- Tuis
- @ die Fakulteit
- Teologiese dag van die Fakulteit Teologie, Universiteit van Pretoria
Teologiese dag van die Fakulteit Teologie, Universiteit van Pretoria
- Deur Gerda de Villiers
- Gepubliseer 27 January 2010
- @ die Fakulteit
-
Evaluering:




Gerda de Villiers
Gerda de Villiers se Artikels
Dinsdag 2 Februarie 2010
1 Fakulteitsopening HTK (Hervormde Teologiese Kollege)
Kerkgebou van die Gemeente Philadelphia
10.00 - 12.30
Prof TFJ Dreyer neem die opening en verwelkoming waar. Daarna lewer prof PJ van der Merwe die openingsrede met die tema, Teologiese opleiding in die spanningsveld tussen Kerk en Universiteit. Nadat prof J Buitendag die akademiese pryse oorhandig het, verstrek dr J Otto besonderhede namens die Kuratorium oor die 100 jarige fees, en Lisa-Mari Swanepoel vertel meer oor die doen en late van Van der Hoff. Prof TFJ Dreyer doen die bedankings en die verrigtinge word met verversings in die saal afgesluit.
2 Fakulteitsopening NG Kerk
Kerkgebou van Pretoria-Oos gemeente
8:30-12.30
Die dekaan, Prof Cas Vos neem die ekumeniese erediens waar. George Claasen lei die bespreking oor Skepping en Evolusie, met Cornél du Toit en Danie Veldsman wat as respondente gaan optree. Staan die Bybelse siening oor die Skepping teenoor Darwin se evolusieleer?; is die twee versoenbaar en indien wel op watter wyse?; of het hulle dalk niks met mekaar te doen nie? Hoe moet ons dink oor skepping en evolusie in verhouding met ons geloof? Hierdie is ‘n paar vrae wat onder die loep geneem gaan word.
Versprei die Woord
5 Reaksies op "Teologiese dag van die Fakulteit Teologie, Universiteit van Pretoria" 
|
se kommentaar op 29 Jan 2010 8:31:36 AM PDT
Ek vertrou die geagte respondente sal uitwys dat Evolusie strydig is met Verlossingsboodskap.
Die kerk behoort haar lidmate te lei in die waarheid van die Woord. Die evolusieteorie van opwaartse verbetering van eenvoudige organismes na komplekse gewerweldes, soos deur Darwin voorgestel, voldoen nie aan die vereistes van die wetenskap nie. Daar is nie waarneming van eksperimente en resultate met herhaling van dieselfde uitkomste nie en dus bly dit net ‘n hipotese. Slegs die waarneming van sekere fenomene word in die hede gedoen en gevolgtrekkings daarvan word oor die verlede gedoen. Kortom, nog niemand het evolusie sien gebeur nie! Bakterieë wat bestand word teen antibiotika is nie evolusie nie en Darwin se vinke op die Galapagos eilande is 150 jaar later nog steeds net vinke al het hul snawelgroottes gevarieer. Verder kon geen wetenskaplike daarin slaag om ’n nuwe soort te skep deur middel van natuurlike seleksie wat deur Darwin voorgestel is as die meganisme van evolusie nie. Mutasies is ook nie die meganisme nie, want dit lei tot die vernietiging van organismes. Eintlik bly die meganisme wat veronderstel is om nuwe soorte te skep ’n misterie vir die wetenskap. Verder is lewe nog nooit in ‘n laboratorium gemaak nie. Vir hierdie en ander redes is die sogenaamde evolusieproses teenstrydig met die meeste natuurwette en daarom val dit in die kategorie van geloof. ‘n Uitspraak teen evolusie is dus nie ‘n uitspraak teen wetenskaplike teorieë nie. Die kerk het egter ‘n plig om haar lidmate te lei op die gebied van godsdiens en geloof. Die kerk glo in die Skepper-Verlosser-God. Evolusie is ‘n vreemde godsdiens wat nie God as Skepper of Verlosser erken nie en die kerk moet teen valse leerstellings gewaarsku word. Indien daar nie ‘n eerste Adam, geskape na die beeld van God was nie, was daar nie ‘n tweede Adam nodig wat moes sterf vir die eerste Adam en sy nasate, wat almal gesondig het nie. Ons moet ‘n keuse maak tussen die Bybel en die evolusiegodsdiens, daar is nie ‘n middeweg nie en die kerk behoort duidelik en maklik standpunt teen die evolusieteorie te kan inneem. Daar is nie plek vir die evolusiegodsdiens in die verlossingsboodskap van Jesus Christus nie.
Indien die Bybel geïnspireerd is, het God in watter historiese konteks ook al, die korrekte skeppingsverslag vir die totale mensdom gegee. Die ontstaan en evolusie van alles uit niks deur natuurlike prosesse (wat nie bewys kan word nie) is duidelik teenstrydig met die boodskap in die Bybel van die Skepper-God wat vêrder alles in stand hou deur die woord van Sy krag. (Hebr 1:3). Die God wat alles geskep het behoort in staat te wees om ons te vertel hoe Hy dit gedoen het. Of God het alles gemaak soos Hy in Sy Woord aan ons meedeel of Hy het nie.
In terme van opvoeding het die kerk ‘n plig om enige wanvoorstellings en leuens wat deur evolusie verkondig word, uit te wys. Gerrit Claassen
|
|
se kommentaar op 29 Jan 2010 10:47:15 PM PDT
Die anti-christelike godsdiens genaamd evolusie moet deur die kerk ontbloot word. Asof dit nie genoeg is dat evolusie 'n belasting betaler gesubsidieerde godsdiens is nie, word die tiendes van lidmate nou ook vermors om hierdie euwel te verkondig!
Evolusie was die hoof oorsaak van rassehaat wat een mens miderwaardig of liewer nader aan 'n aap gestel het. Sommige Engelse evolusioniste het die Iere as wit sjimpansees in die evolusie ketting beskou en in ons buurland Namibië het jy betaling ontvang as jy 'n boesman geskiet het, want hulle is nie as mense beskou in die evolusieketting nie. Het die NG Kerk nie dalk juis teen hierdie agtergrond die apartheids politiek ondersteun tot groot nadeel van ons land nie? Toe het die kerk nie sy werk gedoen en die sonde van apartheid ontbloot nie, en nou ontbloot ons nie die sonde van evolusie nie!
Die volle boodskap van evolusie het ten doel en as resultaat om die skepping van God verdag te maak en die mens as kroon van die skepping af te water tot net maar 'n aap, net nog 'n dier. Die resultaat is dat jy, in ons kosbare land Suid Afrika, nou soms net soveel tronkstraf kan kry as jy 'n aap doodmaak as wanneer jy 'n mens vermoor!
Die outoriteit van die Bybel word vanaf die eerste verse in twyfel getrek, hoekom sal ons enige-iets daarna glo. Dit word net nog 'n mooi storie met 'n paar "oulike" morele voorstelle, wat niemand ernstig hoef op te neem nie, want dit is in totaliteit aanpasbaar by die mens se nuwe sieninge. Die onveranderbare opdragte van God word, soos die Engelse sou sê: "merely a suggestion", want die Bybel het geen gesag nie, nie as dit reeds in die openingsvers in twyfel getrek word nie.
|
|
se kommentaar op 31 Jan 2010 10:05:14 PM PDT
Die Bybel is net 'n storie boek ou dude. Hoekom sal jy dink die Bybel moet meer respek kry as die Koran? Islam is in elkgeval 1000 jaar ouer as jou Calvinistiese protestantse geloof. En dan verbeel ek my of gebruik jy die protestantse bybel ? hoe oud is die Bybel?
|
|
se kommentaar op 29 Jan 2010 12:21:29 PM PDT
gekyk na die wiskundige moontlikheid vir 'n eensellige organisme om self tot stand te kom is iets soos 10 tot die mag 150,wat ontmoontlik is, so is ook die chemiese kondisies wat moontlik moet wees vir die organisme om te ontstaan, tog redeneeer evoluste dat dit wel gebruir het, my opleiding het my geleer as dit onmoontlik is dan is dit nie moontlik nie, en as dit dan wel gebeur het, dan was dit seker 'n werking van GOD en wel nie evolusie nie. volgens wiskundige statisteik neem dit 100x meer geloof om in evolusie te glo as om in skepping te glo. as mens daarna kyk, moet mens jou afvra wie is die glowiges hier, skepping of evolusie.
|
|
se kommentaar op 09 Feb 2010 5:33:00 AM PDT
Die emosionele intelligensie en gedrag van die mens laat my soms neig om te glo dat die mens van 'n aap afkomstig is. Afrika verkondig dit immers met die Sterkfonteingrot waar sy inwoners vandaan kom.
My vraag is egter, indien die mens uit slym gemaak is met basiese DNA boublokke op watter stadium het God in die mens Sy gees gegee sodat die mens self 'n drieënige wese sou wees en nie net 'n liggaam met 'n lewende siel soos al die diere nie? In Genesis 1:1 lê veel meer toegesluit as wat die wetenskaplikes verstaan omdat hulle na geologie en koolstofdatering kyk en nie na die Woord nie.
Dit is interresant dat taalevolusie afwaarts evoleer en eenvoudiger taalstruktuur daarstel in kontras met die evolusieleer dat eenvoud tot kompleksiteit evoleer.
|


Author)