Die kerk en rassisme
- Deur Theuns Dreyer
- Gepubliseer 22 July 2008
- Artikels
-
Evaluering:




Theuns Dreyer
Theuns Dreyer se Artikels
Vanweë die beperkte tyd (10 min),
As vertrekpunt wil ek dit eers stel dat ‘n mens nie oor rassisme in isolasie
- die gebod van naasteliefde vra van ons dat ons alle ander mense, ook die geringstes, sal respekteer en so teenoor hulle sal optree dat dit van Christelike liefde getuig;
- dit beteken dat ons nie ander mense se menswaardigheid sal aantas nie, maar sal beskerm;
- enige vorm van kwaadwillige diskriminasie, vernedering, disrespek en ontmensliking is in stryd met hierdie evangeliese waardes.
Teen hierdie agtergrond moet ons dus alle vorme van diskriminasie, vernedering en verdingliking van mense veroordeel, soos onder andere rassisme, seksuele molestering, aanranding, verkragting, moord, haatspraak, xenofobie en homofobie.
Nou die vraag: doen die kerk genoeg om rassisme in eie geledere te bestry? Die kerk het net een manier om alle vorme van ontmensliking van ander te bestry en dit is om die waardes van die Evangelie van Jesus Christus, wat ek kortliks genoem het, te verkondig en uit te leef. Die kerk
Wat my egter bekommerd maak, is dat daar in die huidige bedeling ‘n vlaag van neo-rassisme aan die opwel is. Die kerk moet met nog groter erns hierdie verskynsel in eie geledere bestry. Dit help egter nie dat ons dit net na binne probeer bestry, terwyl daar in die samelewing praktyke is wat rassisme aanvuur nie. Ons moes tog almal uit die geskiedenis geleer het dat enige praktyk wat rassisme
Doen die kerk genoeg? Nee, die kerke, gemeenskapsorganisasies en elkeen wat ‘n invloed
Versprei die Woord
3 Reaksies op "Die kerk en rassisme" 
|
se kommentaar op 28 Jul 2008 4:35:57 AM PDT
Klinies maar/en sonder trefkrag.
As mens 'n 'defektiewe' produk verkoop het en die besigheid begin taan en jy wil in besigheid bly, beter mens uit jou pad uit te gaan om die nuwe/verbeterde produk aan mense met erns te verkoop. Dit is egter myns insiens die 'erns' wat ontbreek by die leiers en daarom ook in die gemeentes. EK sal aanvaar dat jy nie vir ewig hoef te tob oor jou 'defektiewe'produk nie- dit sal die brand baie skade berokken, maar begin ten minste in alle erns om die verbeterde produk van nie-rassisme te verkoop. Dalk moet mens kyk na die verpakking en uitstalling van die produk - dalk sal 'n skou/uitstalling die antwoord wees?
Die probleem is eintlik, die kerk hou daarvan om 'n organisasie te wees wanneer dit hulle pas, en wanneer dit hulle nie pas nie, skuif hulle die verantwoordelikheid af na die individu/sogenaamde gelowige'. Daar is geen formele reël of maatreël wat hierdie verantwoordelikheidsskuiwe reguleer/bepaal nie. Dis seker maar so in meeste organisasies en dalk TIPIES aan organisasies wat jare lank 'n defektiewe produk verkoop het. Enigste redding vir die behoud van die kerk is egter om vinnig te reageer, terwyl hulle nog 'n paar winkels het wat in besigheid is.
Ek is bewus dat hierdie standpunt aanvegbaar is in die lig van die "hoër/dieper doel" waarop die kerk hom/haarself fokus. Maar, selfs in gewone besigheid bestaan die droom om met sy/haar produk die wêreld 'n beter plek te maak.
|
|
se kommentaar op 28 Jul 2008 7:03:48 AM PDT
"... die kerke moet uit een mond... rassisme ten sterkste veroordeel." Die kerklidmate sal eers hiertoe kom wanneer hulle insig verkry, en daaroor treur en skuld bely oor hoe hulle teen die inheemse bewoners van Suid-Afrika gediskrimineer het en hulle menswaardigheid nog op 'n gruwelike wyse aangetas het. Daar word tans gepraat van 'n geestelike herlewing wat onder die Afrikaners op dreef begin kom. As diè herlewing nie die Afrikaners tot diepe berou en skuldbelydenis, nie deur die kerkleiding of sinodes nie, maar deur die individuele lidmate, aanleiding gee nie, sal die herlewing slegs 'n persoonlike emosionele spirituele ervaring bly sonder enige effek op die samelewing as geheel. Die berigte aangaande die herlewing, dui allermins op 'n kollektiewe bewuswording van skuld teenoor anderkleuriges onder die Afrikaners. Ons ly nog steeds, soos die Duitsers na die Tweede Wereldoorlog, aan 'n onvermoë om te treur oor wat ons miljoene mense aangedoen het. Theuns Dryer het individuele skuldbelydenis nie eers genoem nie. Dit laat my dink dat hy die onreg van die verlede nog self nie ingesien en bely het nie.
|
|
se kommentaar op 27 Oct 2008 1:37:09 PM PDT
Rassisme of vreemdelinge haat (vrees) kom al in die vroegste Bybel verhale voor. Alhoewel ons in een wêreld woon. Glo ek dat elke ras en of volk tog hul eie moet vooraan stel en nie probeer om in 'n gedwonge "Reënboognasie" gedruk te word nie.
|


Author)