TEO Webdiens van die Fakulteit Teologie van die Universiteit van Pretoria - http://teo.co.za/artikel
Teologiese dag van die Fakulteit Teologie, Universiteit van Pretoria
http://teo.co.za/artikel/articles/279/1/Teologiese-dag-van-die-Fakulteit-Teologie-Universiteit-van-Pretoria/Bladsy1.html
Gerda de Villiers
 
Deur Gerda de Villiers
Gepubliseer op 27 January 2010
 
Kennisgewing van die Fakulteitsopening van die NHKA en die NG Kerk by UP, Dinsdag 2 Februarie 2010. 

Dinsdag 2 Februarie 2010

 

 

1   Fakulteitsopening HTK (Hervormde Teologiese Kollege)

Kerkgebou van die Gemeente Philadelphia

10.00 - 12.30

Prof TFJ Dreyer neem die opening en verwelkoming waar. Daarna lewer prof PJ van der Merwe die openingsrede met die tema, Teologiese opleiding in die spanningsveld tussen Kerk en Universiteit. Nadat prof J Buitendag die akademiese pryse oorhandig het, verstrek dr J Otto besonderhede namens die Kuratorium oor die 100 jarige fees, en Lisa-Mari Swanepoel vertel meer oor die doen en late van   Van der Hoff. Prof TFJ Dreyer doen die bedankings en die verrigtinge word met verversings in die saal afgesluit.

 

2 Fakulteitsopening NG Kerk

Kerkgebou van Pretoria-Oos gemeente

8:30-12.30

Die dekaan, Prof Cas Vos neem die ekumeniese erediens waar. George Claasen lei die bespreking oor Skepping en Evolusie, met Cornél du Toit en Danie Veldsman wat as respondente gaan optree. Staan die Bybelse siening oor die Skepping teenoor Darwin se evolusieleer?; is die twee versoenbaar en indien wel op watter wyse?; of het hulle dalk niks met mekaar te doen nie? Hoe moet ons dink oor skepping en evolusie in verhouding met ons geloof? Hierdie is ‘n paar vrae wat onder die loep geneem gaan word.