Willem Bakkes
Artikels deur die Outeur
Meditatio: Oop kommensaliteit
- Deur Willem Bakkes
- Gepubliseer 26 June 2008
- Preekhulp
-
Evaluering:




Jesus word soos volg beskryf in Matteus 11:19: Die Seun van die mens het gekom en geëet en gedrink, en hulle sê: “Kyk daar, ‘n vraat en ‘n wynsuiper, ‘n vriend van tollenaars en sondaars”. Die vraag is: waarom word Jesus met hierdie terme beskryf. Wat was Jesus besig om te doen binne die denke van sy tyd?
Nuwe Boeke: Waar HOOP is, is LEWE ...
- Deur Willem Bakkes
- Gepubliseer 26 June 2008
- Boeke
- Nog geen evaluering
André Bartlett se nuwe boek is ‘n verfrissende wind wat waai. Dit probeer gebeure histories inbed. Reeds in die voorwoord word vertel van strominge in die NG Kerk wat afgespeel het tydens die bekende Du Plessis saak van die Dertigerjare van die vorige eeu. Daar word uitgewys hoe die meer “konserwatiewe” en meer “progressiewe” strominge teenoor mekaar gereageer het. Verder word ‘n “kerkpolitieke stroming” aan die orde gestel wat eintlik die standpunt het dat “die gewone lidmate nie verwar moet word nie”, wat effektieflik die progressiewe stroom gemuilband het.


