Rex van Vuuren
Artikels deur die Outeur
Anne Frank: die dagboekbriewe en vriendskap
- Deur Rex van Vuuren
- Gepubliseer 16 July 2008
- Boeke , Artikels
-
Evaluering:




Vir my is psigologie nog altyd ‘n dissipline wat op twee stoele sit. Aan die eenkant het die psigologie, vanweë die krag en sukses van die natuurwetenskappe, gepoog om self ‘n natuurwetenskap te wees deur die aannames en metodiek van die natuurwetenskappe na te boots. Aan die anderkant is daar die opvatting dat psigologie nie ‘n “gedragwetenskap” of primêr ‘n “sosiale wetenskap” is nie, maar ten diepste steeds ‘n “geesteswetenskap” wat net so goed by die humanioria tuis hoort. Dit is met hierdie profiel van die psigologie dat talle outeurs en groepe denkers wat dieselfde waardes deel, streef na ‘n taal wat meer reg


