Die gesonde verhouding tussen geloof en verstand moet behou word. Ons het opnuut behoefte aan bevryding van bygeloof. Ons moet weereens die vermoë ontwikkel om te onderskei waar dit op aankom en die moed van ons oortuiging te hê om manipulasie en goedkoop godsdienstige propaganda te verwerp en mense daarteen te waarsku.
Op Kletskerk het Blouwildebees daaroor die volgende te sê gehad:
Ek kon dit nie beter gestel het as Professor Müller nie. Tog vermoed ek ons verskil oor waar presies “bygeloof” ophou en “geloof” begin. Ek sou graag wou hoor waar die goeie Professor daardie lyn trek en op watter gronde.
Hierdie opmerking het my aangespoor en uitgedaag om verder oor die grens tussen geloof en bygeloof na te dink.
Bygeloof verwys na iets wat naby aan geloof is, maar tog daarvan verskil. Omdat dit naby aan mekaar lê
Dit help waarskynlik om aan die hand van ‘n paar spesifieke voorbeelde hieroor na te dink:
Die doop
By die doop van kinders word dit van ouers verwag om te bely dat hulle hul kindjie ten doop bring “nie uit gewoonte of bygelowigheid” nie, maar op grond van hulle vaste geloof dat die kind reeds ingesluit is in die genadeverbond.
Dit lyk asof bygelowigheid in hierdie geval dui op die moontlike toekenning van en geloof in magiese kragte wat aan die ritueel van die doop gekoppel
Op reis …
Psalm 121 en ander “pelgrimsliedere” behels gebede met die oog op God se bewaring wanneer mens op reis is. Saam met die Psalmdigter
Maar wanneer ‘n mens ‘n bumpersticker sien met die woorde: “This vehicle is protected by the blood of Christ”, dui dit eerder op bygeloof. Dit veronderstel ‘n soort magiese band tussen die bloed van Christus en die voertuig as sodanig. Die vertroue is dan skynbaar nie op God nie, maar op een of ander kwaliteit wat iets bo-natuurliks (die bloed) aan die voertuig
Gebed
Op die terrein van gebed lê geloof en bygeloof waarskynlik die heel naaste aan mekaar. Gelowige gebed stel vertroue op God. Dit is ‘n manier waarop die gelowige sy of haar versugtinge uitspreek en in die hande van God laat.
Wanneer gebed oorgaan in ‘n poging om God te manipuleer, beweeg dit op die terrein van bygeloof. Die bygelowige gebed vertrou nie op God nie, maar op die aksie of ritueel van gebed. Dan word gebed ‘n poging om God se arm te draai. Die klem verskuif van ‘n eenvoudige verwoording van behoeftes en versugtinge na ‘n opstapeling van woorde sodat God eintlik gedwing
Ons hoef net te luister na Jesus se eie onderrig oor gebed in Matteus 6. Die Ons Vader word aangebeid as die modelgebed vir sy dissipels. Daarvolgens het jy net ‘n paar eenvoudige sinne nodig om met God te kommunikeer. Dit is heeltemal anders as die heidene se gebruik om met ‘n stortvloed van woorde te bid. Die gelowige gebed is eenvoudig en opreg en bied ‘n ruimte waar die mens in pas
Daarom bied die gelowige se omgang met gebed ‘n bevryding van angs, teenoor die bygelowige omgaan met gebed onafwendbaar tot groter angs en spanning aanleiding gee. Want is alles afhanklik van die inset wat met gebed gemaak word, in plaas daarvan dat gebed die rus is wat voor die Aangesig van God gevind word.
Die Bybel
Juis omdat ons as Protestantse Christene onsself so sterk op die Bybel vestig, loop ons gevaar om die Bybel te verafgod en dan eintlik in die boek te begin glo. Die boek op sigself word dan heilig. Die grense tussen die Woord van God en die Bybel vervaag en die twee word doodgewoon gelyk gestel. As jy die boek open dan open jy daarmee God se Woord. Alhoewel hierdie soort taal soms van die kansel af gebruik word, moet dit tog bevraagteken word.
Hoewel ons glo en bely dat die Bybel die Woord van God is, moet ons ons daarvan weerhou om méér daarin te lees as ‘n gesagsuitspraak. Vir ons het die Bybel die hoogste gesag. Ons vind daarin die woorde van God. Maar ons durf dit nie een stap verder neem en ‘n gelykaanteken plaas tussen Bybel en Woord van God nie. As ons dit sou doen hoef ons nie meer gelowig en met verwondering God te soek en te ontdek in die Bybel nie. Dan beskik ons sommer klaar oor God se Woord.
Hier is daar ‘n baie fyn lyn tussen geloof en bygeloof. Ons belydenis oor die Bybel as die Woord van God moet organies en nie meganies nie verstaan word. God se woorde is nie op ‘n meganiese manier vasgevang in die sinne, woorde en letters en selfs in die papier en ink van die Bybel nie. So ‘n meganiese hantering kom neer op bygeloof. Die geloof, aan die ander kant, maak ruimte vir die misterie dat God op ‘n besondere manier met ons kommunikeer via die Bybel.
Die meganiese siening lei tot allerhande misbruike, soos om te glo dat jy goddelike leiding ontvang deur net die Bybel te laat oopval op enige plek. Dit is ‘n bygelowige omgaan met die Bybel want ons weet dat enige ander Bybel waarskynlik anders sou oopgeval het. Dit het te doen met die gewig van die papier, die manier waarop die boek vasgehou word en hoe dit gebind is. Om God aan sulke menslik-geproduseerde meganika te wil verbind, is doodgewoon bygeloof.
‘n Gelowige omgaan met die Bybel behels altyd ‘n verstandige bestudering en ‘n poging om dit te verstaan en so korrek moontlik vir ons tyd te interpreter. Daarteenoor probeer die bygeloof die verstandlike proses systap en betekenis vind sonder enige proses van interpretasie.
Geloof en verstand
Alhoewel geloof ‘n subjektiewe oortuiging behels is dit in sy suiwer vorm altyd oop vir bevraagtekening. Dit is nie bo kritiek verhewe nie. Mens
Met die voorbeelde ingedagte
Die grense tussen geloof en bygeloof is soms vaag. Tog is dit belangrik dat die geloofsgemeenskap steeds bewus bly van die gevaar dat geloof verwar