Christo Lombaard

 Artikels deur die Outeur

Spirituality Association of South Africa (SPIRASA)

Key note speaker: Prof. Vincent Brummer, The Netherlands


Prof. Brummer is internationally known for his book on What Are We Doing When We Pray? On Prayer and the Nature of Faith which won the Andrew Murray - Desmond Tutu Prize for Christian and Theological Books for 2009 (Ashgate Publishers). Reading material for Prof. Brummer’s presentation will be sent to those who register for the conference.


Buchan brou

Om Angus Buchan, volksprediker, te kritiseer, is nie altyd ewe maklik nie. Hy het oor die afgelope jare ’n populêre godsdiens-ikoon geword, en mense ag ikone heilig: eensydig betekenisgewend; bo bevraagtekening verhewe. Sy lewe spreek van ’n tipe egtheid wat wyd resoneer: hy ken swaarkry; hy lewe onbeswadderd; hy het ’n gemaklike “common touch”. Verder is hy geen teoloog nie – iets waarop hy soms op ’n manier roem; iets waarmee hy homself teen kritiek kan immuniseer. Opreg is hy ook: hy glo werklik als wat hy sê, al kan dié wat dieper kyk sy oppervlakkighede skaars verstaan; al kan dié wat anders kyk sy eensydighede skaars uitstaan. Want maak geen fout nie, so volgraan-organiesgesond as wat die evangelie wat hy opdis lyk, Buchan brou.


Oor spaghetti- en kaalgelowigheid...

In ‘n interessante slotbriefie op twee blaaie gewy aan die Belhar-belydenis van voorverlede Saterdag se bylaag tot Beeld By, skryf iemand Nee dankie vir dié Christene wat dan nou “so erg onder mekaar baklei”, naamlik oor dié veelbetwiste moontlike vierde belydenisgeskrif vir die NG Kerk. Éénheid, soek die briefskyfster as kenmerk van ‘n gemeenskap van God; nie verdeeldheid nie. Anders gestel: waar gelowiges is, hoort daar nie stryd nie.


Christo berig uit Kanada

Hier staan ek nou, effens vooroorgeboë, met my neus amper teen ‘n muur gedruk.  Agter die glas is ’n bladsy.  Ses, sewe honderd jaar oud.  ’n Kunswerk.  Uit Persië.  Arabiese Midde-Ooste.  Muslim-wêreld.  Wat hang tussen soortgelyke prente uit Indië.  Prente met titels soos Jahangir en Jesus.  Alles in die Mughal-tradisie (wat iewers nog van Genghis Khan afstam).