- Tuis
- Geskiedenis van OT-eksegese
- Geskiedenis van Ou Testament-eksegese, 07: Augustinus was anders, 01
Geskiedenis van Ou Testament-eksegese, 07: Augustinus was anders, 01
- Deur Jurie le Roux
- Gepubliseer 26 February 2010
- Artikels , Geskiedenis van OT-eksegese
-
Evaluering:




Jurie le Roux
Jurie le Roux se Artikels
Op die skutblad van Marianne Weber se biografie oor haar beroemde man, Max Weber , verskyn 'n gedig van Rainer Maria Rilke wat só begin: ‘Das war der Mann, der immer wiederkehret …’ (Weber 1986). So was en is Augustinus steeds. Die man wat telkens weer en weer terugkeer, weer en weer aan die deur klop. En nie almal wat die deur oopmaak, hou noodwendig van hom nie, maar dié man het die teologie tot vandag toe ingrypend beïnvloed. Vandag nog praat mense oor hom, lees hulle hom intensief en verinnerlik sy denke. Of ons dus die kloppende Augustinus innooi of wegwys hy is daar en gaan nog lank daar wees.
Sy lewensloop het mettertyd net so beroemd soos sy ander werk geword. Die rede daarvoor is omdat hy sy lewensverhaal in die beroemde ‘Confessiones’ of ‘Belydenisse’ of ‘Confessions’ vertel het en dit nou nog boei. Dit is steeds 'n treffer en word daarom oor en oor herdruk. Sy denke, teologie en werk is nou met sy lewe verweef en daarom sal die ‘Confessiones’ altyd belangrik wees.
’n Kort lewenskets
Augustinus is op 13 November 354 in Thagaste in Noord-Afrika gebore. Dit was toe nog ’n Romeinse provinsie en Augustinus sou later onafskeidelik deel van die Romeinse taal (Latyn) en kultuur word. Soos alle kinders is hy skool toe en op sestien is hy Kartago toe om Retoriek te bestudeer. Op agtien het hy
Sy vrome ma, Monnica, het hom op ’n manier nog aan die kerk gebind en hy was ten minste ’n ruk lank ’n ‘katechumeen’ of ’n katkisant. Dit het nie veel vir hom beteken nie en hy het dit weer gelos. In Kartago was die meisies mooi en Augustinus het hom aan losbandigheid oorgegee. Op 'n stadium het hy saam met ’n vrou geleef en later het hulle ’n seun, Adeodatus, gehad.
Vanweë sy ma kon hy die Christelike geloof na sommer los nie. Vir nege jaar (373-382) was hy toe lid van die Manicheërs. ’n Sekte wat die katolieke kerk (of hoofstsroom kerk) op verskillende maniere bedreig het. Augustinus was ook nie so dol gelukkig by hulle nie en hy kon ook nooit verder as ’n ‘auditor’ of ’n hoorder vorder nie (Van der Meer 1957:16-26).
In 383 het hy dosent in retoriek in Milaan geword en hy moes Afrika verlaat. Dit was ’n beslissende gebeurtenis in sy lewe. Sy ma sou ook later kom en hom nouer aan die beroemde Ambrosius (339-397) bind. Ambrosius was die predikant van Milaan en sy preke sou Augustinus ook meer en meer boei (vgl Confessiones V 13, 23). In die jaar 386 het sy beroemde bekering toe plaasgevind. ‘Beroemd’ omdat hy daarvan in sy ewe-beroemde ‘Confessiones’ (‘Confessions’/ ‘Belydenisse’) vertel het en dit oor die eeue selfs 'n bietjie geromantiseer is. Dit het gebeur terwyl hy in die tuin van sy huis gesit en gehoor het hoe kinders die woorde 'tolle lege' ('neem en lees') gesing het. Hy slaan toe die Bybel by Romeine 13:13-14 oop en lees onder andere die volgende: 'Ons moet welvoeglik lewe .... soos volgelinge van die Here Jesus Christus’ (vgl Confessiones VIII 2, 3-4).
Alles draai om die Woord
Op 24 April 387 is Augustinus in Milaan deur Ambrosius gedoop. Monnica was oorstelp want dit was die verhoring van jare se gebede. Kort daarna het die groot terugtog na Afrika begin en aan die einde van 387 was die Augustinusfamilie in die hawestad
Dit het ook van die Bybel gegeld. Geen mistieke ervaringe nie, maar slegs deur harde studie word die Bybel verstaan. Ons verstaan daarom ook die brief wat hy in 391 aan sy biskop, Valerius, gestuur het. Hy was sopas en nogal teen sy sin as presbiter van die gemeente in Hippo Regius georden. Talle gemeenteverpligtinge het op hom gewag. Kort voor lank sou hy in allerlei aktiwiteite soos prediking, huisbesoek, katkisasie en administrasie vasgevang word. Augustinus het dit geweet en daarom die brief aan Valerius. Wat hy vra, is baie interessant. Hy vra 'n vakansie en dit kon maar korterig wees. In elk geval nie langer as Pase nie. En wat wou hy doen? Hy wou net die Bybel bestudeer. Al sy tyd en kragte wou hy daaraan wy. In sy brief vermeld Augustinus ook die gesindheid waarin hy dit wou doen: met gebed, harde studie en ootmoed (Epistula 21,4).
Augustinus het agt duisend bladsye nagelaat en 'n kenmerk van sy nalatenskap was sy bemoeienis met die Skrif. Dit was eintlik maar tipies van al die vaders van die vroeë kerk. Soos hulle het Augustinus ook oor die manier van eksegese nagedink. In sy groot werk oor die Christelike geloofsleer, ‘De Doctrina Christiana’, verklaar Augustinus dat in die teks na die outeur se bedoeling gesoek moet word. Wie dit nie doen nie, was op die verkeerde eksegetiese weg (De docrina christiana, I,36).
Maar hoe gemaak met die moeilike dele? Almal weet daar is tekste wat nie so maklik verklaar
Eksegese is moeiliker as wat ons dink
Woorde is snaaks goed. Dit is nooit vas nie (De doctr.chr. II,3,6-7). Die oomblik wanneer ons iets gesê het, is dit weg en volgens Augustinus
Augustinus verduidelik dit baie mooi aan die hand van twee uitdrukkinge: die ‘verbum cordis’ of die ‘innerlike woord’ en die ‘verbum exterior’ of ‘die woord wat ons fisies uitspreek’. Eers iets oor die ‘innerlike woord’. Dit is die hartstaal, die woorde wat hierbinne in ons lê en wat eintlik onuitspreeklik is; dit is ons egte, ware gevoelens wat binne-in ons harte woon en wat 'n taal praat wat net ons
Dit is so 'n belangrike punt dat ons dit weer herhaal. Die innerlike woorde wat ons binnekant koester en die woorde wat dit in klank en skrif probeer verwoord, is nooit dieselfde nie. Niemand is ooit ten volle teenwoordig in die woorde wat hy uitspreek nie; daar bly altyd as ‘t ware nog iets in die hart agter. En die uiterlike woorde wat ons hoor of lees sê, nie alles nie; fisiese woorde vat nooit volledig die innerlike woorde saam nie, put dit nooit uit nie: ‘Was ausgesagt ist, ist nicht alles’ (Gadamer 1973 504).
Daar is wel 'n uitsondering, sê Augustinus, en dit is God. In sy Woord (Jesus) het Hy Homself as ‘t ware volledig uitgespreek of ‘ontledig’. God se woord het mens geword sodat ons Hom
Met mense woorde is dit anders gesteld. Daar bly altyd iets onuitgespreek agter en daarom is daar altyd iets onaf, onklaar in ons woorde. Mense taal belig altyd net een faset van die innerlike woord en die woorde wat ons sien en hoor is nooit finaal nie (vgl De trin. XV,11,20).
En die Bybel is voorbeeld hiervan. Die woorde in die teks is mense werk en niemand verstaan alles nie. Woorde en begrippe se volle betekenis is nie noodwendig onmiddellik beskikbaar vir die leser nie. Elkeen moet daarom hard studeer en met die teks worstel. (vgl De trin. XV,10,19; cf Gadamer 1976: 276-291; Grondin 1995: 102-104; 1999:119-122; 2000:210-215).
Harde Skrifstudie en die liefde hoort saam
Elke teks wil egter iets sê. En hierdie ‘iets’ is die liefde. Liefde tot God en die naaste. Wie dit nie in die teks vind nie, verstaan dit nie. Wie nie hierdie tweekantige liefde (vir God en mens) in 'n Skrifgedeelte
Ons kan dit ook aan die hand van sy onderskeiding tussen ‘gebruik’ en ‘geniet’ verduidelik (Van Oort 1995:119-122).
'n Blote wetenskaplike studie van die Bybel sonder liefde was vir Augustinus onmoontlik. 'n Bybelwetenskap sonder dat die liefde jou lewe verander, was vrugteloos (Bonner 1989:548).
Slotwoord
Soos dit nog in die volgende artikel oor Augustinus sal blyk,
Bronnelys
· Augustinus, A 1968. De trinitate (Corpus Christianorum, Corpus Latina, 50-50A; 2 vols; Turnhout: Typographi Brepols editores pontificii).
· Augustinus, A 1995. De doctrina Christiana, in R.P.H. Green, Augustine – De doctrina Christiana (
· Augustinus, A 1995. Epistola. Afgelaai: http://www.documentacatholicaomnia.eu/20_40_0354-0430-_Augustinus,_Sanctus.html
· Augustsinus, A 1955. Confessiones, in Augustine: Confessions. Vertaal deur Albert C Outler. Afgelaai: http://www.ccel.org/ccel/augustine/confessions.titlepage.html
· Bakhuizen van den Brink, J N 1965. Handboek der kerkgeschiedenis (Den Haag: Bert Bakker).
· Bonner, G 1989. ‘Augustine as Biblical scholar’, in Ackroyd, P R & Evans, C F, The
· Drobner, H R 1994. Lehrbuch der Patrologie (
· Gadamer, H-G 1957 Was ist Wahrheit, in H-G. Gadamer, Gesammelte Werke 2 (Tübingen: J.C.B. Mohr): 44-56.
· Gadamer, H-G 1966 The universality of the hermeneutical problem, in H-G. Gadamer, Philosophical hermeneutics (
· Gadamer, H-G 1970. Sprache und Hermeneutik, in H-G. Gadamer, Gesammelte Werke 2 (Tübingen: J.C.B. Mohr): 184-198.
· Gadamer, H-G 1976 Rhetorik und Hermeneutik, in H-G. Gadamer, Gesammelte Werke 2 (Tübingen: J.C.B. Mohr): 276-291.
· Gadamer, H-G 1985 Grenzen der Sprache, in H-G. Gadamer, Gesammelte Werke 8 (Tübingen: J.C.B. Mohr): 350-361.
· Gadamer, H-G 1990 Wahrheit und Methode (Tübingen: JCB Mohr).
· Green, R P H 1995. Augustine – De doctrina Christiana (
· Grondin, J 1995 Sources of Hermeneutics (
· Grondin, J 1999 Hans-Georg Gadamer (Tübingen: JCB. Mohr).
· Grondin, J 2000 Einführung zu Gadamer (Tübingen: JCB Mohr).
· Grondin, J 2002 Gadamer’s basic understanding of understanding, in R.J. Dostal (ed), The Cambridge companion to Gadamer (Cambridge: University Press): 36-51.
· Haddan, A W 1887 St. Augustin: On the holy Trinity, in P. Schaff (ed), A select libraryof the Nicene and Post-nicene fathers 3 (
· Reventlow, H G 1994 Epochen der Bibelauslegung (München: C.H. Beck).
· Van der Meer, F 1957. Augustinus de zielzorger.
· Van Oort, J 1995. Jerusalem en Babylon. Zoetermeer: Uitgeverij Boekencentrum, 119-122.
· Weber, Marianne 1986. Max Weber. Ein Lebensbild. Tübingen: J C B Mohr (Paul Siebeck) (derde druk). (Digitale Bibliothek Band 58: Max Weber.
Versprei die Woord
3 Reaksies op "Geskiedenis van Ou Testament-eksegese, 07: Augustinus was anders, 01" 
|
se kommentaar op 28 Feb 2010 10:33:45 PM PDT
Skerp! Help my om Augustinus bietjie beter te verstaan. As ek dit reg het, volg daar nog 'n artikel. Sien uit daarna
|
|
se kommentaar op 01 Mar 2010 2:01:38 AM PDT
Ek het nogal hiervan gehou en ek stem in groot mate met Augustinus saam as hy sê dat studie van die bybel wat nie tot toename in liefde lei nie, niks werd is nie. Ek sou dit dalk bietjie anders verwoord, want ek dink dat die korrekte verstaan van die Skrif nie eerstens 'n intellektuele prestasie is nie, maar eerstens die werk van die Heilige Gees wat ons oë/verstand oopmaak om te verstaan. As liefde my dryf, is my passie eerstens om God Self beter te leer ken en Sy Woord is slegs die metode daartoe.
Maar nie net dit nie, dis slegs vir sover ek gehoorsaam is aan dit wat ek reeds verstaan van wat God deur die Skrif sê, dat Sy Gees meer aan my openbaar. Ek kan soveel studeer as wat ek wil, as ek nie gehoorsaam is aan wat Hy reeds vir my gewys het nie, waarom sou Hy meer aan my openbaar? En omdat Sy wese liefde is (1 Joh. 4) sal dit noodwendig tot groter liefde lei... indien nie, kan ek weet dit is nie die Gees van God nie.
Baie dankie, die artikel was insiggewend en nuttig.
|
|
se kommentaar op 05 Jun 2010 7:40:55 PM PDT
ek stem saam met chavoux niks kan sonder liefde geskied nie anders is doe woord sigself dood en ons kan net deur die heilige gees van god geleur word
|


Author)