Vir my is psigologie nog altyd ‘n dissipline wat op twee stoele sit. Aan die eenkant het die psigologie, vanweë die krag en sukses van die natuurwetenskappe, gepoog om self ‘n natuurwetenskap te wees deur die aannames en metodiek van die natuurwetenskappe na te boots. Aan die anderkant is daar die opvatting dat psigologie nie ‘n “gedragwetenskap” of primêr ‘n “sosiale wetenskap” is nie, maar ten diepste steeds ‘n “geesteswetenskap” wat net so goed by die humanioria tuis hoort. Dit is met hierdie profiel van die psigologie dat talle outeurs en groepe denkers wat dieselfde waardes deel, streef na ‘n taal wat meer reg
[Prof Rex van Vuuren is die Akademiese Dekaan van die St Augustine College of South Africa. Dit is die eerste Katolieke universiteit van Suid Afrika met Engels as voertaal. In Julie 1999 het die Minister van Onderwys toestemming verleen dat die Kollege as ‘n privaat hoër onderwys inrigting mag funksioneer. www.staugustine.ac.za]
1. Aanloop
Vir my is psigologie nog altyd ‘n dissipline wat op twee stoele sit. Aan die eenkant het die psigologie, vanweë die krag en sukses van die natuurwetenskappe, gepoog om self ‘n natuurwetenskap te wees deur die aannames en metodiek van die natuurwetenskappe na te boots. Aan die anderkant is daar die opvatting dat psigologie nie ‘n “gedragwetenskap” of primêr ‘n “sosiale wetenskap” is nie, maar ten diepste steeds ‘n “geesteswetenskap” wat net so goed by die humanioria tuis hoort. Dit is met hierdie profiel van die psigologie dat talle outeurs en groepe denkers wat dieselfde waardes deel, streef na ‘n taal wat meer reg
Hierdie “dagboekbrieven”oor “Het Achterhuis” wat oorspronklik in 1947 in Nederlands verskyn het onder die titel Weet je nog?, bly, soos Jonckheere (1982:30) dit gestel het, ‘n “lewende dokument”en ‘n lofwaardige “ode aan die lewe”. As manuskrip is die dagboek talle male herdruk, vertaal en vir toneel en film verwerk. Oor die jare is daar baie geskryf oor Anne Frank en haar dagboek. In sy bibliografie noem Jonckheere ‘n hele aantal boeke, artikels, inleidings, boekbesprekings en selfs gedigte wat oor Anne Frank verskyn het (1982: 34-35).
Hier word gepoog om iets van Anne Frank se leefwêreld te beskryf sonder om betrokke te raak by die teoreties-filosofiese vraagstukke en voorgestelde oplossing oor die probleme van wat die teks verteenwoordig en die legitimiteit en gesag van my poging tot beskrywing en uitleg. In die eerste geval sou die vrae gestel word: wie is die Ander? En,
2. Konteks
Dit is nie ongewoon vir mense om gefassineer te wees met die stories en vertellings van gebeure waardeur mense leef en lewens reeds geleef nie. Miskien is dit op een of ander vlak ‘n plaasvervanger vir die wens om ons eie storie te ken en die vrees vir die wete en waarheid daarvan. Ten spyte van die verskille tussen stories en die uniekheid van elkeen, ten spyte van die ooreenkomste in die struktuur wat alle verhale deel, is die briewedagboek van Anne Frank ‘n verhaal wat ons te midde van moeilike omstandighede bemoedig. Haar dagboek saai ook, psigologies gesien, saad van wysheid oor die dinamiese kwaliteite van haar lewe sowel as ons eie.
Vanuit ‘n psigologiese perspektief konfronteer die lees van Anne Frank se dagboek ons met verskeie vrae. Die eerste het te doen met hoe ons op een of ander betekenisvolle en dinamiese wyse
3. Metode
Metodologies gesien
Alexander (1990:14) lys nege identifiseerders wat hy breedvoerig verduidelik. Hier word die reeks identifiseerders slegs genoem en gevolg met ‘n kort beskrywing van die kern van elke identifiseerder:
1. Die eerste (Engels: primacy) – Die eerste word geassosieer met “die begin” en “die eerste”. Die fenomeen van “die eerste”en die wye verskeidenheid manifestasies daarvan is nie in ons alledaagse lewe onbekend nie, byvoorbeeld ons eerste woord, eerste tree, eerste jaar op skool, eerste vriend of vriendin, eerste soen, eerste liefde, eerste pak klere, eerste formele rok ens.
2. Frekwensie – Van al die indikatore van belangrikheid vereis die frekwensie van verskyning die minste regverdiging. Ons
3. Uniekheid – As indikator van die uitstaande
4. Negering – Soms word negering gekoppel aan frekwensie en uniekheid maar hierdie identifiseerder vestig die aandag op negerende stellings soos byvoorbeeld “dit is nie dat ek...”. Negering vra dat ons beelde wat negatief geraam word moet merk vir verdere ondersoek.
5. Beklemtoning – In die algemeen is ons baie bewus daarvan as ‘n verteller ons aandag doelbewus wil bepaal met frases soos “Ek wil hê dat jy moet weet ...,” of “Dit was ‘n kritieke moment ...,” en “Ek sal altyd onthou...”. Ons maak almal gebruik van verskeie vorme van aksentuering of onderstreping in ons gesproke en geskrewe kommunikasie. Nog meer, onder-, oor- en misplaaste beklemtoning is subtiele maar belangrike identifiseerders.
6. Weglating –
7. Fout – Foute behels die verwringing of die distorsie van gebeure as aanuiding van belangrike maar verborge motiewe. Iemand skryf byvoorbeeld: “Ek het altyd moeite gehad om my oupa se naam uit te spreek al blyk dit, agterna gesien, tog eenvoudig te wees.”
8. Isolering – As ‘n mens lees of luister en dan skielik die vraag aan jouself vra, “Waar kom dit nou vandaan?”, of “Dit
9. Onvolledigheid – ‘n Duidelike vorm van onvolledigheid of onvoltooidheid is herkenbaar wanneer ‘n fragment of segment van ‘n beskrywing van sy beginpunt ‘n sekere rigting inslaan maar dan eindig voordat sluiting bereik is. In ‘n biografiese essay skryf Hannah byvoorbeeld dat haar en Jan se platoniese vriendskap vinnig ontwikkel het nadat hulle ontdek het dat hulle dieselfde belange en mense geniet. In hulle laaste jaar op universiteit het hulle saam oor toekomsplanne gepraat. En dan skielik, uit die bloute, skryf sy dat sy drie jaar later met Fred getrou het.
Omdat ‘n volledige hantering van die dagboekbriewe met behulp van die nege identifiseerders ‘n komplekse en omvangryke taak is, beperk ek my hier tot die eerste twee ordeningsbeginsels.
Die eerste beginsel wat gebruik
Die beginsels van die eerste en frekwensie belig baie duidelik drie interverwante temas in die lewe van Anne Frank: die dagboek, adolossensie en vriendskap. Op 12 Junie 1942 vier Anne haar dertiende verjaardag. Op die verjaardag ontvang sy haar “fijnste cadeau” (14.06.1942), die dagboek, waarin sy die volgende twee jaar haar gevoelens met al die nukke en grille van haar groeiproses van meisie tot jong vrou noukeurig in haar dagboek sal registreer. Die dagboek word die “veilige ruimte” waarin sy in gesprek tree met Kitty wat ‘n ekspressie is van haar intense behoefte aan ‘n boesemvriendin en sielsgenoot (20.06.1942).
Verdere ondersoek van die data aan die hand van die twee beginsels lewer die volgende op: In haar heel eerste inskrywing op Sondag 14 Junie 1942 beskryf sy hoe sy na die huiskamer gaan om “mijn cadeautjes uit te pakken”. Treffend sê sy dan “Het was in de eerste plaats jou die ik te zien kreeg, ... een van mijn fijnste cadeau’s”. Die dagboek word verpersoonlik met “jou”, wat verder verdiep wanneer sy haar dagboek, steeds in die eerste inskrywing, aanspreek met “Dáág, ik vind je zo fijn!”. ‘n Engelse vertaling het die Nederlandse uitdrukking, reg of verkeerd, vertaal met “bye-bye, we’re going to be great pals!”. In die tweede inskrywing, die volgende dag, skryf sy oor haar vriende en noem dat Jopie de Waal “is nu mijn beste vriendin”. Ses dae later op Saterdag 20 Junie 1942 beskryf sy haar gevoel van eensaamheid “want niemand kan begrijpen dat een meisje van dertien helemaal alleen op die wereld staat” en hoe moeilik dit is om “over iets anders te spreken dan over alledaagse dingen”. Met geeneen van haar vriendinne
Herhaaldelik reflekteer die dagboek haar gedagtes oor vriendskap. In een Engelse vertaling word selfs die Westertorenklok as ‘n “goeie vriend” beskryf omdat dit “vooral ‘s nachts... zo iets vertrouwds (is)” (11.07.1942) en “me juist altijd zo ‘n gerusstellend gevoel (gaf)” (25.03.1943). Woensdag, 5 Januari 1944 eindig sy haar inskrywing: “Had ik maar een vriendin!”. Wanneer sy ongeveer ‘n maand later vir Peter van Daan “ontdek” en hom haar vriend maak vind sy dit “fijn, omdat”, skryf sy “ik een sterk gevoel van gemeenschap merkte, wat ik vroeger alleen maar met mijn vriendinnne had” (14.02.1944). Dinsdag, 7 Maart 1944: “Ik wil geen aanbidders, maar vrienden, geen bewonderaars voor een vleiend lachje, maar voor optreden en karakter. Ik weet heel goed, dat dan den kring om mijn heen veel kleiner zou zijn. Maar wat hindert dat, als ik nog maar een paar mensen, oprechte mense overhoud?” Tot aan die einde, twee jaar later en slegs een maand voor ‘n lid van die “Grüne Polizei” met ‘n paar Nederlandse handlangers in die kantoor van die Voorhuis verskyn en haar dagboek eindig, is haar bewussyn gedomineer deur haar gedagtes en gevoelens oor vriendskap. Nou meer volwasse en besonder helder skryf sy: “... nog veel meer dan over vader peins ik over Peter. Ik weet heel goed, dat ik hem veroverd heb in plaats van omgekeerd: ik het me een droombeeld van hem geschapen, zag hem als een stille, gevoelige, lieve jongen, die liefde en vriendschap zo nodig heeft. Ik moest me eens uitspreken bij een levende, ik wou een vriend hebben die me weer op weg hielp, ik heb het moeilijke werk volbracht en heb hem langzaam maar zeker naar me toegedraaid. Toen ik hem ten slotte tot vriendschappelijke gevoelens voor mij gebracht had, kwamen we vanzelf tot intimiteiten, die me nu bij nader inzien ongehoord lijken” (15.07.1944). Uit ‘n psigologiese oogpunt gesien is daar voldoende getuienis dat die tema vriendskap een van die hoekstene van die dagboek is.
4. ‘n Psigologiese beskrywing van Anne Frank se leefwêreld
Die adolossente tydperk in Anne se lewe
Die persoonlike geheime wat in die dagboek bevat is, besorg aan Anne ‘n plek om te vertoef en te bewoon, ‘n basis om op te staan en ‘n sin van uniekheid en spesiaal-wees. Gedeelde geheime, eers met Kitty, haar dagboekvriendin, en later met Peter van Daan, verbind vriend met vriend en differensieër, terselfdertyd, een persoon van ‘n ander.
Haar adolossente begeerte na ‘n beste vriendin is ‘n poging om ‘n brug te bou waarmee sy uit haar kerngesin na ander verhoudings as ‘n gelyke
Anne bied aan ons ‘n wonderlike blik op ‘n adolossente eerste-liefde verhouding. Die krag van hierdie maagdelike liefde is dat sy daardeur haar alleenheid kon transendeer. Hierdie eerste liefde het anderkant haarself gestrek wat haar in staat gestel het om ‘n ander as ander te bereik wat nie net ‘n eenvoudige ekstensie of uitbreiding van haarself is nie. Hierdie eerste ervaring van openheid teenoor ‘n ander bestaan uit ‘n geestelike en seksuele self-verwerkliking en die wederkerige koördinering van twee lewens.
Belewenisgewys is haar eerste liefde, ten minste aanvanklik, absoluut, uniek, perfek, ideaal en onskuldig. Dit is die belewenis van ‘n saam-wees waarin hulle wêrelde deur wederkerige betrokkenheid ‘n “ons” wêreld skep. Anne se dagboek reflekteer hoe passievol haar verbale en nie-verbale kommunikasie was. Onervare pynlike en opwindende gevoelens breek oop tot emosionele verbintenisse en begrip van haarself en haar geliefde. Die ervaring van haar eerste liefde verbind haar tot haar familie geskiedenis en waardes en ontsluit ‘n toekomstige wêreld wat op interpersoonlike verbondenheid gebaseer is.
Haar beskrywing van hoe sy op haar bed lê en haar borste streel en verwysings na haar afwagting van die eerste soen is alles aanduidend van hoe sy deur haar eerste liefde haar seksualiteit ontdek en begin integreer in haar interpersoonlike self. Haar opgewondenheid oor haar kennis van en sorg vir die ander persoon trek haar uit haar self-gesentreerdheid en plaas haar midde in ‘n ander-gerigte liefde. Hierdie ander-gerigte liefde nooi haar uit om haar interpersoonlike potensiaal, haar hoop, drome en ook haar illussies wat sy van haar kinderjare saam dra, te ontgin. Die groot vreugde van die liefde is dat sy gewaag het en haar verlangens erkenning gegee het.
5. Ten slotte
Anne se dagboek belig die adolossente periode van lewe as ‘n voorbereiding tot volle deelname in die gemeenskap. Dit is bitter ironies dat sy nooit sal deelneem aan ‘n gemeenskap waarvoor sy haarself so goed voorberei het. Paradoksaal was sy besig om vir iets voor te berei wat sy reeds bereik het: ‘n orientasie tot lewe waaroor sy
Ten spyte van of dalk juis as gevolg van ‘n lewe van waaksaamheid in ‘n beperkte ruimte weerspieël Anne se dagboek ervaringe van intieme verhoudinge tussen ouers en kinders en die ander lede van die ingeperkte gemeenskap as ‘n dinamiese evolusie. Soos wat sy kognitief, emosioneel en fisies volwasse word versterk haar peinsende of nadenkende en self-refleksiewe vaardighede. ‘n Mens sou kon aanneem dat die oorlog en die voortdurende bedreiging van ontdekking haar ontwikkeling onomkeerbaar sou belemmer of teëhou. Inteendeel, haar dagboek belig ‘n ervaringswêreld wat verskuif en haar voorberei vir ‘n persoonlik uitgekerfte lewenspad wat toenemend outonoom, kreatief, standvastig en veerkragtig geword het. Hierdie voorbereiding vir ‘n volwasse lewe met soveel moontlikhede is net so skielik beëindig as wat die dagboek geëindig het.
Bibliografie
Alexander, E I 1990. Personology: Method and Content in Personality Assessment and Psychobiography.
Jonckheere, W F 1982. Het Achterhuis: Dagboekbrieven 14 juni 1942 – 1 augustus 1944.
[Die Afrikaanse vertaling van die dagboekbriewe van Anne Frank, vertaal deur prof Lina Spies, het in 2008 verskyn:
Anne Frank – Die Agterhuis is verkrygbaar by Protea Boekehuis
Tel.nr: (012) 362-5683 / 362-3444 / 362-6073
Epos: protea@intekom.co.za
Prys: R140-00
Of dit kan ook aanlyn bestel word by Kalahari.net (R117-00).]