Ek dink byna daagliks, sedert sy dood in 2000, aan my pa. Dit
Ek dink byna daagliks, sedert sy dood in 2000, aan my pa. Dit
Die mans wat as seuns by hom in die laerskool op Harrismith was en in die laerskool Sentraal op Bloemfontein sal waarskynlik met belangstelling lees wat ek in dié verband oor hom te sê het. Die enigste leerlinge vir wie hy skoolgehou het wat hom
Dit is allesbehalwe aangenaam om by ’n ouer klas te hê. Die enigste episode wat ek
Wat dusver tussen die reëls gelees kon word,
In sy later lewe was my pa egter daarvan oortuig dat lyfstraf verkeerd is en was hy kompromisloos daarteen. Hoe goed ’n seun ’n pak kon vat, is ook as ’n teken van manlikheid beskou en daar is dus begryplikerwys deur so ’n seun daarmee gespog. ’n Vriendin se smaaklike vertelling oor iemand wat glo die “seerste pak ooit” van my pa gekry het, het my net so min behaag as wat dit vandag my pa sou gevlei het. Ek glo nie dat hy ooit daarvan gehou het om kinders te slaan nie. Sy beeld as outentieke opvoeder word onder andere deur twee episodes gedemonstreer wat so mooi en ontroerend is dat ek veral hierdie artikel skryf om daarvan te
Terwyl my pa hoof was van Sentraal Laer kom ’n ouerpaar na hom toe om te kla oor die steeds swakker punte van hulle seun. “Slaan hom, Meneer”, is hulle raad waarop my pa sê dat hy nie kinders slaan oor akademiese prestasie nie – hy het geweet dis volkome kontraproduktief – maar dat hy ondersoek sal instel na die oorsaak van die dalende lyn. Hy vra by die onderwyseres die kind se boeke en bespeur ’n toenemende bewerigheid in die kind se handskrif. Op sy vraag aan die onderwyseres of die kind bang is vir haar, is haar antwoord ’n besliste en oortuigende ontkenning. Hy tree met die ouers in verbinding en vra dat hulle hul seun vir ’n mediese ondersoek moet neem. Enkele maande later is die kind aan ’n kwaadaardige breintumor oorlede.
Van die ander episode het ek self in die onlangse verlede gehoor. ’n Man by Protea Boekwinkel op Stellenbosch kom na my toe en sê hy was by my pa op skool in Sentraal Laer en hy het ’n storie om my te vertel. Sy van is Kruger en hy het ’n maatjie gehad met die van Dryden. Toe voel ek al aan in watter rigting die wind begin waai. Dié maatjie van die klein Krugertjie met sy oer-Afrikaanse van was natuurlik ondanks die oer-Engelse van volkome verafrikaans. Hulle tweetjies was “stout” en word op ’n Maandagoggend deur die juffrou na die prinsipaal gestuur. My pa hoor die verhaal van die “stout wees” aan en sê: “Weet julle, ek het so ’n lekker naweek gehad dat ek nie nou lus het om julle ’n pak te gee nie”, en met verwysing na die klein Dryden vervolg hy, “en omdat jy die van van ’n groot Engelse digter het, mag julle maar gaan.” Dit was my pa: die opvoeder met die passie vir die digkuns. Hy het vir my die vlam van die poësie aangesteek wat my mentor D.J. Opperman vir my laat brand het.
In ’n land van geweld – grootskaalse moord, verkragting en vreemdelingehaat – geniet lyfstraf nog meesal ’n soort goddelike sanksie. Van my jong vriende wat hulle kinders op ander maniere as deur lyfstraf opvoed, weet ek dat hulle skeef aangekyk en selfs verkwalik word asof hulle ’n Bybelse opdrag verontagsaam. Daar is altyd die verwysing na die boompie wat jy moet buig terwyl hy nog jonk is. “Waar staan dit nou weer in die Bybel?” word gevra. Nee, dit staan nie in die Bybel nie. Mense wat enigiets op Bybelse gronde wil sanksioneer, weet hoe om selektief aan te haal. In Spreuke 13:24 in die Ou Vertaling staan: “Wie sy roede terughou, haat sy seun, maar hy wat hom liefhet, besoek hom met tugtiging”. “Roede”, die deftige woord vir ’n rottang, het in die Nuwe Vertaling verdwyn: “Wie sy seun nie straf nie, het hom nie lief nie; as hy hom liefhet, sal hy hom straf wanneer dit nodig is.” En Spreuke 10:13 lui tans: “Daar is wysheid in die woorde van die een wat insig het; slae is vir dié wat nie hulle verstand gebruik nie.” Sou Jesus ooit aan die weerbare volwassene met sy/haar fisiese oormag opdrag gegee het om die weerlose kind met liefde te slaan? Die verstandige voed op met woorde; die onverstandige slaan. Liefde neem vele vorme aan, maar nooit dié van geweld nie.