Die wortels van die negentiende eeuse
historiese verstaan van die Ou Testament en veral die Pentateugkritiek
asook
die groei van die histories-kritiese metode moet in die Reformasie en
ook
Johannes Calvyn gesoek word (vgl Pitkin 2009:341-371). Hy het hoegenaamd
geen
klaaruitgewerkte historiese metode of denke gehad nie en iemand het hom
inderdaad nog ‘vorkritisch’ genoem (Reventlow 1997:132), maar dit lê in
die
tipe vrae wat hy aan 'n teks gevra het en dié soort inligting wat hy
gesoek het
om 'n teks te begryp. En natuurlik was hy nie die eerste of die enigste
nie,
maar in die lees en herlees van Calvyn se kommentare ontdek 'n mens tog
telkens
nuwe fasette sy eksegese.
Die wortels van die negentiende eeuse
historiese verstaan van die Ou Testament en veral die Pentateugkritiek asook
die groei van die histories-kritiese metode moet in die Reformasie en ook
Johannes Calvyn gesoek word (vgl Pitkin 2009:341-371). Hy het hoegenaamd geen
klaaruitgewerkte historiese metode of denke gehad nie en iemand het hom
inderdaad nog ‘vorkritisch’ genoem (Reventlow 1997:132), maar dit lê in die
tipe vrae wat hy aan 'n teks gevra het en dié soort inligting wat hy gesoek het
om 'n teks te begryp. En natuurlik was hy nie die eerste of die enigste nie,
maar in die lees en herlees van Calvyn se kommentare ontdek 'n mens tog telkens
nuwe fasette sy eksegese.
'n Reaksie op die
Middeleeue
In hulle poging om die Middeleeue se
teologie te oorwin, het die Reformatore op ’n baie eenvoudige wyse histories
begin dink. Dit was geensins maklik nie want eers moes met die Middeleeuse kerk
en die tradisie gebreek word. En in dié tyd was die kerk alles. Dit was die
allesomvattende betekenishorison waarbinne die Skrif verstaan is. Dit het die
norm vir alle Skrifuitleg bepaal; dit het die verstaanskonteks van die Skrif
geword; dit het 'die groot eksegeet' geword. Eintlik was dit ’n wonderlike tyd
waarin kerk, geloof en Skrif sonder spanning bymekaar was. Dit was ook so ’n
warm en gerusstellende gedagte: aan die boesem van die 'mater ecclesia', die
moederkerk is die gelowige getroos en daar is hy geleer om die Skrif te
verstaan; in die midde van die kerk en te midde van soveel ander gelowiges is
die Skrif se betekenis eers ten diepste begryp (Adam 1968:168-171).
Met die Reformasie het
hierdie knusse verhouding tussen Skrif en kerk verdwyn, en in die proses het
die tradisie ook in die slag gebly. Iets moes toe in die plek daarvan kom en
dit was die geskiedenis of dan ’n historiese nadenke oor die Skrif. Uiteraard
het nog Luther nog Calvyn die historiese kritiek geken of diepgaande navorsing
gedoen want hulle was te besig. Amper elke dag moes hulle preek en die Woord
uitlê en daar was geen tyd om nog riglyne vir die historiese verstaan van die
Bybel te formuleer nie. Hulle het slegs iets gesuggereer wat deur ander tot sy
logiese konsekwensies gevoer is. En soos ons nog sal sien, het hierdie
historiese bloeisel van die Reformasie eers by die Aufklärung, maar veral in
die negentiende eeu tot volheid geblom (Le Roux
1985:1-18).
Calvyn is
deur ander gevorm
Intense (wetenskaplike!) studie van die Bybel
was 'n kenmerk van die vroeë Reformasie en Calvyn is diepgaande hierdeur
beïnvloed. Veral die Bo-Rynse Skool met Strasbourg as sentrum, was belangrik.
Aan die begin van die sestiende eeu het Strasbourg skielik 'n intellektuele
sentrum geword wat die jong geleerdes van die reformatoriese beweging tot harde
Skrifstudie aangevuur het. Die was 'n opwindende era waarin hierdie jonges hard
gewerk het, druk met mekaar gekorrespondeer het en saam oor die ‘literêre’
uitlewing van die nuutgevonde geloof gedink het. In hierdie borrelende
intellektuele konteks het die kommentaar
toe die vehikel geword waardeur hulle die nuwe verwoord het (vgl Adam
1968:175-179).
Wolfgang Capito en Martin Bucer was
belangrike leiers van dié groep en elkeen het in 1526 'n kommentaar op die Ou
Testament gepubliseer. Bucer oor die psalms en Capito oor Habakuk. Nog
kommentare het gevolg en 'n kenmerk van dié groep was die groot moeite met die
Hebreeus. Eintlik was die studie van die Hebreeuse taal en grammatika die
vertrekpunt van alle eksegese (Hobbs 2008:453-455). Daar was aanvanklik ook
hartlike kontak met die eksegete van Wittenberg soos Johannes Bugenhagen en
Philip Melanchthon, maar verskille oor die avondmaal het die verhoudinge laat
versuur. Bucer het hard probeer om die breuke te heel, maar sonder veel sukses
(vgl Oftestad 2008:602-618).
Calvyn het dié mense se werke geken
en is ook sterk deur hulle beinvloed, maar hy was ook krities. Volgens hom was
Melachthon goed, het te vroeg gestop. Hy het net die hoofpunte van elke
gedeelte saamgevat en daarmee was hy tevrede. In die proses het hy belangrike
sake nagelaat. Bucer was 'n man van groot geleerdheid, maar hy het sy lesers
met soveel inligting oorlaai dat hy hulle uiteindelik verloor het. Zwingli het
ook deurgeloop: hy het wel volgens Calvyn eksegetiese talent gehad, maar hy was
onnoukeurig omdat hy te vry met die teks omgegaan het; in die proses het hy die
teks se boodskap misgelees. Oor Luther is ook 'n harde woord gespreek: dié man
het nie noukeurig genoeg met die teks se grammatika omgegaan nie en het die
historiese konteks verwaarloos; sy eie teologie het te maklik deel van sy
eksegese geword (Opitz 2008:432-433). Hieroor het Calvyn 'n duidelike siening
gehad: eksegese is 'n intense fokus op die teks en nie 'n bespreking van
teologiese loci of strydpunte nie (Inst. III, 6, 18-28).
Calvyn het hierdie skrywers se werke goed geken en hy het dit ook
verinnerlik, maar hy wou sy eie weg volg en het altyd oor regte manier van
eksegese nagedink. Hy
kon die onhistoriese lees van die Ou Testament nie verduur nie. Vergeesteliking
of allegorie het die teks vernietig want dit was 'n eiegeregtige lees van die
Skrif wat die historiese konteks misgelees en die skrywer se bedoeling
heeltemal misverstaan het (vgl De Knijff 1980:46-55). Vir Calvyn was die historiese
dimensies van die teks onontbeerlik. 'n Mens sien dit al in sy vroeë werk oor
Seneca se ‘De Clementia’ waarin hy getrag het om Seneca binne sy historiese
konteks te begryp (vgl Hugo 1957). In die eksegese van die Ou Testament moet
daar altyd die strewe wees om die ‘oorspronklike betekenis’ vas te stel; dit
kan net gebeur wanneer die Hebreeuse teks en grammatika as vertrekpunt geneem
word; wanneer die historiese konteks vasgestel en die teks binne sy historiese
konteks begryp word; dan eers kon 'n mens eers outeursintensie verwoord.
'n Egte historiese verstaan van die
Ou Testament sou eers vanaf die negentiende eeu kon
gebeur, maar voordat dit kon plaasvind, moes almal eers die felle krag van die
Aufklärung voel. Later daaroor meer.
Tekste het kontekste
’n Voorbeeld van so ’n ‘historiese’
opmerking vind ons in Calvyn se Genesiskommentaar. Hy het Moses se outeurskap
aanvaar, maar aan die begin van sy kommentaar vra hy 'n baie belangrike vraag.
Waar sou Moses die inhoud van Genesis gekry het? Waar sou hy van die skepping
en die aartsvaders en Josef geleer het? Hy sou dit tog nie uit sy duim gesuig
het nie, maar het eeue lange oorleweringe gebruik. Moses het die verhale wat
die voorvaders oor en oor vertel het, oorgeneem en verwerk. In embrio het ons
reeds by Calvyn die gedagte dat die Pentateug 'n lang oorleweringsgeskiedenis
deurloop het. Tradisies is van geslag tot geslag oorgelewer en is eers heelwat
later op skrif gestel. Die Pentateug se ontstaan was 'n baie menslike proses
waaraan vele oor baie jare gewerk het (Comm Genesis, Voorwoord).
So 'n ‘historiese’
siening het die deur oopgemaak om tekste binne kontekste te verstaan. Of
miskien moet 'n mens dit eerder só sê: daar was 'n gevoeligheid vir histsoriese
kontekste want sommige tekste
Daar is dalk nog iets wat by 'n historiese lees pas en dit is
nederigheid. As 'n mens net 'n klompie bladsye uit verskillende kommentare van
Calvyn lees, word baie voordele afgebreek en word sy nederigheid ontdek. In 'n
aantal preke waarin die boek Job uitgelê is, het hy die eksegese van bepaalde
perikope met dié woorde afgesluit: ‘Laat ons ons voor ons goeie God neerwerp’
of ‘Laat ons voor die majesteit van ons goeie God buig’. Dit is tog nie die
taal van iemand wat die Skrif in finale terme wou uitlê nie; van iemand wat
meen dat hy in absolute terme die finale boodskap van die Ou Testament kon
verklaar nie; van iemand wat met sy eksegese wou domineer nie (Pred Iob,
XXIX-XXXIII). Met dié woorde het Calvyn eerder die grense van sy eie uitleg
aangedui; wou hy eerder sê dat niks finaal is nie en alles vir nuwe besinning
oop is.
Slot
Baie jare gelede
het ek die voorreg gehad om 'n dag met Heiko Obermann, die beroemde
Renaissance- en Reformasiekenner hier in Pretoria deur te bring. Hy het baie
dinge gesê wat ek nou nog onthou en een was sy kritiek op 'n eensydige fokus op
die ‘Institusie’ en sy opmerking dat 'n mens Calvyn wyd moet lees. Op daardie
stadium was Obermann besig met Calvyn se Franse preke en het gesê dat hy in dié
preke Calvyn se eintlike hartklop voel. Sy opgewondenheid oor hierdie hartklop
sal ek nooit vergeet nie en ook die opmerking dat hy op daardie stadium omtrent
alles wat Calvyn ooit geskryf het, gelees het. En dat dit juis in die
voortdurende lees van Calvyn is dat 'n mens telkens nuwe insigte in sy teologie
Eers in die konfrontasie met die oorspronklike tekste van Calvyn
En dít moet ook doel van Calvynstudie wees: die herontdekking van ons Reformatoriese tradisie, die herbelewenis van die sestiende eeuse Calvinistiese reformasies deur middel van deeglike bronnestudie; van intense bemoeienis met oorspronklike Latynse, Franse en ander bronne.
· Adam, A. 1968. Lehrbuch der Dogmengeschichte, vol II. Gütersloh: Gerd Mohn.
·
Bernstein, R J 2002. The constellation of Hermeneutics, critical
theory and deconstruction, in Dostal, R J (ed), The
· Calvyn, J. A commentary on Genesis.
· Calvyn, J. Calvin’s Commentaries: Minor prohets, Vol II.
· Calvyn, J. Calvin’s Commentaries: Minor prohets, Vol III.
· Calvyn, J. Calvin’s Commentaries: Minor prohets, Vol IV.
· Calvyn, J. Stemmen uit Geneve. Preken, atikelen, brieven, ens. Gereformeerde
Biblioteek, Goudriaan, 1970.
· De Knijff, H W 1980. Sleutel en slot. Kampen: Kok.
·
·
Hugo, A 1957. Calvijn en Seneca. Een inleidende
studie van Calvijns Commentaar op Seneca, De Clementia, anno 1532.
· Körtner, H J 2006. Einführung in die theologische Hermeneutik, Darmstadt 2006, 11-15
· Le Roux J H 1995. 'n Lewe met die
vaders. Skrif en
Kerk 16/2, 1-18.
· Oftestad, T 2008. Further developments of reformation hermeneutics, in Sæbø,M(ed), Hebrew Bible/Old Testament. The History of its Beginnings, vol 2, 602-616. Göttingen: Vandenhoeck & Ruprecht.
· Opitz, P 2008. The exegetical and hermeneutical work of John Oecolampaius, Huldrych Zwingli and John Calvin, in Sæbø,Moses (ed), Hebrew Bible/Old Testament. The History of its Beginnings, vol 2, 407-451. Göttingen: Vandenhoeck & Ruprecht.
·
Pitkin, B 2009. John Calvin and the interpretation of the Bible,
in Hauser, A & Watson, D F, A history
of biblical interpretation.
· Reventlow, H.G. 1997. Epochen der Bibelauslegung. Renaissance, Reformation, Humanismus vol III: München: C.H. Beck.
· Welker, M 2008. Sola Scriptura. Die
Autorität der Bibel in pluralistischen Umgebungen, in
·
Wood, S K 1998. Spiritual Exegesis and the church in the
theology of Henri de Lubac.