In die eerste kwartaal van 2010 het daar 'n paar boeke by Christelike Uitgewersmaatskappy verskyn. Ek stel graag twee van hierdie boeke op teo.co.za bekend.
In die eerste kwartaal van 2010 het daar 'n paar boeke by Christelike Uitgewersmaatskappy verskyn. Ek stel graag twee van hierdie boeke op teo.co.za bekend.
Wie sê julle is Ek? - Jan van der Watt, Stephan Joubert, Francois Tolmie en Pieter de Villiers
Jesus het meer as 2 000 jaar gelede vir sy dissipels gevra: "Wie sê julle is Ek?" En Petrus het vol bravade geantwoord: "U is die Christus, die Gesalfde van God." Met Petrus se latere verloëning in gedagte
In Wie sê julle is Ek? ondersoek vier Suid-Afrikaanse Nuwe-Testamentici, Jan van der Watt, Stephan Joubert, Francois Tolmie en Pieter de Villiers, wat deur die eeue heen oor Jesus gesê is. Hulle delf ver in die verlede in en luister onder andere wat die dissipels, Jesus se volgelinge, sy familie en die vroeë kerkvaders oor Hom gesê het. Maar hulle hou nie daar op nie, hulle gee ook vir lesers 'n blik op dit wat sy teenstanders en selfs die inwoners van die geestelike wêreld van Hom gesê het.
Die gedeeltes oor wat die engele en die duiwels oor Jesus sê, is insiggewend. Ook die opmerkings van die vroeë nie-Christelike skrywers en die sienings van ander godsdienste oor Jesus boei.
Wie se julle is Ek? rus lesers toe om 'n persoonlike belydenis oor Jesus Christus te formuleer, om die vraag “Wie is Jesus vir my?” te probeer beantwoord.
Jy
Baie Christene ervaar 'n gevoel van mislukking omdat hulle nie heeltemal is wat hulle behoort te wees nie.
In Jy
Die talle "Hoe om te ... "-hoofstukke fokus op die aanwending van die oorvloedige hulpbronne wat tot elke gelowige se beskikking is. Veral die gedeelte “Hoe om lyding te trotseer” is van waarde. Die boek eindig met ‘n kort beskrywing van die opwindende voouitsigte waarna elke gelowige
As jy wil weet wat dit beteken om 'n Christen te wees en hoe om 'n oorwinnende lewe te lei, is Jy