se boek as in die onbeholp wyse waarop lede van die NG Kerk se moderamen tydens 'n onlangse vergadering rondgeskarrel het oor die opstanding. Gelukkig is daardie vergaderings al so irrelevant dat min mense hulle nog daaraan steur.
Dankie vir aktuele en relavante boeke soos die van Spangenberg en resensies soos die een wat pas verskyn het.
|
|
se kommentaar op 09 Oct 2009 7:14:29 AM PDT
Beste Johan. Hartseer dat jy verkies om 'n persoonlike aanval op my en selfs die NG Kerk se moderamen maak. Dit is juis sulke persoonlike aanvalle wat nie op hierdie webwerf, volgens vooraf voorskrif, geplaas mag word nie. Sal bly wees as jy die bal speel en nie die man nie. Lees liewer wat ek geskryf het en reageer op 'n volwasse, akademiese, wetenskaplike en teologiese wyse daarop. Wanneer mense in ons dag hulle nie by 'n saak kan hou nie, is die enigste ander reaksie om 'n aanval op die NG Kerk of individue te rig. Ons sien dit gereeld in die pers. Ek hoop jou reaksie en hierdie gevolglike reaksie van my word deur verantwoordelike persone van die webwerf verwyder. Ek het self al lang persoonlike gesprekke met Sakkie gehad en het nog altyd net die grootste respek vir hom as persoon. Ek het geen behoefte om hom of Gerda persoonlik aan te val nie (soos jy ongelukkig teenoor my doen) - ek verskil net wesenlik van dit wat hulle skryf! Bepaal jou dus ook by wat ek geskryf het. En as jy met my oor my opstandingsartikel in die Beeld (By) wil praat, kan jy dit op 'n ander forum doen. Dit is nie waaroor dit hier gaan nie. Ek is regtig jammer dat ek dit hier vir jou moet sê. As ek jou kontakbesonderhede gehad het, het ek dit liefs persoonlik aan jou oorgedra. En terloops, jy kan Sakkie en Gerda aanprys soos jy wil. Dit verander egter nie 'n dooie duit aan dit waaroor ek en andere van julle op Bybelwetenskaplike, kultuur- en kerkhistoriese gronde verskil nie. En ons is seker ook geregtig op 'n eie mening. Of nie?
|
|
se kommentaar op 09 Oct 2009 8:33:16 AM PDT
Liewe aarde Johann Ernst! Dit lyk my jy trek jou dit vreeslik persoonlik aan as daar van jou verskil word. Waar op aarde het ek 'n aanval in my reaksie op die NG Kerk gedoen? Jy matig jouself die reg aan om die resensie ondeurdag en krities te noem maar wil hê my reaksie moet van die webwerf verwyder word omdat jou eie ondeurdagte reaksie daardeur uitgewys word.
Van wanneer af het net sekere mense die reg om ander te kritiseer? Jy pleit vir minder "aanmatigende" reaksies van Sakkie en sê self dit sny na jou kant toe ook. Moet jou dan tog nie aanmatig om te dink ander menings mag nie ook gehoor word nie.
Was dit nie die moderators self wat gera het vir 'n robuuste gesprek nie. Predikante sal moet leer dat hulle nie meer alleen oor hierdie sake mag debateer nie. In die verlede kon hulle alleen van die kansel af monoloë voer en gewone lidmate moes stilbly en luister. Daardie tyd is verby en vandag pluk ons ongelukkig steeds die fundamentalisiese vrugte daarvan. Nou praat ons saam of jy daarvan hou of nie en as jou nerf ge dun is daarvoor moet jy liewer nie die tipe kritiek op ander lewer soos in jou eerste plasing hier nie.
|
|
se kommentaar op 09 Oct 2009 8:48:54 AM PDT
Bravo! Ek stem 100 saam met die stelling van Johan Le Roux. Spangenberg word deur Ernst beskuldig van modernistiese fabrikasies maar wanneer Erns se eie stellings gekritiseer word kla hy. Erns se (nuwe) sienings oor die opstanding hou direk verband met die gesprek oor Spangenberg se boek en hoort dus op hierdie webwerf as deel van die gesprek. Waarom moet dit skielik op 'n ander forum gedoen word?
|
|
se kommentaar op 09 Oct 2009 9:00:11 AM PDT
Johan, die aangeleentheid ter sprake is Sakke Spangenberg se boek. Jy is welkom en voel vry om oor sy boek, Gerda se resensie en my reaksie daarop kommentaar te lewer. Natuurlik het jy 'n aanval op die NG Kerk geloods Hier is jou eie woorde: "die onbeholp wyse waarop lede van die NG Kerk se moderamen tydens 'n onlangse vergadering rondgeskarrel het oor die opstanding." Terloops, ek was by dié vergadering en jy is welkom om die korrekte feite by my te kry. As jy vir my kan verduidelik hoe hierdie opmerking in verband met Sakkie se boek staan, sal ek bly wees. Jy het ook geen enkele verskil in standpunt tussen my en Sakkie uitgewys nie. Ek sal nie my sienings in ons dag op koerantberigte of watter ander sekondêre bron grond nie. Wetenskaplikes gaan soek altyd sover moontlik eers die inligting by die primêre bron, alvorens daar gevolgtrekkings gemaak word - soos jou opmerking oor die relevansie van die NG Kerk. Terloops, my nerf is nie dun nie - ek ding net jy oortree 'n reêl van die spel dat "persoonlike, afbrekende, beledigende en emosionele opmerking nie as kommentaar gereken word nie".
|
|
se kommentaar op 10 Oct 2009 3:06:44 AM PDT
Johann Ersnt jou probleem is dat jy jou verbeel jou die modramen is die NG Kerk. Jy haal my woorde heeltemal korrek aan maar nieteenstaande daarvan maak jy 'n totaal valse afleiding. Van wanneer af is dit 'n aanval op die NG Kek as ek sê die moderamen is onbeholpe.
Ek kan vir jou talle voorbeelde van hulle onbeholpe optrede noem maar die is nie die plek daarvoor nie. Wat betref jou verwysing na die koerantberigte wil ek sommer reguit vir jou sê ek heg baie meer waarde aan dit wat ek in die media van die kerk lees as aan jou gefilterde inligting.
Oor die wetenskap moet jy jou liewer nie uitlaat nie. Veral nie wanneer ons 'n onderwerp soos die opstanding en Sakkie se boek bespreek nie. En as die vergadering waarvan jy praat dan so sekonder in die media aangehaal word warom stel julle nie daardie vergaderings vir die media en die publiek oop nie. Dan kan ons mos eerstehands hoor wat julle standpunte oor al hierdie dinge is. Ons leef in 'n oop gemeenskap waar deursigtigheid die wagwoord is. Tog lyk dit my die kerk wil steeds soos in die dae van die broederbond stil-stil sy besluite neem en inligting manipuleer.
Jy sal moet leer om die verskil te ken tussen persoonlike, afbrekende en beledigende opmerkings en reguit gesprek.
|
|
se kommentaar op 10 Oct 2009 12:25:12 PM PDT
Johan, al jou eiers lê weer buite die nes. Die betrokke vergadering was juis 'n oop vergadering en deursigtigheid is die wagwoord! Was jy op hoogte van hoe kerklike vergaderinge funksioneer, sal jy nie opmerkings maak soos: "dit lyk my die kerk wil steeds soos in die dae van die broederbond stil-stil sy besluite neem en inligting manipuleer". Ek gaan jou nie verder antwoord nie, wat jy bly persoonlik en beledigend. Jy is hoegenaamd nie met "reguit gesprek" besig nie.
|
|
se kommentaar op 17 Oct 2009 4:35:38 AM PDT
Ons kan tog nie 'n oop debat sensureer nie!!
|
|
se kommentaar op 09 Oct 2009 7:20:10 AM PDT
Ek is goed vertroud met Sakkie se sieninge oor die bybel en geloofsake en het die boek 'n bevesitiging van sy standpunte gevind. Daarom reik ek angstig uit na kritiek wat op Sakkie se boek geskryf word om myself deegliker toe te rus om eie sieninge te formuleer. Johann se kritiek help my egter geensins nie en ek vind nie iets konkreets daarin om my 'n beter insig in die huidige leerstellings van die christelike geloof en dogmas te gee as wat Sakkie aanbied nie. Asseblief teoloë, kom na vore met iets wat substansie bevat sodat ons gewone siele daaruit ons sieninge kan skoei op goed gefundeerde beredeneringe. Tot nou toe glo ek Sakkie is in die kol met sy boek en bedank ek hom graag vir die poging.
|
|
se kommentaar op 09 Oct 2009 1:16:55 PM PDT
Beste Koos. dit is juis my probleem met Gerda se resensie. Ek dink dit is heel redelik om van haar te verwag om ook kritiese opmerkinge te maak in 'n resensie oor 'n redelik omstrede boek. Die enigste redelike afleiding wat 'n mens nou kan maak, is dat sy klakkeloos met Sakkie Spangenberg saamstem. Hierdie is nie die forum vir my om met Sakkie in argument te gaan oor sy aanvegbare sieninge nie. Ons lewer hier kommentaar op Gerda se resensie. Gerda het die geleentheid gehad om met kritiese opmerkinge "wat substansie bevat" na vore te kom. Sy het dit nie gedoen nie. Vir haar, so sê sy, is die emmer sonder 'n druppel en dolleeg. Ek dink nie sy wil enigiets anders in die emmer gooi wat Sakkie én haar sieninge kan verkleur nie. Daarom sit ons nou met hierdie eenduidige emmer gevul met liters teologiese beskouinge wat op basiese vooronderstellings berus. Jammer dat ek nie hier vir jou van hulp kan wees nie. Dit is nie nou my plek nie.
|
|
se kommentaar op 08 Oct 2009 1:10:26 PM PDT
Lekker resensie! Sakkie is beslis "'profeet wat nie in sy eie land geëer word nie". En Gerda se resensie is in die kol. Ek wonder: gaan UP se Fakulteit Teologie dit voorskryf vir voorgraadse studente?! Of sal ons dominees maar sonder die fakulteit se rugsteun skroomvallig die boek in ons gemeentes moet bekendstel: ek meen, die denkende dominees wat omgee vir hulle denkende lidmate?
|
|
se kommentaar op 09 Oct 2009 5:07:02 AM PDT
Dankie Gerda! Ek stem saam met jou ons het oorgenoeg dogmatiese en mitelogiese indoktrinasie geskrifte. Dit is 'n nodige boek ook vir die denkende, leke Bybel student wat eerder navolgers van Jesus se leierskap en ideale wil word- mag dit 'n treffer word.
|
|
se kommentaar op 09 Oct 2009 5:27:27 AM PDT
Ek't nog nie Sakkie se boek gelees nie so ek kan nie daaroor praat nie. Ek vind die resensie pretensieus om soortegyke redes as Johann. So asof "Bybelwetenskaplikes" nie ook dogma(s) het nie, bv Jesus die wysheidleeraar
Daars min boeke wat Jesus onnavolgingswaardig uitgebeeld. Die hist. Jesus was 'n 'loser'. Hy het met sy mooi idees gekom en die groot spelers het hom uitgehaal. Die les hieruit is dat mens nie volgens sulke wysheid moet leef nie. Ek't ook nog nie 'n boek gevind het waarin Jesus aangebied word as iemand wat belaglike goed glo nie. Ek dink Jesus het 'n paar mal goed geglo: Dat God werklik bestaan, dat Israel op die rand van vernietiging (deur God) staan, dat die ryk van God in die nabye toekoms met krag sal kom.
Ek wag vir die boek wat Jesus so aangebied word dat jy hom nie kan glo of wil navolg nie - wat nie die behoeftes van denkende, kritiese Afrikaanses sal aanspreek nie, want hulle behoefte is dat Jesus verlig, denkend, krities en so bietjie Zen sal wees - soos hulle
|
|
se kommentaar op 13 Oct 2009 6:15:32 AM PDT
Christiaan Pauw sê self hy het nie eers Sakkie se boek gelees nie maar tog noem hy die resensie pretensieus. Hoe mens kommentaar kan lewer op 'n boek wat jy nie gelees het nie weet nugter. Ek wonder of Johann Ernst wel die boek gelees het.
Maar in plaas daarvan om die resensie en die boek waaroor dit gaan te beredeneer kies dr Ernst toe die hasepad toe almal in hierdie "gemeente" nie mooi soet met hul hande gevou sit toe hy vir hulle begin preek nie.
Ai tog die Seisoen van Luister was toe op die ou eidne maar bitter kort.
|
|
se kommentaar op 09 Oct 2009 10:49:28 AM PDT
Wat gaan hier aan? Gerda de Villiers skep die indruk dat daar omtrent net Bybelwetenskappe aan teologiese fakulteite gedoseer moet word. Al die ander dissiplines is "brille". Veral die dogmatiek (sistematiese teologie) loop deur en word in haar kort ressensie nie minder nie as vier maal onder verdenking gebring. As hierdie resensent die huidige teologiese denke binne die fakulteit Teologie aan die UP verteenwoordig, wonder ek hoekom die kuratorium dit nog enigsins van afgestudeerde studente verwag om die christelike formuliere te onderteken. Het die kerk dan geen inspraak meer in sy fakulteite nie?
|
|
se kommentaar op 09 Oct 2009 2:01:05 PM PDT
Sjoe, van n gewone lidmaat, as ek so na julle kyk dan sien ek meer ego's as wat ek vir Jesus sien, dit lyk so al asof daar n wesenlike verskil is tussen n denkende lidmaat en n gelowige een. n Mens sal deesdae die Dominees moet kruisondervrae voordat jy besluit of jy by sy kerk wil aansluit...
|
|
se kommentaar op 09 Oct 2009 2:37:50 PM PDT
Dankie vir 'n goeie resensie, Gerda. Ek meen dat dit vir die doeleindes van hierdie webruimte voldoende is. Kritiese aspekte kan in 'n langer, meer uitvoerige resensie in een van die teologiese tydskrifte geplaas word. Anders as van die persone wat hier kommentaar lewer, het ek wel die boek gelees. En ek kan dit ook van harte aanbeveel. En , ja, ek dink dit behoort beslis voorgeskrewe materiaal te wees. Al sou 'n mens van Sakkie verskil, gee hy ten minste die probleem waaroor die vrae rondom Jesus gaan goed weer. En hy verwoord homself duidelik genoeg. En die manier waarop Sakkie sy persoonlike reis met sy lesers deel, gee 'n geloofwaardigheid aan die redes waarom hy glo wat hy glo. Oor die "wat" (inhoud) van ons geloof sal ons ad infinitum stry, maar oor die "waarom" (sy/haar persoonlike redes) van iemand se geloof moet ons mekaar ruimte gun. Hierdie boek lewer beslis 'n geldige bydrae tot die gesprek oor Jesus. En dit is geloofversterkend.
|
|
se kommentaar op 10 Oct 2009 2:30:01 AM PDT
Anoniem, dis vir my baie opvallend dat die Post Modernistiese / liberalistiese Teoloog hulle altyd daarop beroep dat die ander hulle ruimte moet gun - maar nie dieselfde doen aan die ander nie. Ek kry amper die idee dat dit reg is om te glo wat en waarin jy wil, of dit nou Buddha of Krishna is, solank ek net nie glo dat Jesus fisies opgestaan het en as God deel van die drie-eenheid is nie, dan word ek gesien as dom, nie-denkend en naief. Ek wonder as n leek of hierdie Teoloë besef watter verantwoordelikheid hulle het en dat hulle eendag sal moet antwoord op al die mense wat hulle in hulle "denkende" wyse mislei het? (Maar aan die ander kant - meskien moet ons dit ook anders interpreteer?)
|
|
se kommentaar op 10 Oct 2009 5:04:08 AM PDT
Uistekende boek. Uitstekende resensie. Sal die kerk en sy leiers op 'n beskaafde wyse hiervan kennis dra en in 'n behoorlike gesprek tree met die outeur en die res van die sogenaamde "kerkvolk" of sal hulle dit eenvoudig afskiet omdat dit hulle ongemaklik laat? Te oordeel aan die enigste "kerkleier" wat tot dusver hier aan die gesprek deelgeneem het lyk die kanse op ware gesprek met kerkleiers hieroor maar skraal.
Terloops hierdie is nie die enigste resensent wat die boek van Spangenberg hoog aanskryf nie.
Lees ook die resensie wat in Kerkbode verskyn het hier:
http://www.kerkbode.co.za/BoekArgiefLees.asp?id=3
Asook in Rapport. Ongelukkig kan ek nie die skale plaas nie. Die program maak net voorsiening vir een skakel om te plaas
|
|
se kommentaar op 10 Oct 2009 5:07:20 AM PDT
Hier is die skale na Rapport se resensie wat ek nie in die ander pos kon plaas nie.
http://www.rapport.co.za/Content/Boeke/Nuus/2296/addff96b6061418cbd87931a673cd5d3/03-10-2009-02-47/Spangenberg_se_Jesus_sal_sommige_lesers_skok
|
|
se kommentaar op 10 Oct 2009 12:10:45 PM PDT
Gert, ek dink persoonlik Johannes de Villiers se resensie in Rapport is uitstekend. Wat Gerda nie gedoen het nie, het Johannes inderdaad gedoen: hy het lesers van Rapport gehelp in hulle eie beoordeling van die Boek. Daarom skryf hy: "In Jesus van Nasaret is dit duidelik dat Spangenberg al verskeie van die debatte agtergelaat het waarmee die kerk nog worstel. Oor die letterlike opstanding van Jesus en die maagdelike geboorte word daar nie eens gedebatteer nie, die feilbaarheid van die Skrif word as ’n gegewe aanvaar en Spangenberg verduidelik uit ’n suiwer historiese oogpunt hoe Israel ontstaan en Jesus gelewe het. Is dit dan ’n volledige sekularisering van die Bybel? En kry hy nog enigiets geestelik uit die teks?" Sakkie het reeds die kerk en die Christelike geloof gegroet. Daaroor is hy minstens eerlik. Hoekom jy nou "kerkleiers" in gesprek met hom wil bring, is eintlik mosterd na die maal. Terloops, ek ander predikante van die kerk was lank met hom in gesprek oor sy nie-Christelike standpunte. Toe hy saam met ons besef dat hy hom reeds buite die Christelike kerk geplaas het, het ons nog by hom gepleit om met die gesprek in die kerk voort te gaan. Ons was nog die aand voordat hy as proponent en lidmaat van die NG Kerk bedank het by hom en sy gesin persoonlik aan't huis, waar ons gepleit het dat hy eers moet wag. Daar is nie oor Sakkie se eerlikheid met die kerk enige twyfel nie. Anders as Johannes de Villiers het Gerda de Villiers nie die oningeligte lesers van hierdie webblad ingelig oor presies waar Sakkie met die kerk staan nie en waar ons hom op die teologiese radarskerm buite die kerk (die universele kerk, nie die NG Kerk nie) sal vind. Johannes kry dus 5 uit 5! Vir Gerda moet ek ongelukkig net 1 uit 5 gee. En Gert, jy is welkom om haar 10 uit 5 te gee as jy wil. Hou jou egter ook by die saak. Dit is nie nodig om my aan te val nie, tensy jy natuurlik bedreig voel. En onthou my deelname aan hierdie forum is in my eie naam. In elk geval is daar nie iets soos kerkleiers nie. Jesus het self in die Bybel gesê: Julle moet julle nie 'leiers' laat noem nie, want Een is julle Leier: die Christus". Dit is seker my heerlike voorreg om uit eie keuse Hom te volg te te dien. Net so is dit Sakke en ander se voorreg om uit eie keuse vir mense soos Biskop Spong te volg. As denkende, kritiese Afrikaanssprekende gelowiges (om Gerda se gereserveerde woorde te gebruik) doen ek dit gelukkig nie op grond van "vroom praatjies en vlak teologie nie" (dit wat alles blykbaar is wat volgens Gerda nie in Sakkie se boek te vind is nie, want die emmer is leeg), maar op innerlike geloofsoortuiging, nog méér noudat ek Sakkie persoonlik aangehoor en gelees het.
|
|
se kommentaar op 11 Oct 2009 3:12:26 AM PDT
Ek is stomgeslaan op die wyse waarop dr Johann Ernst hier in gesprek tree met diegene wat van hom verskil. Is dit dan nie die Seisoen van Luister in die NG Kerk nie? Maar waarom verbaas dit my geensins dat hy hom nou van die gesprek wil onttrek nadat hy 'n hele rits omstrede stellings oor prof Sakkie Spangenberg se desydse inkwisisie hier geplaas het.
Maar miskien is dit goed dat hy dit gedoen het want nou is sy kaarte duidelik op die tafel.
Ek was nie daarvan bewus dat die NG Kerk se moderamenvergaderings oop is vir die media en die publiek nie. Ek vra verskoning vir die fout en dakie vir die regstelling. Ek sal beslis poog om in die toekoms van die vergaderings by te woon indien dit binne my vermoë is. Sal dit moontlik wees as die plek en datums van sulke vergaderings dalk vooraf in Kerkbode gepubliseer kan word sodat gewone lidmate en die media daarvan kan kennis neem.
Ten opsigte van Ernst se verwysing na Spangenberg en andere se Christenskap verwys ek hom graag na die slotsin in Sakkie se boek: "Indien daar tans Christene is wat by enige van die ander perspektiewe aanklank vind wat ons óf in die Nuwe Testament, óf in die vroeë Christendom vind, behoort hulle as deelgenote van die lang en ryk tradisie wat rondom Jesus van Nasaret ontstaan het, gereken te word. Hulle is nie ketters of afgedwaaldes wat hulle moet beker nie."
|
|
se kommentaar op 12 Oct 2009 1:37:02 AM PDT
Ek is so moeg vir hierdie alewige aanvallery teen mense wat nie met liberale standpunte saamstem nie! Gerda de Villiers se artikel getuig van onprofessionele en ondeurdagte aanvalle teen mense wat nie met haar liberale uitkyk saamstem nie. Dan word gese dat "denkende" lidmate (wat ek plein ongelowig noem) die enigste is wat hul Bybel lees. Ek het groot nuus vir jou, jongmense in ons kerk sal meeste van jou denkende mense kan aanvat oor Bybelkennis! Die beste is dat hulle steeds glo, want hulle is nie vasgevang in julle modernistiese rasionele denkraamwerk nie. Dit is teologie soos joune wat die geloof doodmaak, nie behoudende teologie nie.
Moenie met nonses kom en se dat daar respek moet wees vir mekaar se teologiese standpunte as julle altyd 'n verkleinerende "attitude" teen oor ander mense het nie. Ek is so moeg vir julle alewige gelieg!
Sakkie Spangenberg se boek sal ek nie eers Christelik noem nie! Ek het Gustav van Niekerk se brief in Sondag se Rapport geniet. EK stem saam met hom en saam met Prediker 12:12 dat die skryf van vele boeke en te veel studie die liggaam ooreis. Duidelik is Spangenberg bietjie ooreis! Van geloof bly daar niks by hom oor nie. As Jesus terugkom sal Hy beslis nie geloof hier vind nie (Luk 18:8).
|
|
se kommentaar op 12 Oct 2009 6:35:06 AM PDT
Wat is dit tog met ons ou volkie dat ons telkens dink ons word aangeval as daar van standpunt verskil word? Wat het ons hier:
Ons het 'n resensie van 'n resensent wat haar eie mening gee oor 'n boek. Niks meer nie en niks minder nie. Ek sien nêrens die gewaande aanvalle op óf die NG Kerk óf diegene wat nie met die sogenaamde liberale teologie saamstem nie.
Ek sien wel 'n nare onverdaaagsaamheid teenoor die resensent sowel as die skrywer van die boek wat sterk herinner aan die tyd van die inkwissie. As 'n vyfde jaar teologie student mense van 'n alewige gelieg beskuldig sonder sy stellings te substansieer kan mens met reg bekommerd raad ek vra waar lê die onverdraagsaamheid?
|
|
se kommentaar op 12 Oct 2009 1:22:20 PM PDT
Ek is geskok om die inhoud van Louis Scheepers se kommentaar te lees. Dit is duidelik dat die geringste vernuwing hom in groot ongemak plaas. Die uitdagings van die post-moderne bediening is legio - kyk hoe dit jou gaan ooreis Louis! Die wie die langste bid, is die minste seker van hul saak...
|
|
se kommentaar op 13 Oct 2009 10:39:22 AM PDT
Louis, terwyl ons nou besig is om tekste uit verband en konteks aan te haal, wat van Hosea 4:6 "My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis.." (ou vertaling). Almal van ons is bewus van al die wandade, oorloë, die politieke magspele en hoe mense se menswaardigheid aangetas is in die Naam van die Vader, Seun en die Heilige Gees (Drie-Eenheid). Dink gerus ook aan die stryd tussen die Moslems en die Christene in Nigerië wat steeds aan die gang is in ons tyd en era en die lewensverlies daar. Ek's opgewonde en nuuskierig om te sien wat hierdie nuutgevonde kennis oor Jesus Van Nasaret, wat nou in die publiek te lese is, veral in Suid Afrika gaan oplewer. Groetnis!
|
|
se kommentaar op 12 Oct 2009 2:16:36 AM PDT
Gerda, dankie vir die evaluering van 'n boek wat jy immers gelees het. Ek was altyd onder die indruk dat 'n mens kommentaar lewer op 'n resensie as jy 'n boek gelees het. Die kommentaar op Sakkie Spangenberg se boek blyk egter anders te wees. Kritiek, persoonlike aanvalle en beledigings, onwaarhede is aan die orde van die dag deur diegene wat nie eers die boek gelees het nie.
|
|
se kommentaar op 14 Oct 2009 6:14:50 AM PDT
"Hulle is nie ketters of afgedwaaldes wat hulle moet bekeer nie."
Dit is interessant dat bekering met doktrines (ketters) en tradisies (afgedwaaldes) verbind word, eerder as met geestesgesondheid. Dit vind eggo in hierdie reeks responsies waar ingeligte, moderne denkers mekaar kan aanvat oor intelektuele korrektheid, terwyl liefdelose one-upmanship in harte heers. Vernuwing in die gees van die gemoed, in die denke, het allereers 'n volwas in liefde ten doel. Dit is tog wat bekering behels, en meeste van ons het nog ver om te draai.
|
|
se kommentaar op 15 Oct 2009 10:29:30 AM PDT
Gerda, ek deel nie heeltemal jou entoesiasme oor Sakkie se boek nie (hoewel ek saamstem dat sy navorsing deeglik en omvattend is). Op my blog, DinkNet, probeer ek verduidelik hoekom. Om dit te lees, gaan na: http://blogs.litnet.co.za/gerritbrand/Mymerings-na-aanleiding-van-Sakkie-Spangenberg-se-nuwe-Jesusboek
|
|
se kommentaar op 16 Oct 2009 4:04:37 PM PDT
Dit is meer ‘n propaganda stuk met ‘n ad hominem angel as ‘n boek ressensie.
Teoloë en lidmate wat van Prof Spangenberg et al verskil, se opinie word geïnsinueer as ‘vroom praatjies’ en ‘vlak teologie’.
Daar word beweer dat die behoudende teoloog of lidmaat die Bybel met ‘daardie dogmatiese bril’ lees wat ons by die sonde, kruis, verlossings evangelie uitbring. Aan die woord ‘dogmaties’ kleef daar vandag amper dieselfde stigma as ‘fundamentalis’, à la radikale islam.
Gerda noem glad nie die ‘blink gepoetste lense’ van die Darwinistiese bril wat die bybelwetenskappe gebruik om die Bybel lees nie. Hoe die idee van God deur evolusie ontstaan het en die pre-moderne mens, lees onosel half ape, probeer het om met mites die wêreld te verklaar. Ou israel was te onnosel om hulle eie stories uit te dink en het maar by die omliggende volke gaan kers op steek vir idees.
Die kerk verloor hulle sg ‘denkende en kritiese lidmate’(wat darwinistiese bybelwet. aanvaar) en behoudende (impliseer nie denkdende) lidmate (skei af na behoudende kerk) omdat die bybelwetenskaplike bril die Bybel en die kerk totaal irrelevant maak. Geen skepping, geen sondeval, geen Satan, geen vloed, aartsvaders, geen uittog, geen inname van israel, geen profesië, geen wonderwerke, geen maagdelike geboorte, geen Jesus Christus die Here, geen opstanding, geen hemelvaart, geen wederkoms, geen hemel, geen hel, geen God(?) so what! Waarom moet hulle (albei groepe) na ‘djou gawoerra-warra oppie pulpit’ gaan luister as daar geen betekenis in is nie?
|
|
se kommentaar op 17 Oct 2009 4:04:24 PM PDT
Hierdie is vir my die sleutelsin in Gerda se resensie:
"Ongelukkig verloor die kerke juis hul denkende en kritiese lidmate, lidmate vir wie die sonde-kruis-verlossing-teologie meer vrae as antwoorde ontlok, dié lidmate wat werklik die moeite doen om die Bybel te lees."
Ek neem dit elke dag waar. Ek is seker nie 'n Christen nie, want ek glo nie in die letterlike maagdelike geboorte, opstanding en hemelvaart nie. Dit druis mos teen elke greintjie wetenskap in!
|
|
se kommentaar op 25 Oct 2009 5:04:19 PM PDT
Johann en Nico, ek stem saam met julle. Dis verstommend dat daar sulke veralgemeende aansprake gemaak word aangaande "die Bybelwetenskappe" om Spangenberg se onortodokse Jesus ondersteun. Dis eenvoudig oneerlik om die algemene persepsie by die publiek te kweek dat hierdie boek 'n objektiewe produk is "van die Bybelwetenskappe" met ‘n “hoë vlak van integriteit”, soos genoem in die Kerkbode (nogal). Ek sal aanvoer dat dit eerder 'n subjektiewe toepassing is daarvan, netsoos wat Robert Funk en sy selektiewe groep van kritiese teoloë gemaak het in die vroeë 90's met hul “Jesus Seminar”. Sommige kritiese Bybelskoliere, wat nie eers ‘n evangeliese siening van Jesus gehuldig het nie, het dit bestempel as ‘n “intellektuele klug”.
Ek stem saam dat kerke en lidmate veels te lank al in ‘n gemakzone leef. Ek is vandag 40, maar sedert st. 2 het ek al begin kritiese vrae vra oor teologie – en doen nog steeds so. Ek moes ook dikwels hoor “jy moet net glo soos ‘n kind”, en dit was vir my onaanvaarbaar. Kerke pluk nou die wrang vrugte van hul onkritiese houding deur hul verlies aan lidmate wat nie antwoorde op hule vrae kon kry nie. Ongelukkig word hierdie geestelike vakuum nou gevul deur die teologie van Spangenberg en sy aanhangers – die enigste groep teoloë wat blykbaar krities met teologie kan omgaan.
Maar stereotipering het nou 'n nuwe betekenis gekry. Dis niks minder as arrogansie om te suggereer dat mense wat steeds in die tradisionele “Westerse” Jesus glo, eintlik onkrities, on-intellektueel is, en 'n 'vroom' en 'vlak' teologie aanhang. Daar is soveel evangeliese top-vakkundiges wat teoloë wat Spangeberg se “wetenskaplike” metodologie uitmekaar sal trek. Ek wens ek het die tyd en plek gehad om ‘n lys te gee van al die teologiese boeke wat Spangenberg se teologie in detail aanspreek en weerlê. FF Bruce, NT Wright, Craig Blomberg, Bill Craig, Michael Lacona, Daniel B. Wallace si slegs ‘n paar. ‘n Goeie beginpunt is dr Mark D. Roberts (wat kom uit ‘n liberale teologies skool by Harvard), se boek “Can we trust the Gospels?”. Hy het ook ‘n blog: http://www.markdroberts.com/htmfiles/resources/unmaskingthejesus.htm
Dis jammer dat hierdie resensie so eensydig is.
|
|
se kommentaar op 26 Oct 2009 7:56:07 AM PDT
Cobus, dit klink vir my of jy is wat jy lees. Sakkie Spangenberg se navorsing is opgrond van die bronne wat hy tot sy beskikking gehad het. Netso is dit ook die geval met al hierdie teoloë wat jy hierbo gelys het. Die probleem: ongelukkig net nog 'n vakuum wat ons niks nader aan oplossings bring nie. Ten minste is die werk van Sakkie Spangenberg 'n poging om die anderkant van die munt wat nog altyd deur die jare vir ons weggesteek was, danksy die kerk, bloot te lê. Ek dink dis 'n alternatief waarna ons behoort te kyk vir die kwessies waarmee ons so worstel in ons land en die wêreld. 'n Belydenis in God die Vader, die Seun, en die Heilige Gees (Drie-Eenheid), so lyk dit vir my, sit nie kos op die tafel nie. En om 'n moderne/post moderne sousie daaroor te gooi gaan niks aan die saak verander nie. Kerk lidmaat getalle is aan die afneem om nie eers te praat van al die ongeregtigheid, wandade, teveel om op te noem, wat steeds gepleeg word opgrond van dit wat die Westerse Christendom ons al die jare gebied het. Erens is daar mos iets verkeerd? Dit lyk vir my asof die skrif teen die muur is. Philip Kennedy skryf in sy boek: A Modern Introduction to Theology: New Questions for Old Beliefs (London: I.B. Taurus, 2006) "As Christianity begins its twenty-first century, its Augustinian paradigm of theology has met the fate of the Berlin Wall" (2006:252). Daarom is hierdie boek van Sakkie Spangenberg 'n welkome verligting! Groetnis!
|
|
se kommentaar op 30 Oct 2009 4:59:04 AM PDT
Na 'n tweede lees, stem ek nog meer saam met Gerda se resensie. Oor die boek self: die konsep van 'n "Christelike Meesterverhaal" is fassinerend. Sou ons afstand doen van so 'n paradigma, duik die volgende vrae op: watter nuwe meesterverhaal kom na vore na aanleiding van resente Bybelwetenskaplike navorsing, indien enige? Het ons enigsins 'n "meesterverhaal nodig"? Is dit nie eie aan en tipies van post-moderniteit dat ons elkeen ons eie "meesterverhaal" in ons ronddra, geinformeer deur ons wye blootstelling aan inligting nie? Wat sou gebeur as ons ons meesterverhale vir mekaar begin vertel, daarna begin luister, sonder veroordeling en verkettering? Is dit nie tyd om die diversiteit van ons metforiserings aangaande God openlik te vier nie? En laastens: wat gaan die arme Sistematiese Teologie doen as hulle taak nie meer die formulering van die Christelike Meesterverhaal is nie, of is dit juis die opwinding van ons tyd: dat ons sistematies luister na die onsistematiese diversiteit van ons tekste, die in die Bybel en die in ons koppe? Sakkie se uitgangspunte oor die OT herinner my aan Brueggemann se "Creative Remembering"...wens ons kan vir mekaar meer ruimte maak om kreatief te "onthou" hoe ons Go en die lewe en Jesus van Nasaret beleef.
|
|
se kommentaar op 08 Nov 2009 2:30:44 AM PDT
Oor resensies : Ek lees baie graag en ek lees baie, kyk ook graag na flieks en het as afgetredene baie tyd daarvoor - dus lees ek ook gereeld resensies van alle soorte boeke, CDs, DVDs, flieks. Van die koerantresensies oor flieks het hedendaags 'n ekstra kolom: kykersmening , en is DIT nou interessant om te kyk hoe die deursnee kyker se idees verskil van dié van verskillende resensente!
Só het ek deur dure ondervinding (ons bly op die platteland en moet vér oor gevaarlike paaie ry om by stadsflieks/boekwinkels uit te kom) my eie "gunsteling" resensente ontwikkel. Ek het op die harde manier (ook finansieël) geleer dat alle resensente deur hul eie gekleurde bril kyk, en is ek lugtig om sommer impulsief boeke, ens. ens. te koop . Resensente wat ek die meeste waardeer, is dié wat maar hul eie brille bêre en so objektief as moontlik probeer wees of ten minste alle kante te belig. So het ek hier en ook Johannes de Villiers en Gerit Brand se menings gesien en die kommentare gelees. Wat ek van al die gelese gedeeltes die meeste waardeer het, is Gerrit Brand se resensie en sy koelkop en gereelde verduidelikende antwoorde op kommentaar wat daar gelewer is. Gaan lees dit gerus (hier: http://blogs.litnet.co.za/gerritbrand/gedagtes-na-aanleiding-van-sakkie-spangenberg-se-nuwe-jesusboek )
|
|
se kommentaar op 14 Dec 2009 1:52:15 AM PDT
So pas die boek klaar gelees. Eienaardig dat iemand homself so uit sy eie werk kan "navors"? Ek bedoel iemand wat in die Fakulteit TEO-logie doseer maar eintlik leer dat TEO maar 'n skepping van mense is? Miskien sou 'n pos by filosofie of sielkunde beter wees?
Soveel van veralgemenings en arrogansie lanklaas gelees. Moes heeltyd lees van "geleerders", "onlangse studies" , "Ou-Testamentici" wat sus en so beweer, asof die dinge algemeen aanvaarbaar is in die Teologie.
Spangenberg maak homself skuldig aan dieselfde inlegkunde waarvan hy tradisionele Bybel-lesers beskuldig. Sien sy verklaring van Joh 3:16 se "wêreld" op p315.
Ek dink nie die boek laat takke kraak nie, nie eers 'n takkie nie. Kon dalk my geld beter spandeer het?
|
|
se kommentaar op 31 Mar 2010 10:52:49 PM PDT
As iemand wat nooit n lid van die NG kerk of enige kerk was nie ( tot 29jr gelede), maar wat wel n volgeling van Jesus en kind van God geword het na n bonatuurlike "meeting" met God 29jaar gelede, is dit vir my so jammer dat mense hulself beperk tot die fisiese terwyl daar soveel meer en diepere wag vir die wat braaf genoeg is om toe te tree tot die nie-fisiese. Mens kan of aan jou klein wereldjie vashou en dit in n mindere of meerdere mate beheer, of jy kan die wonderbare van die geestelike koninkryk van God betree en in volheid leef. Die blote ontkenning van die "bonatuurlike" ontneem nie die bestaan daarvan nie en ook nie die werklike ondervindinge wat mense soos ek gehad het agv van die storting van die bloed van Jesus vir ons en ons gevolglike "translation" na seuns/dogters van God nie. Om in die beperking van die menslike rond te ploeter, is elk se besluit, maar God, in sy liefde, is naby en sal elkeen wat daarna reik, inneem in Sy volheid in. Die Woord is onder leiding van die Gees van God geskryf en kan net deur die gees verstaan word, nie deur ons beperkte verstandjies nie (en ek is uiters goed "gegradueer" op universitere vlak).. maar elke stap in ons lewens is ons eie keuse. Dis tog ironies dat juis die poging om minder beperkend te wees deur sogenaamd so wyd na, in die geval, Jesus, te kyk, op die ou end juis die beperkende faktor is - dit sluit die groot dimensie totaal uit! Geseende Pesach. en Louis Scheepers, n geseende jaar vir jou. en, ja, ek het genoeg van die boek gelees om kommentaar te kan lewer.
|
|
se kommentaar op 12 May 2010 9:37:14 PM PDT
Ja Gerda, dis jammer dat jy nie gisteraand by die debat tussen Craig en Spangenberg was nie. Jy veronderstel sterk Sakkie se geleerdheid oor sy feite, maar gisteraand, voor 'n oorvol ouditorium by die Universiteit van Pretoria, het Sakkie en Hansie Wolmarans gelyk soos 'doddering dons' - die debat was veronderstel om juis oor die tekste te wees, en hul betroubaarheid. Maar behalwe vir 'n paar slagspreuke, en om na 'n paar boeke as gesag te verwys, was daar bitter min van Sakkie se tekstuele kennis te bespeur.
|


Author)