Jy kom daar, en jy weet jy staan op heilige grond. Dennevingers tokkel onsigbare klawers. Die wind speel musiek deur die bome. Jy moet jou skoene uittrek.
Hier betree jy die mistiek van die natuur, en die pyn van die lewe.
Ainola …
Jy kom daar, en jy weet jy staan op heilige grond. Dennevingers tokkel onsigbare klawers. Die wind speel musiek deur die bome. Jy moet jou skoene uittrek.
Hier betree jy die mistiek van die natuur, en die pyn van die lewe.
Die storie …
In
Tog hoor Sibelius klank orals, in alles. Die klaaglied van ‘n seevoël resoneer in wit; die koekoek is ‘n bietjie vals, nóg majeur, nóg mineur, maar iets tussenin; iewers tussen A en F spoel die soel someraande vanaf die weivelde rondom Ainola teen hom aan; in sy sesde simfonie ruik hy die reuk van die eerste sneeu; en in die stilte van Ainola weergalm die groen kaggel oorverdowend in F-majeur.
Hy het die lewe geniet: altyd goed aangetrek, goeie kos en wyn waardeer, en slegs die beste Havana-sigare gerook. Natuurlik het dokters hom gewaarsku om op te hou rook, en op te hou drink. Hy het dit nie gedoen nie, en hulle almal oorleef.
So voel hy oor sigare:
‘Jy moet ‘n persoonlike verhouding met jou sigaar hê. Dit word woedend vir ‘n swak roker, en verseg om te brand. En as jy baie praat terwyl jy rook, straf die sigaar jou deur summier dood te gaan – en dan moet jy dit weer aansteek. Elke sigaar moet met respek en elegansie hanteer word.’
Hy voel hom veral aangetrokke tot die waadvoëls – net soos hy, lewe hulle sonder horlosie. Een oggend het hy soos gewoonlik gaan stap en ‘n swerm kraanvoëls gesien wat verbyvlieg. Een het skielik weggebreek en ‘n sirkel oor Ainola gemaak voordat dit weer by die res van die groep aangesluit het. ‘Die voëls van my jeug het gekom,’ merk hy teenoor Aino op, ‘hulle het gekom om my te kom haal.’ Twee dae later sterf hy.
Die realiteit …
Jean Sibelius het sy pa betreklik vroeg verloor. Die familie het Sweeds gepraat, maar die kinders is na ‘n Finse skool gestuur waar hulle spoedig met die Finse kultuur-erfenis vertroud geraak het. Hulle was nie baie ryk nie, maar ook nie te arm nie, en daar was genoeg geld om te sorg dat die kinders, soos wat dit goeie middelklas-kinders betaam, elkeen ‘n musiek-instrument leer bespeel. Janne, soos die familie hom geken het, het spoedig ‘n besondere voorliefde vir die viool ontwikkel. Sy ma wou bittergraag hê haar seun moet ‘n dokter of ‘n regsgeleerde word, en omdat hy haar nie wou teleurstel nie, het hy vir Regte aan die Universiteit van Helsinki ingeskryf – maar, sonder haar medewete, ook by die Musiek Instituut. As gevolg van sy groter belangstelling in musiek, het sy Regte-studies lelik in die slag gebly, en na ‘n jaar of so moes hy sy moeder inlig dat hy tot ander insigte gekom het. Hy sit sy studie in Musiek voort, eers in Berlyn en toe in Wene. Blykbaar gedurende hierdie tyd ontdek hy ‘n verdwaalde besigheidskaartjies van ‘n avonturier-oom wat hy nooit geken het nie, ‘n oom met die naam van Jean Sibelius, en dit het hom ook sy naam laat verander na Jean.
Sy droom was om eendag ‘n uitvoerende violis te word, maar daar was een groot probleem: hy was verskriklik skaam en ‘n allesoorweldigende angs het hom beetgepak as hy voor ‘n gehoor moes optree. Maar, gelukkig vir hom, het daar twee nuwe musiek-vakke in die curriculum opgeduik: musiek-teorie en -komposisie. En sy loopbaan as komponis is beklink.
Jean Sibelius keer terug na
Jean Sibelius was baie lief vir die goeie dinge in die lewe. Alles wat geld kos: klere, kos, sigare, drank, partytjies. En dit het die familie natuurlik in meer as een finansiële krisis gedompel. Die verhuising na Ainola was inderdaad ‘n verhuising na ‘n plek van meer stilte: aan die begin van die twintigste eeu het al hoe meer skrywers, digters, visuele kunstenaars en argitekte hul toevlug in die omgewing van meer Luusala geneem. ‘n Stimulerende omgewing vir die skeppende kunste – maar ook verder weg van die verleidelike partytjie-lewe in
Aino moes baie opofferings maak. Syself was ‘n belowende pianis, maar het haar loopbaan, haar eie behoeftes onderdruk ter wille van haar man. Sy uitspattige leefstyl het finansieel sy tol begin eis, en die familie was in die knyp. Met groot moeite plant Aino ‘n groentetuin in die klipperige agterplaas van die huis: gegee die strawwe Finse winters, was so ‘n projek ‘n arbeids-intensiewe onderneming. Maar die familie moet eet. En die vyf dogters gaan nie skool nie, hulle ontvang almal tuis-onderrig. Daar word gesê dat
‘n Keerpunt kom in 1908. Sibelius het keelseer, en dit wil nie weggaan nie. Dokters kry ‘n gewas en sny dit weg. Daar en dan hou hy op rook, hou hy op drink. Vir Aino is dit die gelukkigste tyd in haar lewe.
Dit duur slegs ‘n volle sewe jaar lank.
Hy komponeer verwoed tot net voor die middel twintigerjare van die vorige eeu – die bloeityd van Finse nasionalisme. Tot vandag is Sibelius
Sibelius se laaste groot werk is sy sewende simfonie in 1924. Daarna slegs enkele komposisies … en toe, vir die volgende dertig jaar of so, totdat hy in die rype ouderdom van 91 sou sterf, gebeur daar niks. Volgens gerugte het hy al hoe meer perfeksionisties en krities op sy eie werk geraak. Blykbaar was daar ‘n agste simfonie in wording, maar telkens het hy alles verbrand wat hy geskryf het.
Hy sterf op 20 September 1957, op dieselfde tyd as wat sy vyfde simfonie in die konsertsaal van die Universiteit van Helsinki uitgevoer word. Die hele
In 1972 verkoop Sibelius se oorlewende dogters die huis aan die Finse Staat wat dit vandag as ‘n nasionale museum oopstel.
In die woorde van Aino …
Ten spyte van moeilike tye, bly Aino tot aan die einde van haar lewe klakkeloos lojaal aan haar man. So skryf sy:
‘Ek is bly dat ek saam met hom kon leef. Alles was nie verniet nie. Daarmee sê ek nie dat alles altyd maklik was nie. ‘n Mens moes jou eie wense en begeertes meer as een keer onderdruk … maar ek is gelukkig. My bestemming is ‘n seën, ‘n gawe van die hemel. Vir my is my man se musiek die Woord van God. Die bron is heilig, en dit is wonderlik om so naby die bron te kon leef.’
Bronne