Andries van Aarde

 Artikels deur die Outeur

Op 20 Augustus 2009 was Rudolf Bultmann 125 jaar gelede in Wiefelstede (Großherzogtum Oldenburg, Duitsland) in 1884 gebore. Hy was nie net die mees invloedryke Bybelwetenskaplike van die 20ste eeu nie, maar ook een van twintigste-eeuse teoloë wat bakens verskuif het wat blywende resultate gelewer het. Op my persoonlike denke was hy een van drie Jesus-volgelinge wat my verstaan van die evangelie van die koninkryk van God op radikale wyse ingrypend beïnvloed het. Die ander twee is die apostel Paulus en die negentiende-eeuse romantikus, Friedrich Schleiermacher. Afskrifte van portrette van onder andere hulle drie is in my universiteitskantoor deel van ‘n galery wat my aan my Protestantse wortels herinner. Heel links is daar ‘n kopie van Rembrandt se Paulus met die Bybel as swaard in sy hand. Langs die hervormer Melanchthon vind jy vir Schleiermacher. Heel regs is Bultmann. Hy is vir my ‘n rolmodel van ‘n teoloog wat ook ‘n gelowige is.


Wie is die historiese Jesus?

Vir bykans twee jaar reeds kom ‘n aantal denkende mense wat hulleself “die seekers” noem, as ‘n gespreksgroep byeen op uitnodiging van die Hervormde Gemeente Wapadarant in Pretoria. Hulle voer so ongeveer vier keer per jaar met mekaar gesprek onder leiding van prof Andries van Aarde en ds Johan Delport. Hulle vergader in die kerksaal op Sondagaande terwyl die erediens, hoofsaaklik gerig op die jeug, in die kerkgebou langsaan aan die gang is.


Kom ons bely: Jesus het opgevaar na die hemel ….

Uitsprake in die Geloofsbelydenis van Nicea kom voor in die vorm van proposisies.  ’n Proposisie is ’n uitspraak wat geldigheid het vir ‘n groot groep mense.  Dogmatiese proposisies verwoord egter nie noodwendig iets wat ’n individuele gelowige persoonlik as eie oortuiging ervaar nie.  Mense kan dit in kerke se diensboeke lees, liturge in eredienste dit hoor uitspreek of dit selfs as deel van die kerklied sing sonder om self die saak wat deur die die proposisie uitgedruk word as eie geloofsgoed te beleef.  Om saam met die kerk en soos die kerk te bely vra ’n toeeiening van die saak wat in die belydenis uitgedruk word.  Tog wil ons graag aanvaar dat, ver terug in die wordingsgeskiedenis van die dogma, die saak wat in die belydenis van die dogma uitgedruk word, wel op grond van die godsdienstige ervaring van gelowiges in interaksie met mekaar ontstaan het.

Kommentaar: die taak van die post-sekulêre teoloog

Die berig in teo.co.za oor die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns se commendatio rakende die bekroning van prof Andries van Aarde, bied ’n verdere geleentheid om die bekroningsfunksie op Vrydag 20 Junie 2008 in die H.B. Thom-teater van die Universiteit van Stellenbosch op rekord te plaas.


HTS-Gedenklesing: “The RDP of the Soul”

In die Bybel het die woord wat in Engels as “soul” vertaal word, in baie gevalle betrekking op die mens as geheel: a living being; the essence of life in terms of thinking, willing and feeling; a person as individual; the physical life Wanneer mense die woord “soul” hoor, dink hulle waarskynlik aan morele kwessies. Leiers – ook akademiese leiers – se legitimiteit word sterk aan moraliteit gebind. Geweld en teengeweld kweek egter onverdraagsaamheid en is immoreel. Geweld ontmenslik menswees in totaal: liggaam, psige, redelikheid en potensiaal. Geweld skep derhalwe ’n synskrisis.