As ons in ons teologiese nadenke meen dat ons by formuleringe uitgekom het waarin God vir ons volledig verstaanbaar is, waarin God se grootheid kantklaar blootgelê is, dan moet ons weet: hierdie formuleringe is vals. Is vals, want die God wat ons leer ken vanuit die bybelse verhale vanaf die skepping, die geskiedenis van die aartsvaders, die konings en profete, in die lewe en sterwe en opstanding van Jesus, die evangeliste, ander skrywers, en Paulus – en dan ook leer ken uit die historiese ontvouing van ons onderskeie kerklike tradisies, uit die natuur, ons ervaringe en nadenke, is ‘n God wat juis nie vasgepen kan word in ons eiesinnige, gebrekkige, onvanpaste en voorlopige menslike formuleringe nie.
Oor verwondering en vervreemding van teologiese nadenke: 'n ervaringsperspektief
Johan Heyns-Gedenklesing: 27 Mei 2008
As ons in ons teologiese nadenke meen dat ons by formuleringe uitgekom het waarin God vir ons volledig verstaanbaar is, waarin God se grootheid kantklaar blootgelê is, dan moet ons weet: hierdie formuleringe is vals. Is vals, want die God wat ons leer ken vanuit die bybelse verhale vanaf die skepping, die geskiedenis van die aartsvaders, die konings en profete, in die lewe en sterwe en opstanding van Jesus, die evangeliste, ander skrywers, en Paulus – en dan ook leer ken uit die historiese ontvouing van ons onderskeie kerklike tradisies, uit die natuur, ons ervaringe en nadenke, is ‘n God wat juis nie vasgepen kan word in ons eiesinnige, gebrekkige, onvanpaste en voorlopige menslike formuleringe nie.
As dit dan die geval is, waar begin ons dan met teologiese nadenke? Laat my dink aan die verhaaltjie van die toeris wat oppad na
Maar as ons dan hier moet begin?
Geagte dekaan, kollegas, vriende en studente, en in besonder die familie van prof Johan Heyns wat vanaand hier teenwoordig is: Tannie Renee en haar drie seuns Stefan, Christoff en Jan-Dirk en hulle gesinne hier teenwoordig, ook prof Heyns se twee susters – Christine en Ria. Dit is vir my vanaand ‘n baie groot voorreg om op hierdie 80ste geboortedag herdenking van prof Heyns die gedenklesing te hou. Dis ‘n voorreg waarvoor ek skrikkerig eerder sou wou terugdeins om ‘n hele paar redes. Redes wat juis te make het met die impak en rol wat prof Heyns in ons suid-afrikaanse samelewing gehad het.
In die feesbundel “’n Woord op sy tyd” – wat in 1988 verskyn het – vir sy sestigste verjaarsdag, ook by sy afskeidsrede in 1993, is aan hom hulde gebring, waardering uitgespreek, is met hom krities in gesprek getree deur sy kolleges en ander akademici – alles in erkenning van die baie besondere bydrae wat hy op vele terreine – akademies, kerklik en kultureel - in sy persoonwees en denke gemaak het tot die suid-afrikaanse samelewing, ook in die buiteland veral Nederland, in dogmatiese en etiese nadenke. Prof Hennie Rossouw van Stellenbosch het dit by geleentheid in 1982 as volg beskrywe:
“Heyns se teologiese oeuvre berus op die gelukkige verbintenis tussen erudisie (geleerdheid) en selfstandige denke, tussen konfessionele gebondenheid en kontemporêre betrokkenheid, tussen akademiese insig en pastoraal-didaktiewe gerigtheid”
Hierdie goeie maar swaar formulering van Rossouw
“Die onderrig van teologie is vir my ‘n vennootskaplike onderneming tussen ‘n ouer teoloog en ‘n jonger teoloog. Die bydrae van die ouer teoloog mag inhoudelik egter nie neerkom op die oordrag van sy eie geestelike outobiografie nie, want dan hou hy sy studente op ‘n niveau en dit sou ‘n onreg teenoor die studente impliseer. Die dosent moet probeer vergesigte open wat hyself nie het nie, sy studente hoogtes laat bereik wat hy self nie behaal het nie, en desnoods weet dat hy dit nooit sal haal nie, hy moet probeer weë oopdink tot waarhede wat hy self nie kon verower het nie. En die bydrae van die student? Deur toegewyde arbeid, indringende vrae, sy dors na kennis soos blyk uit die lyftaal van ‘n entoesiastiese houding en die merkbare vonkel in die oog, moet die student die dosent inspireer om dosent te wees”
Die onderrigingesteldheid van Heyns as dosent - wat eintlik ook vir sy lewenshouding gegeld het - word mooi verwoord in prof Jurie le Roux se bydrae by Heyns se afskeidsrede. Uit Opperman se digbundel Vergelegen haal hy die woorde van Maria aan Van der Stel aan. Daarin sê Maria vir hom:
“En onthou al lê ons algar dood / jou droom vir hierdie land was groot”.
Heyns se droom was groot. Dat Heyns vir ons as studente vergesigte geopen het – dis waar. Van die res - oor hoër hoogtes, oopgedinkte weë wat ons almal sou moes bereik het – weet ek ook nie aldag so mooi nie! Daarom my skrikkerigheid, terughoudenhoud. Tog gaan ek my begewe op die pad waarop Heyns ons uitgedaag het, nl om met ‘n vonkel in die oog indringende vrae te vra. Vra te vrae in die gees van die woorde van die filosoof Nietzsche wat gesê het dat jy jou leermeester sleg beloon as jy altyd maar net leerling bly en dit nooit tot selfstandige stellinginnames bring nie. Daarom vanaand die volgende eie teologiese grondstelling wat ek met u wil deel as soeke – let wel ‘n saam soeke - na ‘n eietydse teologie. Dit is ‘n aansporing wat ek reeds gevind het in Heyns se twee boeke, naamlik Sterwende Christendom (1969) en Lewende Christendom (1972). In eersgenoemde maak hy ‘n saak daarvoor uit dat ‘n eietydse (gereformeerde) teologie ook vernuwingsteologie moet wees ten aansien van ‘n nuwe werklikheidservaring, ja selfs, sê Heyns, moet dit ‘n teologie wees wat voluit sekulêr is, d w s die “aardse of wêreldse betekenis” van die Christelike geloof moet meer as ooit te vore aangetoon word. In laasgenoemde boek voer Heyns aan dat die verhouding van die Christendom tot die tydsgees is nie een van “verbygaan” of “opgaan” nie, maar “ingaan”. Die “vergesig” wat ek mettertyd hieruit sistematies-teologies afgelei het, vind uiteindelik neerslag in die vooropstelling van ervaring, maar dan op ‘n gekwalifiseerde wyse.
Ek sou dit graag wou doen vanuit hierdie volgende formulering:
Vergun my vanaand om hierdie “opsoek gaan” na ‘n eietydse teologie op ‘n baie persoonlike noot te begin. Op 15 jarige ouderdom tydens ‘n saamtrek by die Mooirivierdam op Potchefstroom, belowe ek aan prof Heyns dat as ek wel teologie sou gaan swot, ek dit by hom sou kom doen. Ek het hom vertel dat ek op 8 jarige ouderdom al gesê het dat ek dominee wil word (so het ek dit ook in my bybel wat ek van Oupa Heyns present gekry het, geskryf). Dit was nie so moeilik om dit aan prof Heyns te belowe nie, want hy was by die kweekskool op Stellenbosch dosent en elke oos-kaapse teologiese student by sy (ons was net mans studente) volle positiewe het soontoe gegaan. Maar toe kom Heyns Pretoria toe. En ek moes my belofte nakom. Is
“Met my allerbeste wense vir mooi jare in die dogmatiek”. Geteken 1981 Febr. Later ook my eerste Teologiese Etiek handboek waarin hy skrywe: “Aan my neef en junior vennoot in die teologie”. (Geteken) Oom Johan. 1986.04.20.
Dit is dan hierdie junior vennoot wat vanaand met julle wil deel die opsoek gaan na ‘n teologie – ek noem dit in kort ‘n ervaringsteologie – as ‘n voorstel vir ‘n eietydse teologie wat sy aansporing reeds in die heynsiaanse woorde soos vroeër aangehaal, gevind het. Ek weet die woord “ervaringsteologie” is oop vir groot misverstand. Dit roep allerlei problematiese samehange op. Maar duld asseblief vanaand hierdie kort formulering ter wille van die argument en voorstel, want met ervaringsteologie bedoel ek net dat dit ‘n sistematies-teologiese benaderingswyse is wat ervaring as vertrekpunt neem, maar dan nie daarmee volstaan nie. Nee. Dit is net die eerste tree. Dit gee onvermydelik ook die tweede tree, naamlik om op ‘n verantwoordelike, geloofwaardige wyse en selfkrities na insig te vra in ons geloofverbintenis met God, en ons spreke daaroor, Kort gesê: Ervaring word in verstaan opgeneem.
“Wat is teologie? Teologie is ‘n vorm van liefde vir God met die verstand en daarom ‘n aspek van die heiliging van ons lewe. Teologie is ‘n vorm van gehoorsaamheid waarin ons denke dag na dag aan eie inhoud en vorm gekruisig word, en opstaan tot ‘n steeds groter wordende daad van gehoorsaamheid en ‘n steeds groter wordende vlam van innerlike verligting en uitstralende beligting. Teologie is nie ‘n enkele vertrek nie. Teologie is ook nie ‘n enkele huis nie. Teologie is ‘n koninklike paleis – met talle diensknegte wat jare reeds vreugdevolle diens daarin verrig, en met baie ander diensknegte wat voortdurend in verwondering en verwagting toetree”
Verwondering, ja. Baie huise en kamers, ja. Liefde en gehoorsaamheid, ja. Maar ten spyte van hierdie treffende antwoord op die vraag wat is teologie?,
God het ‘n groot lang tafel / waar hy sy eregaste onthaal, waar engele olie giet op hul hoof / en hy gemeensaam sit heel bo terwyl sy gaste verwonderd gesels / oor die insig wat hul eet / God self.
In ekstreme gevalle van teologiese nadenke wat ly aan geskiedenis-vergeetagtigheid, mond teologiese nadenke dikwels uit in die op-eis van God, die op-eis van die bybel vir net my standpunt, vir net my kerk alleen, en is dit die dodende kiemsel vir die trek van ‘n geloofslaer, vir eiesinnigheid, intoleransie, gevaarlike en liefdelose teologiese ontwerpe. En dan word nog boonop die reformatoriese slagspreuk van sola scriptura alte gemaklik hiervoor as vroom alibi misbruik.
Hierteenoor begin ‘n Ervaringsteologie met die konkreetheid van ons menswees voor God, en vra eers voorvrae: wie is dit wat vra wat is teologie, waar, hoekom en wanneer word dit gevra, en aan wie? Omdat die woord Teologie ‘n samestelling is van die twee griekse woorde Theos + logos, dit is, God + woord / nadenke / spreke, word Teologie algemeen omskrywe as nadenke of spreke oor God. Net vir interessantheid: In die Vroeë Kerk is die woord “teologie” vermy. Later eers net met huiwering gebruik, want die woord “teologie” is deur die Griekse filosowe al lankal gebruik vir hulle spreke oor hulle gode. Eers vanuit hulle latere betoog dat ons God die ware God is, en daarom kon ons die woord gebruik, het dit ‘n meer algemeen en uiteindelik gevestigde gebruik in die kerk geword. Maar terug na teologie as “ons spreke oor God”. As gevolg van die “ons” in hierdie omskrywing, vra ‘n ervaringsteologie hierdie voorvrae. Vrae oor die selfbegrip (d w s hoe verstaan die teoloog sy / haar taak) van die teoloog. Vrae oor die konteks van die teoloog. Ons weet mos dat Gereformeerde en Katolieke Teologieë verskil van mekaar. Hoekom? Waarom verskil Gereformeerde Teologieë in Nederland van Gereformeerde Teologieë in Suid-Afrika? Waarmee het dit te make? By gelentheid het ‘n persoon wat al aan verskeie kerke behoort het, gevra: waarom is die God van die roomse kerk so rooms, en die god van die gereformeerde kerk so gereformeerd, en die god van die charismatiese kerk so charismaties? Aangesien ‘n ervaringsteologie erken dat teologiese nadenke beslis nie die onkritiese wakkerhou en blote herhaling van tradisie is nie, slaan die vraagstelling vervolgens ‘n dubbele (samehangende) koers in. Daar word gevra na die geloofwaardige betrokkenheid by eietydse geloofs- en samelewingsvraagstukke vanuit die geloofsverbintenis aan God, maar terselfdertyd word selfkrities gevra na die (metodologiese) wyse waarop dit gedoen word. Maar hou ingedagte – dis belangrik: Hierdie teologiese benaderingswyse bevraagteken nie ons persoonlike verbintenisse aan God nie. Dit mag nie. Maar dit vra grondige vrae oor wat ons dan wil sê omdat ons bely dat ons die Here liefhet, wil dien. Dikwels word net die eerste vraag – oor geloofwaardige betrokkenheid - gevra en gedoen, en dan het dit baie kere nie goeie gevolge nie. Die tweede vraag – die selfkritiese vraag – moet dit onlosmaaklik vergesel.
Aan die hand van die volgende paar vrae wil ek iets van hierdie benaderingswyse met u deel:
Ten opsigte van die vraag waarom juis ‘n ervaringsteologie, meen ek dat daar ‘n hele aantal goeie redes daarvoor is. Ek noem ‘n klompie:
Dit neem as uitgangspunt die konkrete ervaring van mense in hulle spesifieke lewenskontekste en hulle verwoording, vanuit hulle geloofsverbintenisse aan God, van hulle Godservaringe. Ervaring – en dit is belangrik - geld nie hier as oorsprong of bron van geloof nie, maar as uitdrukkingswyse (“vehicle”) van die verhouding van die gelowige met God. Heel moeilik gesê in teologiese taal: ervaring is die fenomenologies-korrelerende dimensie van openbaring. Makliker gesê in geloofstaal: die belydenis van openbaring roep spontaan ons lewensbetrokkenheid daarby op. Op uiteenlopende wyses word hieraan konkreet uitdrukking gegee: in rituele (bv nagmaal), leerstellighede (God het in Jesus mens geword), etiese oordele (bv oor homoseksualiteit), sinstigtende oordele (bv om aan die betekenis van iets uitdrukking te gee), vanuit gebeurlikhede (bv ek het dit wat gebeur het, so en so verstaan), vanuit die sosiale ruimte van kerkwees. En dit is hier – in ons konkrete lewensomstandighede - waar ons geloofstaal vandaan kom. Maar eers net iets oor die woord ervaring.
Ervaring is ‘n woord wat geensins vasgepen
En al hierdie antwoorde wat ons soekend, tastend gee op ons vrae, word bewustelik en onbewustelik saamgebundel in eksegetiese benaderingswyses. Met eksegetiese benaderingswyses bedoel ek nie net die uitlê van die bybel spesifiek nie, maar die wyse waarop elke gespesialiseerde vakgebied – Praktiese Teologie, Dogmatiek en Etiek, Sending en Godsdienswetenskap, die Bybelwetenskappe, Kerkgeskiedenis, hulleself verstaan as uitleggers van die spesifieke fokus van hulle dissipline. Want elkeen van hierdie dissiplines het die verantwoordelikheid om hier en nou, d w s kontekstueel, op so ‘n wyse te praat dat die bevryding van die Evangelieboodskap helder en duidelik in al die fasette van ons samelewing gehoor sal word. En dit is die teologiese opleidingspad wat ons saam met ons studente wil stap aan die Teologiese Fakulteit van Pretoria, ten minste vanuit ons Dept Dogmatiek. Maar dan nie net alleen betrokke by ons studente nie, maar ook by die kerke wat by ons fakulteit verteenwoordig word. Betrokke by die kerke nie alleen op ‘n konstruktiewe wyse nie maar ook maar ook op ‘n kritiese wyse – dit is ‘n onvermydelike verantwoordelikheid. En dit doen ons vanuit ons deel wees van internasionale teologiese navorsingsgemeenskappe dwarsoor die wêreld.
Ek vat saam, en sluit dan af. Hoe lyk dit dan anders?
Samevattend. Dogmatiek, of dan ook genoem Sistematiese Teologie, gaan lank nie meer net oor die leerstellighede van die kerk nie. Veel meer kom in spel. Dit is teologiese nadenke wat spontaan oor grense spoel, in nasporing van veranderende omstandighede en opsoek na nuwe woorde vir ons tyd. In hierdie geval, vanuit ‘n ervarinsperspektief, maar dan as ervaring wat in insig opgeneem word, d w s in kritiese geloofsverantwoording omarm word. As wetenskaplike nadenke oor openbaring, oor die bybel, oor God, oor Jesus, oor die Gees, oor die skepping en die mens, oor die kerk en verlossing, oor die voleinding, het dit nadenke geword wat na my oordeel veel meer weerloos geword het. Weerloos geword het soos verwoord in die inleiding tot hierdie huldigingsrede vanaand: geen kantklaar definisies waarin ons meen om God mee vas te pen nie. Nee. Ons nadenke het meer weerloos geword omdat dit in aansluiting by Paulus (1 Kor 13:12) stamelend
Ek sluit af.