Die strekking van hierdie boek herinner aan Robert Carroll se bekende Wolf in the Sheepfold (1997) wat ook handel oor die gevolge van onkritiese omgang met die Bybel.
Die strekking van hierdie boek herinner aan Robert Carroll se bekende Wolf in the Sheepfold (1997) wat ook handel oor die gevolge van onkritiese omgang met die Bybel.
Gerrie Snyman (Ou Testamentikus en Gereformeerde teoloog verbonde aan UNISA) besin in dié publikasie oor die nalatenskap van apartheid wat, soos
Vanuit ‘n positiwistiese denkraamwerk word die Bybel letterlik gelees. As geïnspireerde Woord van God verkry die tekste onaantasbare status en word antieke waardes ‘summier as waardes vir die híér en nóú’ aanvaar’ (p 84). Die uitwasse van hierdie leestradisie het Snyman oortuig dat dit noodsaaklik geword het om die Bybel anders te lees: met ‘n historiese bewussyn en verantwoording vir die nawerking van Bybellees in mense se lewens. ‘n Onkritiese lees laat merke op ander mense en
Snyman bied ‘n etiek van Bybellees wat reg laat geskied aan die integriteit van die teks, die subjektiwiteit van die leser en die menswaardigheid van diegene wat deur die interpretasie van die teks geraak word (p 183). In die hoofstuk ‘’n Etiek van (Bybel)lees’, maak hy erns met die verskillende kontekste wat ‘n rol speel in die interpretasieproses. Elke teks reflekteer die konteks waarin dit ontstaan het en word verstaan vanuit die konteks van die leser. Betekenis is nie in die teks opgesluit nie, maar ‘die mens (is) by die lees van die Bybel die knooppunt van verstaan’ (p 53). As historiese wese is dit onafwendbaar dat elke leser, sowel as die Bybelskrywers, se persoonlike geskiedenis, sosiale ligging en vooronderstellings by die verstaan van tekste betrokke is (vgl Gadamer Truth and Method 1987). Daarom is daar meer as een interpretasie-moontlikheid. Die etiese ding om te doen is dat die eksegeet verantwoordelikheid sal aanvaar vir sy of haar perspektief deur dit te verklaar, sodat dit
In die hoofstuk ‘Geweld en die Bybel as Wapen’, onderskei Snyman tussen die gebruik van die Bybel as wapen of as instrument. Omdat die Bybel as God se stem of God se wil gelees word, word aanvaar dat dit ‘n welwillende teks met heilsame waardes is. Dit is nie noodwendig die geval nie. ‘n Historiese lees ontbloot die gaping tussen die waardes van vandag en dié van tweeduisend jaar gelede en verhoed dat die ‘Godsprake in die hande van Bybellesers handige ideologiese magsinstrumente (word) om mense te dwing om ‘n sekere weg te volg’ (p 185).
In ‘n uitstekende hoofstuk, ‘Die Kanon en Inspirasie: Die Status van die Teks’, word die filosofiese onderbou van ‘n fundamentalistiese Skrifbeskouing uitgespel. Die oorsprong en verklarings van sentrale geloofsbegrippe soos ‘kanon’ (die implikasies van mondelinge oorleweringe en ‘n skriftelike kanon vir die interpretasieproses), ‘inspirasie’ (meganies of organies), ‘waarheid’ (objektiewe waarheid of relasionele waarheid) en ‘Skrifgesag’ (goddelike openbaring of menslike produksie) slaan ‘n fundamentalistiese benadering die nek in.
Die hoofstuk, ‘Die Bybel en Mag’, kyk na die geestelike afpersing wat met die gesagsaanspraak van die Bybel en die belydenisskrifte gepaard gaan - veral in die hande van leiersfigure soos dominees en sinodes wat moet bepaal wat God se wil is (p117). Onder andere word die uitspraak dat ‘n Christen ‘soos ‘n kind moet glo’ as ‘n vorm van magsuitoefening gedekonstrueer (p 121).
By die Franse filosoof, Emmanuel Levinas, kry Snyman die gedagte van die ‘etiese moment’ in die ontmoeting met die Ander. In ‘n deernisvolle hoofstuk, ‘Lees met ‘n ‘Ander’ in Gedagte’ wil hy tuisbring dat ‘n etiek van verantwoording behels dat ons die teks sal lees met verantwoordelikheid vir die kwesbaarheid en nood van die Ander, die persoon vir wie en namens wie die teks gelees word. Lesers het ook ‘n verantwoordelikheid om die Bybelteks as die Ander ernstig op te neem en te respekteer as ‘n antieke teks uit ‘n vervloë era wat radikaal van ons s’n verskil. In Alan Paton se woorde: ‘The past is another country. They do things different there.’ Bybellees as ‘n etiese handeling het dus ‘n dubbele betekenis: nie ander mense, of die teks in sy andersheid, mag deur ons interpretasie geweld aangedoen word nie (p 146).
In ‘n goedgeskrewe Slotwoord word die argumente van die losstaande hoofstukke in samehangende verband, amper soos ‘n storie wat sluit, uiteengesit en ‘n mens sit die boek neer met respek en waardering vir die deeglike navorsing en nadenke wat daarin gegaan het.
Herhaling in ‘n bespreking van soveel verweefde kwessies is noodwendig en moet verskoon word. Alhoewel Snyman se skryfstyl gemaklik is en hierdie leser meegesleur het, is dit gerig op lesers met ‘n teologiese agtergrond. Die deursnee lidmaat mag die filosofiese inslag ietwat gewigtig vind. Met die vloedgolf van naïewe Bybellees wat die land tans oorspoel, mag hierdie boek nie geïgnoreer word nie. Dit hoort op elke predikant se lessenaar en op die leeslys van alle nagraadse Teologie- en Bybelkundestudente.
Boek kan bestel word by:
Griffel Media
Tel: 012 843 7717 – Sel: 082 942 9998
Epos: info@griffel.co.za
Faks: 0866 750 776