Op
14 Julie vier
Franse wêreldwyd ‘Bastille’-dag. Met die welbekende slagspreuk liberté, égalité, fraternité,
word
die Franse Rewolusie ingelui. Vryheid, gelykheid en broederskap is
voortaan
Franse volk se motto. Die mure van die Bastille tuimel ineen, en die
volk is
bevry van die mag en onderdrukking van die koning en die kerk. Voortaan
het
almal gelyke regte en ‘n gelyke sê in die regering van die land. L’ancien régime is vir altyd verby, viva la république!
Op 14 Julie vier
Franse wêreldwyd ‘Bastille’-dag. Met die welbekende slagspreuk liberté, égalité, fraternité, word
die Franse Rewolusie ingelui. Vryheid, gelykheid en broederskap is voortaan
Franse volk se motto. Die mure van die Bastille tuimel ineen, en die volk is
bevry van die mag en onderdrukking van die koning en die kerk. Voortaan het
almal gelyke regte en ‘n gelyke sê in die regering van die land. L’ancien régime is vir altyd verby, viva la république!
14 Julie 1789
Rien – niks. Koning Louis
XVI skryf slegs een woord oor hierdie dag in sy dagboek, en hy gaan slaap in
die koninklike paleis te
Sowat 15 km verder lê Parys. Hier broei die onrus. In donker
stinkende strate vol vullis en riool sluip mense honger rond.
Vroeg die oggend van 14 Julie doen gerugte die rondte dat daar
militêre troepe op pad is. Hierdie keer is dit die waarheid. Die koning se
troepe kom. En die
Markies Bernard de Launay staan in beheer van sake. Hy sien die
oproer kom, maar hy is voorbereid. Sy garnisoen bestaan uit sowat tagtig
pensionarisse van Les Invalides, (die
militêre hospitaal) en dertig Switserse wagte van die militêre kollege. Teen
die oormag van die oproerige
Voor die gapende bekke van die kanonne deins die
De Launay weier, beleefd dog ferm: dit
So gaan dit aan, die res van die oggend. Elke keer dieselfde versoek, dieselfde antwoord. Beleefd, dog ferm. En toe raak die skare ongeduldig. Hulle klim op die dakke en val die gebou aan met hul byle, pikke en grawe. Aanvanklik begroet Launay en sy manne die aanval met ‘n salvo wat die massas laat terugdeins, maar spoedig knetter die lug met geweerskote. Die koning se troepe wat die oggend in aantog was, draai teen hul heer en sluit aan by die massas. En sake neem ‘n noodlottige wending.
De Launay besluit om oor te gee. Maar die massas het bloed geruik, en wil niks weet van oorgawe nie. Die mag is in hul hande.
Die pensionarisse het ook genoeg gehad. Hulle laat sak die valbrug, gooi die hekke oop en gaan staan teen die muur, hande in die lug. En die massas dring deur tot die binne-hof. Die Bastille het geval.
‘n Bloedige slagting volg. Die amptenare van die Bastille word wreed tereggestel. Arme De Launay se lot is die mees tragiese. Hy word gesleep tot voor die stadsaal, oënskynlik onder bewaring. Maar daar oorweldig die massas sy bewaarders, sny sy keel en kap sy kop af. Dié steek hulle op ‘n hooivurk en paradeer daarmee deur die strate van Parys.
Later in die aand onthou iemand skielik dat daar dalk gevangenes in die kerkers van die Bastille mag wees. Maar die sleutels is nêrens te vinde nie. As die besitter daarvan nie reeds om die lewe gebring is nie, is hy besig om aan die triomftog deel te neem. Een oplossing: breek die deure af. Wat kry hulle? Sewe prisoniers onder wie: ten minste een stapelgek was, en summier na die plaaslike malhuis gestuur is; ‘n paar swendelaars; die seun van ‘n aristokraat wie se eie pa hom in die tronk laat stop het as gevolg van sy wilde en losbandige lewe. Dis al.
Gedurende die nag word berig van die dag se gebeure aan die koning
te
‘O, nog ‘n opstand?’ gaap hy verveeld.
‘O nee my heer,’ kom die antwoord, ‘dis ‘n rewolusie dié …’
Hoekom het dit gebeur?
Die Oorsake van die Franse Rewolusie – maar is daar werklik so-iets?
Bastille-dag, simbool van vryheid, gelykheid en broederskap tussen en vir alle mense, was iets tussen ‘n diepe tragedie en ‘n groot klug. Hoe het dit tot hiertoe gekom?
Armoede en hongersnood. Kospryse klim die hoogtes in terwyl die meeste mense vir minder as ‘n hongerloon moet werk. Frankryk is in ‘n finansiële gemors. Alles die resultaat van die reeks oorloë wat Louis XV gevoer het. Van sy oupa en voorganger het Louis XVI net probleme geërf. Hy doen sy bes om die situasie te beredder deur ‘n nuwe finansiële adviseur aan te stel – Jacques Necker. Necker besluit dat Frankryk die Amerikaanse Rewolusie moet steun en die Amerikaners help om los te kom van die tirannie en onderdrukking van die Britse regering. Frankryk moet liewers internasionale lenings aangaan in plaas daarvan om die reeds hoë belastings nog verder die hoogtes in te druk. Dit lyk na ‘n goeie plan: die haat tussen die Franse en Engelse is immers so oud soos die geskiedenis self.
Maar die plan misluk tragies. Behalwe vir ‘n erger finansiële krisis, het hierdie stap vanuit koninklike regeringskringe juis momentum verleen aan ‘n beweging wat hulle later tot ‘n val sou bring: rewolusie.
‘n Mens moet ook nie die gees van die tyd onderskat nie. Denkstrominge van die Aufklärung was in volle swang, en in kroeë en kafees het gegsprekke gegons rondom idees van John Locke, Jean Jacques Rousseau, Voltaire en ander filosowe van die tyd. Maar ‘n mens moet onthou dat les philosophes in Frankryk voor 1789 nooit die doelbewuste intensie gehad het om die Franse regering en die monargie tot ‘n val te bring nie. Veel eerder was hierdie geleerdes daarop uit om ‘n ‘rewolusie van idees’ teweeg te bring, om mense tot individuele en selfstandige denke te begelei. Selfs Rousseau se Contract Social – ou Principles du Droit Politique waarin hy die uitgangspunt handhaaf dat mense self die mag moet hê om hul eie wette te maak, was eerder sosiologies filosofies as polities anargisties van aard. Hierdie intellektueles van die tyd wou deur middel van die koning ‘n ander soort regering teweeg bring. Hulle wou die monargie her-organiseer, nie dit vernietig nie. Eers later sou hul geskrifte binne ‘n onmiskenbare polities rewolusionêre raamwerk geïnterpreteer word.
Hoe ook al, in die tweede helfte van die 18e eeu was Parys nie ‘n aangename plek om te wees nie. Die grootste gedeelte van die bevolking was honger en ongelukkig, en die adel was bang. Hulle het moeilikheid sien kom.
Miskien het die grootste probleem by
die koning, Koning Louis XVI self gelê. ‘n Despoot? Onderdrukker?
Inteendeel.
Hy was opreg, vredeliewend en baie godsdienstig. Terselfdertyd was hy teruggetrokke en verskriklik skaam, en baie toegewyd aan sy gesin. Hy het dit bitter moeilik gevind om na mense uit te reik of vriende te maak. Daarom was hy ook nie regtig in kontak met die nuwe idees wat in omloop was nie. Veel eerder sou hy hom in sy werkswinkel onttrek waar hy slotte reggemaak het, of in sy biblioteek waar hy hom in wiskunde verdiep het. Sy grootste buitemuurse aktiwiteit was om te jag, en wee die dag as hy niks gekry het nie! Rien – die inskrywing in die koninklike dagboek van 14 Julie 1789 - het waarskynlik op ‘n jagtog betrekking.
Geïsoleer in sy groot paleis, het Louis XVI vas geglo dat hy deur die wil van God regeer, juis in ‘n tyd waar hierdie idees skerp gekritiseer, selfs verwerp is. Sy swakste eienskap was dat hy nie eintlik besluite kon neem nie, miskien deels as gevolg van die feit dat staatsaangeleenthede hom nie regtig interesseer het nie. Dié het hy dikwels in die hande van soms minder bevoegde amptenare oorgelaat met noodlottige gevolge – waarvan die Rewolusie een was. Ironies het hyself op ‘n keer gesê dat ‘n koning altyd na die openbare mening behoort te vra, want dit is nooit verkeerd nie. Dit het hom sy kop gekos.
Die verkeerde persoon op die verkeerde tyd op die verkeerde plek.
Slot
Na 14 Julie 1789 was die proses onmkeerbaar: vir die Franse koningshuis was dit ‘n kwessie van tyd. Louis XVI se mag is stap vir stap van hom weggeneem totdat hy en sy gesin uiteindelik vir hul lewens moes vlug. Vir Frankryk was dit ‘n onstuimige tyd, gekenmerk deur anargie, onluste en slagting. Binne die sentrale regeringsliggaam het verskeie partye ontwikkel wat nie met mekaar kon saamwerk nie. Selfs toe die Franse bevolking hul sin kry en die koning se kop laat afkap, volg die tydperk van die Regering van Terreur waarin manne soos Maximilien Robespierre ‘n skrikbewind voer en duisende mense om die lewe bring. Maar Robespierre se eie kop rol onder die guillotine. Nog ‘n ironie: hyself het in die wet laat inskryf het dat enige individu wat die nasie se soewereiniteit onregmatig vir homself toe-eien, onmiddellik deur die vrye burgers tereggestel sal word. Op grond van hierdie wet is hyself tereggestel. ‘n Nuwe vlaag van rebellie en wanorde volg – maar dit sou nie meer vir lank duur nie. Want ‘n nuwe jong Korsikaanse kaptein is stadig maar seker om vinnig opgang te maak. Sy naam is Napoleon Bonaparte.
Wanneer hy op 5 November 1799 oorneem en vir die volgende 16 jaar as diktator regeer, lyk dit asof hy ‘n streep trek deur alles waarvoor die Rewolusie geveg het. Maar niks kon die gebeure van 14 Julie 1789 ongedaan maak nie. Liberté, égalité, fraternité het ‘n realiteit geword, en hierdie ideale bly tot vandag die nalatenskap van die Rewolusie aan die Franse volk.
Bronnelys