|

SENTRUM VIR KONTEKSTUELE BEDIENING FAKULTEIT TEOLOGIE (UP) in samewerking met Sentrum vir Bedieningsontwikkeling Excelsus bied aan:
Jy word vriendelik uitgenooi na ons volgende geleenthede/kursusse vir voortgesette bedieningsontwikkeling. Vir detail kan jy die betrokke kursus op die webbladsy van die Sentrum vir Kontekstuele Bediening (www.ccm.up.ac.za) oproep by Afrikaans 'akademiese programme'.
JEUGBEDIENING P00046 (Tweetalige Aanbieding)
Doel van die kursus: Die bediening aan kinders en jongmense in Suid- en Suider Afrika is ‘n groot uitdaging. Deur hierdie kursus word leraars en ander jeugleiers opgelei en gemotiveer om 'n effektiewe bediening aan klein kinders, tieners en jongmense te behartig binne die Suid- en Suider Afrikaanse konteks.
Kursusleier: Prof Malan Nel. Verskeie ander dosente
Plek en Datums: Pretoria:
Week 1: 31 Mei - 03 Junie 2010 Week 4: 07- 10 Feb 2011 Week 2: 06 - 09 Sep 2010 Week 5: 03 - 06 Mei 2011 Week 3: 22 - 25 Nov 2010 Week 6: 15 -18 Aug 2011 |
SEKSUALITEIT P000309 (Tweetalige Aanbieding)
Doel van die Seminaar: Baie mense in ons gemeenskap is fisies, verstandelik en emosioneel verwond as gevolg van seksuele mishandeling (molestering, verkragting, bloed-skande, ens). Die doel van hierdie seminaar is om leraars en ander beraders toe te rus om mense wat deur seksuele trauma gegaan het, 'n aborsie of miskraam beleef het of wat aan seks of pornografie verslaaf is (insluitend internetseks), by te staan en te begelei na 'n plek van genesing.
Kursusleier: Dr Ilse Gravett
Plek en Datum: Pretoria: 07 Junie 2010
PREDIKING P000042 (Tweetalige Aanbieding)
Doel van die kursus: Prediking is een van die belangrikste maar tegelyk ook een van die mees uitdagende bedienings in die Kerk. Die doel van hierdie kursus is om leraars verder toe te rus en te motiveer om effektief te kommunikeer wanneer die evangelie binne die Suid-Afrikaanse konteks in die vorm van prediking oorgedra word.
Kursusleiers: Prof Malan Nel en Dr Nelius Steyn
Plek en Datum: Pretoria: Week 1: 07 - 10 Jun 2010 Week 2: 18 - 21 Oct 2010
RADIO KOMMUNIKASIE P001599
Doel van die kursus: In Suid-Afrika is ons in die gelukkige posisie dat daar steeds heelwat geleenthede is vir leraars om radio-boodskappe te lewer. Die huidige vereistes by die SAUK is dat leraars wat radio-boodskappe wil lewer, in staat moet wees om die radio as medium te benut. Daarbenewens moet hulle weet watter vereistes radio-prediking stel en die eiesoortige kenmerke van die radio as 'n kommunikasiemedium kan aanwend in hul voorbereiding en lewering van die boodskappe.
Hierdie kursus is daarop gerig om leraars en teologiese studente in staat te stel om met kundigheid die korrekte voorbereiding vir radio-uitsendings te doen en op innoverende en kommunikatiewe manier die radio te benut. Tydens die kursus word kursusgangers blootgestel aan alternatiewe wyses om die evangelie oor die radio te bring as net prediking.
Kursusleier Dr Flip Loots
Plek en Datum: Bloemfontein: 07 – 09 Junie 2010
OPLEIDING VAN MENTORS P001466
Doel van die kursus: Pastors beleef dikwels dat hulle in hulle eie persoonsontwikkeling stagneer. Dit is een ding om kennis op ‘n wye front te ontwikkel, maar waar kry hy of sy objektiewe terugvoer en insette wat hulle lewens kan verander?
Die kursus het ten doel om leraars op te lei om mentors te kan wees vir ander in die bediening, maar ook om ‘n mentorprogram vir hulle gemeentes te ontwikkel.
Kursusleier: Dr Johan van den Heever
Plek en Datum: Pretoria: 08 – 10 Junie 2010
Wie leef, leer. Wie leer, leef.
Jy is welkom as student by die Sentrum. Kontak ons gerus.
Web: www.ccm.up.ac.za E-pos: suki.vanjaarsveld@up.ac.za
Ek hoop om jou in een van ons geleenthede vir voortgesette bedieningsontwikkeling te sien.
Malan Nel Direkteur: Sentrum vir Kontekstuele Bediening
Ferdi Clasen Programkoördineerder: Excelsus
|