Met die ontwaking van die lente met sy nuwe plante en bloeisels en vrugte wat skaam en beslis ontluik in die natuur, word ons weer opnuut gekonfronteer met die vraag, wat maak ons met God se skepping? Te lank het ons skepping verstaan eenvoudig net as die aktiwiteit van God, iewers aan die begin van alles, maar het ons vergeet dat skepping nie net ‘n werkwoord is nie, maar ook ‘n stuk bestaan wat reeds geskape is, ‘n voortgaande werklikheid!
Met die ontwaking van die lente met sy nuwe plante en bloeisels en vrugte wat skaam en beslis ontluik in die natuur, word ons weer opnuut gekonfronteer met die vraag, wat maak ons met God se skepping? Te lank het ons skepping verstaan eenvoudig net as die aktiwiteit van God, iewers aan die begin van alles, maar het ons vergeet dat skepping nie net ‘n werkwoord is nie, maar ook ‘n stuk bestaan wat reeds geskape is, ‘n voortgaande werklikheid!
En hoe word ons nie soms voor die bors gegryp deur dit wat die mens met die omgewing aanvang nie! Aan die een kant is daar daardie geldmag wat die ongerepte natuur wil uithol op soek na minerale; ander weer wat die grond met beton wil toepleister vir fabrieke en nywerhede. Aan die ander kant is daar daardie omgewingbewaarders wat met reënboogbote hulleself as menseteikens in die kerntoetsterrein gaan blootstel; of hulleself aan treinspore vasketting om treine met gevaarlike wapens in hulle taak te verhinder.
Twee uiterstes wat albei ons ongemaklik laat. Maar watter kant toe nou? Nywerheidsontwikkeling en tegnologiese vooruitgang
Die klassieke raakvlak tussen die Christendom en die ekologiese krisis bly maar Genesis 1:28, of liewers, ons voormalige verstaan daarvan. “Wees vrugbaar en vermeerder en vul die aarde, onderwerp dit en heers (daar)oor.....”, het die Ou Vertaling nog koud en klinies gesê. En hoe letterlik en behaaglik het ons nie hierdie “opdrag” uitgevoer nie! Ons het met ons tegnologiese vermoë die natuur so diensbaar vir onsself probeer maak, dat ons behaaglik ons eie hemel probeer skep het. Daar word selfs bereken dat die hedendaagse Amerikaner met al sy elektriese en elektroniese toerusting presies dertig keer meer van die natuur verbruik as die kaalvoet outjie iewers in Afrika!
Dan is daar nog boonop teoloë wat dan ook sommer die eer vir alle wetenskaplike vooruitgang vir die Christendom wil opeis. Ons het immers, sê hulle, die bonatuurlikheid of goddelikheid uit die natuur uitgehaal, en nou
In alle eerlikheid moet ons darem ook dadelik sê dat die ekologiese krisis nie die verhaal is van die verstaan van Genesis 1:28 nie, maar wel die verhaal van die verkeerde verstaan daarvan! Gaan lees maar Exodus 1:7, “Die Israeliete was vrugbaar en het vermeerder”, asook Josua 18:1, “Die land was nou onderwerp”. Hierdie opdrag in Genesis 1:28 was geen tydlose saak wat met byna goddelike toewyding ten alle koste, en boonop tot ons persoonlike (korttermyn-) voordeel, uitgevoer moes word nie!
Die mens se doen is die resultaat van sy dink. Sy verstaan van homself en van ander, bepaal sy optrede. As jy dink jy is “heer en meester” van die natuur, sal jy ook so optree. Maar wanneer jy besef dat jy God se “verteenwoordiger en beeld” hier op aarde is en dat die skepping nie net goed is nie, maar juis baie goed, het dit direkte invloed op jou etiek. Weg is nou die opvatting dat die mens die middelpunt van alles is en dat alles slegs gebeur en daar is om my te behaag. Verby is selfs die opvatting dat die mens die kroon van alles is en die ganse natuur slegs maar die dekor vorm of agtergrond van hierdie drama met my en God as hoofspelers.
Ons moet die werklikheid sien soos groter wordende sirkels wat direkte en indirekte invloed op mekaar uitoefen. Ek
Die oomblik wanneer hierdie verhouding versteur word, loei die alarms. ‘n Aantal krisisse
Eerstens moet ons let op ons bevolkingsaanwas. Ondanks teenmaatreëls, groei die wêreldbevolking met meer as 100 miljoen mense per jaar! In die meeste Eerste Wêreldlande het die bevolkingsgroei reeds tot stilstand gekom. In Derde Wêreldlande egter, verdubbel die bevolking elke ongeveer 20-30 jaar! In 1902 was Suid-Afrika se totale bevolking ‘n skrale 5 miljoen en tans is ons meer as 50 miljoen, waarvan meer as 37% jonger as 15 jaar oud is. Volgens inligting van die Regering, sal ons oor minder as 30 jaar reeds die 70 miljoen kerf in ons land verbysteek. Ander scenario’s wil selfs hê dat Suid-Afrika reeds in die jaar 2015 selfs 80 miljoen mense
Die inpak wat buitensporige bevolkingsgroei op die wel-wees van alles en almal het, is vanselfsprekend. Verstedeliking met sy gevolglike woningnood, werkloosheid en armoede, geweld en misdaad, hongersnood en siektes is van die belangrikste wat uitgesonder word. Daar is bereken dat 42% van die Suid-Afrikaanse bevolking op slegs 13% van die land woon. Hierdie oorkonsentrasie plaas uiteraard ‘n onhoudbare las op die natuurlike hulpbronne.
Die belangrikste ekologiese probleem vir Suid-Afrika is die gebrek aan water. Streng waterbeperkings en gepaardgaande boetes vir oortreders is onlangs ook in
Tweedens is die stelselmatige verhitting van die planeet ook ‘n ekologiese krisis. So ver terug as 1890 het die Sweed, Svante Arrhenius, reeds die verhouding tussen atmosferiese koolstofdioksied en omgewingshitte aangetoon. Toe reeds het hy gesê dat die verbranding van fossielbrandstof, pertinent steenkool, invloed op die omgewingstemperatuur het. Koolstofdioksied funksioneer as ‘n soort kombers om die planeet. Dit laat kort energiegolwe deur, maar nie langes nie. Daarom hou dit die hitte van die aarde vas. Dit is waarom daar ook van die sogenaamde kweekhuis-effek gepraat word. Die oormaat van hitte-vrystelling op die planeet
Oor ‘n periode van vyftig jaar sal duidelik gesien word hoe dat die temperatuur gestyg het, misoeste van gesaaides, styging van die seevlak (1-2 meter per 20 jaar), uitsterwing van miljoene spesies en ook woestynbekruiping. Die voggehalte van die grond in die Hoëveld sal 11-18% droër as tans wees en die Suidwes-Kaap sal nie meer reën in die winter kry nie.
Derdens word die gat in die osoonlaag as ‘n planetêre krisis beskou. Chloor-fluoor-koolstof verbinding (CFK), is ‘n gas wat in 1930 deur Thomas Midgley ontwikkel is. Dit was tot in die verlede as die dryfgas vir aerosol kannetjies en ook die gasmedium vir lugreëlings en yskaste. Dit was ook gebruik in die skuimbasisse van meubels, matrasse en in isolasiemateriaal in die boubedryf. Vrystelling van hierdie gas in die atmosfeer verbind met die osoon (O3) in die lug en ‘n gevolglike opening ontstaan in hierdie dun filmlagie wat as omhulsel van die planeet dien. Die son se gevaarlike ultraviolet
Laastens moet die gevaar van kernkrag genoem word. Dalk onthou ons nog die fliek, “The Day After”, na so ‘n kernbomontploffing. Met ‘n kernontploffing gebeur die volgende, afgesien van die gewone vernietigende effek: baie digte rook gaan die lug in op, vorm ‘n sambreel oor die planeet en sonlig word met 90% geblokkeer; die temperatuur daal vinnig met 15-20 grade Celsius en die sogenaamde “nukleêre winter” breek aan. Wetenskaplikes meen dat dit ook 65 miljoen gelede gebeur het met die meteoriete-reën se stof wat ook die sonlig geblokkeer het en die uitwissing van miljoene spesies veroorsaak het.
Dit is nog vars in almal se geheue hoe die Franse regering volhard het om hulle kerntoetse uit te voer in die Stille Oseaan, desondanks wêreldwye pogings om dit te staak. Die aftakeling van kernwapens wêreldwyd
Hoe moet ons nou reageer? Dit is nodig dat ons nie dadelik by doen begin nie, maar by dink: hoe verstaan ons ons werklikheid? Hierdie hals-oor-kop-inspring mentaliteit is juis dalk ons probleem. Die ekologiese krisis is regtig baie ernstiger as net ‘n “red die renoster” -aksie of iets dergeliks. Wel-wese begin by ‘n totale verstaan van die werklikheid. Die mens durf hom nie meer los beskou van die natuur nie; ons het nie natuur in die eerste plek nie, maar ons is natuur. Ekonomiese ontwikkeling moet met soberheid en beskeidenheid gepaard gaan. Kwalitatiewe besluitneming moet kwantitatiewe logika temper. Die totale bevolking, nee, die hele wêreld, moet in ag geneem word by besluite wat die wel-wese van die mens raak. ‘n Balans moet gevind word tussen die dors van geldmagnate en die politieke en/of geloofsaspirasies van die Groenes.
Die Christen