Rex van Vuuren

 Artikels deur die Outeur

Anne Frank: die dagboekbriewe en vriendskap

Vir my is psigologie nog altyd ‘n dissipline wat op twee stoele sit. Aan die eenkant het die psigologie, vanweë die krag en sukses van die natuurwetenskappe, gepoog om self ‘n natuurwetenskap te wees deur die aannames en metodiek van die natuurwetenskappe na te boots. Aan die anderkant is daar die opvatting dat psigologie nie ‘n “gedragwetenskap” of primêr ‘n “sosiale wetenskap” is nie, maar ten diepste steeds ‘n “geesteswetenskap” wat net so goed by die humanioria tuis hoort. Dit is met hierdie profiel van die psigologie dat talle outeurs en groepe denkers wat dieselfde waardes deel, streef na ‘n taal wat meer reg kan laat geskied aan mens-wees, menslike fenomene en die alledaagse leefwêreld. So het ek byvoorbeeld enkele jare gelede afgekom op die “personologiese benadering tot persoonlikheidsevaluering en psigobiografie” van Irving Alexander (1990). Die kort opstel wat hier aangebied word, is die resultaat van ‘n poging om die metode van Alexander aan die hand van die dagboek van Anne Frank te beproef. Die vraag wat hier probeer beantwoord word is wat kan ons uit die dagboek van Anne Frank oor haar persoonlikheid wys word?