Die hoë voorkoms van geweld in die huidige demokratiese Suid-Afrikaanse samelewing stel nie net aan die regering nie, maar ook aan die teologie en die kerke ‘n besondere uitdaging. Wat ons nou nodig het is heldere teologiese denke oor dié geweld en sinvolle leiding deur die kerke oor hoe dit hanteer moet word.
Die hoë voorkoms van geweld in die huidige demokratiese Suid-Afrikaanse samelewing stel nie net aan die regering nie, maar ook aan die teologie en die kerke ‘n besondere uitdaging. Wat ons nou nodig het is heldere teologiese denke oor dié geweld en sinvolle leiding deur die kerke oor hoe dit hanteer moet word.
Om ‘n bydrae te lewer tot die hantering van hierdie uitdaging reël die Sentrum vir Publieke Teologie van die Fakulteit Teologie van die Universiteit van Pretoria ‘n nasionale konferensie van Dinsdag 10 tot Donderdag 12 Augustus. Die hoofspeker is prof. Wolfgang Huber, pas-afgetrede voorsitter van die Raad van die Evangeliese Kerk in Duitsland (EKD). Hy is ‘n internasionaal bekende teoloog wat onder andere ‘n baanbrekende boek oor geweld geskryf het. Hy sal Dinsdagaand 10 Augustus om 19:00 ‘n openbare lesing hou oor die onderwerp Religion and violence in a globalised world en op Woensdagaand 11 Augustus weer om 19:00 een oor die onderwerp Overcoming violence – A basic task of Christian churches. Beide die openbare lesings is in die Sanlam Ouditorium in die konferensiesentrum van die Universiteit van Pretoria (hoofkampus), is gratis en is oop vir die publiek, met ander woorde ook vir persone wat nie vir die konferensie inskryf nie.
Afgesien van prof Huber neem ‘n hele aantal oorsese teoloë en ook Suid-Afrikaanse deskundiges oor die geweld in ons samelewing aan die konferensie deel. Veral vanweë die deelname van die oorsese sprekers sal die voertaal by die konferensie Engels wees.
Hier is ‘n oorsig van die sub-temas, sprekers en die onderwerpe van die referate:
The nature and causes of the violence:
· Jan Hofmeyr (Institute for Justice and Reconciliation, UCT): The social context of violence in SA: A public opinion perspective
· Johan Burger (Institute for Security Studies, Pretoria): SA’s violent crime profile: Trends and tendencies
· David Bruce (Centre for the Study of Violence and Reconciliation, Wits): The nature and causes of violent crime in SA
Engaging violence theologically:
The churches’ contribution in combating violence:
Facilitating reconciliation between groups
Advocacy for and accommodation of victims of xenophobia
Contribution to the healing of victims of violence
Educating for peace
Modeling peaceful existence
Prophetic witness
Plek: Sanlam Ouditorium, konferensiesentrum, hoofkampus, Universiteit van Pretoria
Duur: Dinsdag 10 Augustus 10:30 tot Donderdag 12 Augustus 13:00. Daar moet in ag geneem word dat daar ook die twee aandsessies (Dinsdag- en Woensdagaand) is waar prof. Huber sy openbare lesings sal lewer
Inskrywingsgeld: R 250 vir die hele konferensie. Dit sluit ook twee aandetes en vyf bedieninge van tee/koffie in. Om die inskrywingsgeld laag te hou, word middagetes nie ingesluit nie. Daar is egter genoeg plekke op die kampus waar kos gekoop kan word. Die inskrywingsgeld vir slegs een dag is R 125.
Inskrywingsprosedure en betaling van inskrywingsgeld: U kan vir die konferensie inskryf deur die gepaste bedrag in die volgende bankrekening in te betaal: Universiteit of Pretoria, Absa Bank, takkode: 632 005, rekeningnommer: 214 000 00 54, verwysing: A2209 (NB om die verwysingsnommer te meld) én deur u naam en kontakgegewens, asook bewys van betaling aangeheg, te e-pos na die e-posadres: centre.publictheology@up.ac.za nie later nie as die 4e Augustus.
Kontakpersone: As u enige navrae het, kan u met mev. Daleen Kotzé (tel. nr. 012-420 2348, e-posadres: daleen.kotze@up.ac.za (tot 30 Julie) of Cobus van Wyngaard (e-posadres: cobusvw@gmail.com) skakel.