Meditatio:Trane van ontnugtering
- Deur Sias Meyer
- Gepubliseer 18 October 2010
- Preekhulp
-
Evaluering:




Sias Meyer
Sias Meyer se Artikels
Die Here het haar laat ly oor haar baie sonde; haar kinders het ballinge geword, deur die vyand wegg
‘n Mens wonder dikwels hoeveel gelowiges al die moed en krag gehad het om deur die boek Klaagliedere te worstel. Dit is nie ‘n baie lang boek nie, maar net so vyf hoofstukke, maar dit is ‘n uitputtende boek om te lees. Dit mergel jou uit en tap jou energie, want dit is so verskriklik donker. Sommer met die eerste vers al hoor ons van die stad wat verlate is soos ‘n weduwee en die volgende vers vertel van die einste weduwee wat die hele nag deur huil. Trane loop oor haar wange. En so in hierdie trant gaan die boek aan.
Die trane wat loop in hierdie boek is nie trane wat ligtelik gestort word nie. Dit is trane wat gebore is uit egte lyding. Ons weet wat die lyding was. Dit was die val van
Ek dink nie regtig dat ons ons vandag in hierdie mense se skoene
As ‘n mens vandag terugdink aan wat destyds gebeur het dan is daar veral een gedagte wat by my vassteek: Hoe is dit moontlik dat die geloof in die God van Israel hierdie ding oorleef het? Vandag verstaan ons dat groot dele van ons Ou Testament geskryf is in reaksie op hierdie trauma. Maar dit vra ons verwondering: Uit hierdie pyn is die fondamente van ons geloof gebore!
Gebed: Here, dankie vir die verwondering van geloof. Maak ons opnuut verwonderd oor die feit dat ons in U
Versprei die Woord
2 Reaksies op "Meditatio:Trane van ontnugtering" 
|
se kommentaar op 20 Oct 2010 12:33:06 AM PDT
Dankie, Sias, vir 'n waardevolle perspektief. Ek dink die laaste keer toe mense in hierdie land werklik met die teks kon identifiseer, is net mooi 'n honderd jaar terug na die Engelse oorlog. Dis ironies dat voorspoed lei tot selfgenoegsaamheid en ongeloof, en daarvan het ons in ons dag 'n oordosis. Die torings van Babel wat mense deesdae (in hulle koppe) bou, is dikwels iets ysliks!
|
|
se kommentaar op 11 Dec 2010 11:25:07 PM PDT
Hi Wouter
Miskien ek en jy en ons voorsate, ja, 'n honderd jaar terug, maar ek dink daar is 'n paar miljoen Suid-Afrikaners wat binne die afgelope paar dekades soortgelyke trauma ervaar het, en dit in hulle eie land. Ongelukkig was die aggressors nie 'n vyandige land nie, maar hulle eie mense, en wat dit miskien ietwat erger maak as die Israeliete se situasie, is dat die trauma "gepleeg" is "in die Naam van Jesus Christus".
|


Author)