Figure wat deur die lug trek, ‘n bok, ‘n donkie en ‘n hoenderhaan, ‘n gekruisigde Jesus bedek met ‘n Joodse lendedoek en marsjerende Nazi-soldate, kleure wat braaf en onverskrokke vanuit die skilderdoek ween en juig oor die lewe...
So beskryf Henry Miller hom: ‘a poet with the wings of a painter’.
Marc Chagall se kuns is ongewoon. Enersyds neig hy na kubisme, teken hy disproporsionele figure, speel hy met geometriese vorming en ontvorming. Andersyds plaas hy diere waar hulle nie hoort nie, skilder hy selfs mense met dierekoppe wat sterk surrealisties voorkom. Maar uiteindelik, alhoewel hy met beide kubisme en surrealisme geflankeer het, het hy albei afgesê en sy eie unieke kunsvorm gekies.
Waar het dit begin?
Moyshe Shagal is op 7 Julie 1887 in
As ‘n mens nie
Maar alle drome is nie mooi nie. Marc Chagall leef deur twee wêreldoorloë en beleef ‘n wêreldwye vlaag van anti-semitisme. Sy mense, die Jode word orals verdryf, moet elders ‘n heenkome probeer soek, en word koelbloedig om die lewe gebring. Die verhaal van Jesus se kruisiging gryp die Joodse kunstenaar só aan, dat dit ‘n tema in meer as een van sy skilderye word, nie as getuienis van sy geloof nie, maar wel as simbool van die lyding van die Jode. Jesus word vir Chagall die prototipe van die ‘lydende Jood’.
Tog bly die sentrale tema van Marc Chagall se kuns die liefde. ‘Ten spyte van al die tragedie van ons wêreld, het ek in my hart nooit die liefde prysgegee waarmee ek grootgeword het nie, ook nie die mens se hoop in die liefde nie. In die lewe, net soos op ‘n kunstenaar se palet, is daar slegs een enkele kleur wat sin aan die lewe en aan kuns gee – die kleur van liefde.’