Ek moet myself die vraag afvra waarom ek aan hierdie gesprek deelneem, wetende dat dit vir baie gelowiges weinig sin maak en selfs irriteer? Ek doen dit met huiwering en net om een rede en dit is omdat ek ook glo die evangelie is op die spel!
Die vraag oor die leë graf wat gedurig voor my gegooi word is ‘n gelaaide vraag. Gelaai met fundamentalistiese teologiese uitgangspunte en met misverstande. Dit skep die indruk dat ‘n “ja” daarop ‘n opregte en onproblematiese belydenis behels. Terwyl ‘n “ja” daarop onafwendbaar ook ‘n “ja” op ‘n bepaalde teologiese paradigma is. Die vraag skep verder die indruk dat ‘n eenvoudige “nee” ‘n duidelike verwerping van die opstanding van Christus sou behels. Terwyl ‘n “nee” ook
As iemand aan my die verhaal van Lazarus se opwekking uit die dood (Johannes 11) sou vertel en vra of die graf leeg was, is die antwoord eenvoudig en onomwonde “ja”, want Lasarus se lyk het in die verhaal lewendig geword. ‘n Opgewekte lyk
Hierdie is nie ‘n nuwe debat nie. Dit het weer en weer in verskillende wêrelddele in die loop van die afgelope paar eeue na vore gekom. Die “leë graf” is telkens vanuit evangelies-fundamentalistiese oorde as die toetssteen voorgehou. Met daardie toetssteen is verdeling en veroordeling gesaai., soos dit nou weer gedoen word. Tog kon dié toetssteen self nog elke keer nie die toets van die tyd en teologie deurstaan nie. Waar kerke ‘n teologiese ondersoek hieroor gedoen het, soos in my eie geval in 2006, en byvoorbeeld in die geval van Prof Lloyd Geering in New Zeeland in 1966, is daar telkens tot die gevolgtrekking gekom dat die geloof in die opstanding van Jesus veel meer inhou as net ‘n uitspraak oor ‘n leë graf.
Die leë graf speel miskien ‘n “toetssteen”-rol vir König en sy volgelinge, maar beslis nie in die Nuwe Testament nie. Al sou die historisiteit van die ontdekking van die vroue dat die graf leeg is, bo twyfel vasgestel kon word, sou dit nog nie as bewys kon dien van die opstanding van Jesus nie. Volgens die Evangelies is dit nie die ontdekking van die leë graf wat lei tot die opstandingsgeloof nie. Die geloof in die opgestane Here vind sy oorsprong in die verskynings aan sy volgelinge. Volgens al die Evangelies was dit nie die leë graf as sodanig wat paasblydskap en opstandingsgeloof besorg het nie. En selfs nie eers die vroue se getuienis oor die leë graf kon geloof by die ander bewerkstellig nie (Markus 16:11). Dit het selfs vir hulle na onsin geklink (Lukas 24:11). Telkens is dit eers die misterieuse verskyning en verdwyning van Jesus self, wat sy volgelinge tot geloof laat kom het. In Lukas gaan dit gepaard met die eet van ‘n stukkie brood of vis (Luk 24:31, 45).
In 1 Korintiërs 15, waarna Prof König graag verwys, is daar nie ‘n enkele verwysing na die leë graf nie. Daarenteen verwys Paulus na ‘n aantal verskyninge (vers 4-8). En wat meer is, Paulus stel die verskyning van Jesus aan homself (Damaskuspad) op dieselfde vlak as die vroeëre verskynings. Lees ons Paulus se verhaal in Handelinge 9, is daar ook geen sprake van ‘n “liggaamlike” verskyning nie. Daar was ‘n stem (Hand 9:4) en daar word uitdruklik verklaar dat niemand iets gesien het nie (Hand 9:7). Dit strook met Paulus se gebruik van die begrip “geestelike liggaam” verder in 1 Korintiërs 15. König sê in die artikel dat Paulus die woord “liggaam” tien keer gebruik in hierdie hoofstuk, maar hy bly in gebreke om daarop te wys dat die opstandingsliggaam as ‘n “geestelike liggaam” beskryf word. Ons het geen begrip van wat ‘n “geestelike liggaam” is nie en die beste wat ons daarvan
Dit is ook veelseggend dat groot teoloë soos Alfred von Harnack, Karl Barth en Emile Brunner saamgestem het dat die opstanding van Jesus nie afhanklik gemaak moet word van die historisiteit van die leë graf nie.
Hoe dieper ‘n mens nadink oor die misterie van die opstandingsgebeure, hoe minder woorde het jy om dit te beskryf.
Dit is verbasend dat König vir
[Hierdie artikel het in Beeld, Woensdag 14 Oktober 2009 verskyn.]