Inleiding
Deuteronomium 6:4 stel dit baie duidelik: Luister
As ‘n mens die verhaal van
Argeologiese getuienis van Khirbet el Qom en Kuntillet Ajrud
Daar was ‘n tyd in die middel van die negentiende tot die vroeg twintigste eeu toe die hoop op argeologiese ontdekkings gevestig is om die Bybel as geskiedkundig ‘waar’ te bewys. Hierdie hoop het toenemend beskaam. Bittermin Bybelse ‘feite’ het opgeduik, maar die vele artifakte en potskerwe het tog interessante oorblyfsels van die alledaagse sosiale en kulturele praktyke opgelewer. Maar argeologiese ontdekkings in die laat-sestigerjare van die vorige eeu, sou opspraakwekkende getuienis lewer. Dit het te make met opgrawings wat op twee argeologiese terreine gedoen is: Khirbet el Qom, en Kuntillet Ajrud. Teen die mure en op potskerwe is inskripsies gevind wat dateer uit die agtste tot sewende eeu vC.
Khirbet el Qom is ‘n klein dorpie, iewers tussen Lagis, Tel Beit Mirsim en
Twee jaar later word opgrawings by Kuntillet Ajrud gedoen, ‘n terrein ongeveer 50 km suid van Kadesh Barnea. Gedurende die agtste – sewende eeu vC het moeë handelsreisigers hier soms vir die nag uitgespan en ook hul diere laat rus. Die doel van die opgrawings was aanvanklik om vas te stel waar die grens tussen Juda en Egipte in die voor-eksiliese tyd gelê het, maar heeltemal iets anders het opgeduik. Nog meer eksplisiet as by die graftombes, was die woorde op twee potskerwe: iemand wens ‘n ander die seën toe in die naam van ‘JHWH en [sy] Asjera’.
Wie of wat was A/asjera?
Die debat oor bogenoemde inskripsies is nog lank nie uitgewoed nie. Oor die grammatika en presies waarna ‘asjera’ verwys, word baie hare gekloof – want die inskripsies is oud en verweer, en die navorser se interpretasie en verbeelding speel geen geringe rol nie! Maar terwyl argeoloë en linguiste vuisslaan oor die interpretasiemoontlikhede van die ontdekkings, besin Bybelwetenskaplikes opnuut oor die teenwoordigheid van Asjera in die Hebreeuse Bybel.
Die Hebreeuse Bybel verwys op ‘n hele aantal plekke na die godin Asjera, en doen dit op ‘n neerhalende, veroordelende wyse. Ek noem enkele tekste:
Die laaste twee tekste wat ek aangedui het, belig ‘n ander probleem: die probleem van vertaling. ‘Asjera’ word ook elders in die Hebreeuse Bybel vermeld, en word dan slegs met ‘gewyde paal’ vertaal (vgl Deut 16:21; Rig 6:25; 1 Kg 14:23; 2 Kg 18:4;). Geleerdes is dit redelik eens dat die gode en godinne in die Ou Nabye Ooste ook deur simbole voorgestel kon word, en dat die sogenaamde ‘gewyde paal’ ‘n simbool of verteenwoordiging van die godin Asjera is. Maar wat heeltemal verwarrend is, is Asjera se koppeling met die god Baäl.
Volgens Kanaänitiese teologie, was Asjera die gade van El, die hoofgod van die Kanaänitiese panteon. Baäl het op die tweede vlak van die hiërargie gelê met sy eie twee vroue/susters, Anat en Astarte. Wat verder uiters vreemd is, is dat Anat aan Baäl se sy ‘n hoofrol in die Kanaänitiese mitologie speel en Astarte se aandeel eintlik minimaal is; Astarte is egter die een wat haar plek in die Hebreeuse Bybel vind, maar Anat word nie een keer genoem nie. Waarom die verwarring?
Die moontlikheid bestaan dat die skrywers van die Hebreeuse Bybel Asjera met opset wou minag deur haar met ‘n mindere god in verband te bring. Maar dit is ook moontlik dat die Kanaänitiese El en die Hebreeuse Elohim met mekaar verwar
Godsdiens van die volk
Die getuienis van Khirbet el Qom en Kuntillet Ajrud dui verder daarop dat die hele idee van ‘n ‘suiwer godsdiens’ naas ‘afgodsdiens’ in Israel herbedink moet word. Inskripsies soos ‘JHWH en sy Asjera’, en tekste soos 2 Konings 21 en 23 wat Asjera se teenwoordigheid ten nouste met die tempel in Jerusalem verbind, laat die vermoede ontstaan dat daar ‘n wydverspreide kultus van Asjera in Ou Israel was. Argeologiese opgrawings het onder andere ook beeldjies van godinne (wat duidelik met vrugbaarheid verband hou) opgelewer. Ook dit
Die werklike godsdiens van Ou
Die tempel ten tye van Salomo se regering was ‘n kragtige religieuse simbool, maar was in die eerste plek ‘n koninklike onderneming, ‘n bouprojek wat uit regeringskringe van stapel gestuur is. Hier is nie openbare religieuse rituele uitgevoer nie, hier het alles om die kultus van die koninklike familie gedraai, en die belangrikste funksie was om die outoriteit van die koning te legitimeer as Jahwe se aangewese verteenwoordiger. Vir die alledaagse lewens, die godsdienstige oortuiginge en praktyke van die oorgrote meerderheid van die bevolking was die tempel-teologie nie regtig relevant nie. Baie mense het nie in
Monoteïsme
Die belangrikste mense, die koning, die adel, die priesters en skrifgeleerdes is weggevoer na ‘n vreemde land, en die armstes van die armes het agtergebly. Maar daar ver, weg van eie bodem, word die eerste fondamente vir ware monoteïsme gelê. Dit is tog ironies dat die eerste geredigeerde weergawe van die Hebreeuse Bybel nie ‘n produk van die glorieryke dae van die Jerusalemse tempel is nie, maar uit ‘n ervaring van gebrokenheid van wanhoop in ‘n vreemde land gebore is. Monoteïsme kry gestalte in die periode van die ballingskap, gedurende die sesde eeu vC.
Hoe het dit gebeur? Redelik gesproke moes alle gode, JHWH inkluis, as gevolg van die ramp sterf, niks moes die katastrofe oorleef het nie. Nòg familiegodsdiens, nòg familiegode
Monoteïsme is ‘n teologiese antwoord op ‘n tragiese gebeure. Dit het nie uit volksgodsdiens of familiegodsdiens ontwikkel nie, maar vanuit teologiese nadenke oor ‘n grootskaalse katastrofe. Vanuit die ballingskap kyk geleerdes terug op die geskiedenis van
Die hele Hebreeuse Bybel word gestempel deur nadenke oor ‘n ervaring van verlies en rampspoed. Uit hierdie toestand word gebore wat ons vandag ‘Bybelse geloof’ in een God noem.
Bronne