Gerda de Villiers

(Bladsy 1 van 13)   
« Vorige
  
1
  2  3  4  5  Volgende »

 Artikels deur die Outeur

Vroue in die geslagsregisters van Genesis

Geslagsregisters is nie die opwindendste gedeeltes in die Hebreeuse Bybel nie. Meestal bestaan hulle uit lang lyste met vreemde name van karakters van wie ‘n mens dikwels nooit weer hoor nie. En tog vervul geslagsregisters ‘n belangrike funksie. In die Ou Testament waar geslagsregisters aan die einde van ‘n storie gegee word, vertel elke naam iets oor die verlede of slaan ‘n brug na die toekoms. Byvoorbeeld, na die vertelling van die skepping van die wêreld, volg die geslagsregister van Adam tot by Noag en sy seuns (Gen 5). Die vloedverhaal word dan vertel, en eindig met die nageslag van Sem, Gam en Jafet (Gen 10). Daarna word Sem se nageslag uitgesonder (Gen 11:10-24) om die oorgang na die verhale van die aartsouers te bied: Abraham en Sara, Isak en Rebekka en uiteindelik Jakob en sy vroue.


Rolprent: The best exotic Marigold Hotel

Verskillende omstadighede gooi ‘n groepie Britse bejaardes in dieselfde bootjie – of liewers, op dieselfde vliegtuig – op pad na Jaipur in Indië. In die nuut-gerestoureerde ‘Exotic Marigold Hotel’ gaan hulle lafenis vir oue siele vind – Indië is immers soveel goedkoper as Brittanje. Die advertensie belowe palmbome, koel kabbelende fonteine, en private kamers wat volledig met elke denkbare luukse toegerus is.


Rolprent: The Artist

Behalwe vir enkele minute heel aan die einde, is The Artist ‘n stilprent van nagenoeg 100 minute lank. Alles is swart-en-wit, tipies van die stilprente van die vroeg twintigste eeu. Die hele fliek word gedra deur musiek en veral deur mimiek. Jean Jujardin as George Valentin en Bérénice Bejo as Peppy Miller is albei skitterend, maar die held en hartedief van die verhaal is Uggie, die brak. Verder is dit baie duidelik dat die regisseur, Michel Hazanavicius goeie navorsing oor die genre van die stilprent gedoen het.


Pase deur die eeue – en vandag?

Die Christendom het sy wortels in Pase. Die vier evangelies verskil aansienlik in meerdere of mindere detail, maar nogtans is hulle dit hieroor eens: Jesus het saam met sy dissipels die Joodse pasgamaaltyd gevier en net daarna is Hy gevange geneem en tot ‘n kruisdood veroordeel. Baie vroeg is die pasga-simboliek op Jesus oorgedra: byvoorbeeld, in 1 Korintiërs 5:7 verwys Paulus na Hom as die ‘paaslam’. En voor die einde van die eerste eeu skryf die drie sinoptiese evangelies dat Jesus die brood en wyn van die pasga op Homself van toepassing maak: die brood is sy liggaam wat gebreek word, die wyn is sy bloed wat vergiet word (vgl Matt 26:26-29; Mark14:22-24; Luk 22:19-20). Maar of die Christelike paasfees onmiddellik die Joodse pasga vervang het, is onseker. 


Boekbekendstellings van CUM

Twee boeke by CUM: Vra God te veel? deur Braam Hanekom, en Die Storie, saamgestel deur Max Lucado en Randy Frazee.


Met lewende herinneringe, rugwaarts die toekoms in

Die ontdekking van die teleskoop het die mens in staat gestel om die heelal in al sy grootsheid waar te neem, om van meer en meer sonnestelsels bewus te raak, en om te ontdek dat hy uiteindelik nie die spil is waarom alles draai nie. En tog is dit ook nie die waarheid nie. Die kosmos bestaan nie uit die geofisiese wêreld ‘daarbuite’ nie, maar word gekonstrueer deur menslike ervaring en menslike verbeelding. Ten spyte van alle wonderlike ontdekkings, bly die mens deur al die eeue heen die middelpunt van sy wêreld.
          Hoe het die Ou Nabye Oosterse mens sy wêreld konstrueer?


Ou feeste in ‘n nuwe gewaad

Godsdienstige gemeenskappe se jaarkalender word deur feeste gekenmerk. Dit gaan om méér as blote vreugde of pret wat momenteel daarop gerig is om van sorge te vergeet en jouself oor te gee aan plesier. Godsdienstige feeste is by uitstek feeste van herinnering. Tydens godsdienstige feesgeleenthede dink die mense nie slegs aan hulself nie, maar aan die interaksie tussen God/gode en mens, of herroep oomblikke toe die bonatuurlike op die natuurlike sfeer ingebreek het. Godsdienstige feeste bind ‘n gemeenskap aan mekaar, en struktureer die liturgiese jaar. In hierdie teo-bydrae gaan ek die belangrikste feeste van Ou Israel bespreek. 


Meditatio: En as die wonderwerk nie gebeur nie …

Hoe dikwels wag ons op 'n wonderwerk? Hoe dikwels misluk ons grootse ideale – selfs ter wille van ‘n baie goeie saak? Hoe dikwels wil ons ook soos Elia onder die besembos gaan lê en uitroep: ‘Here, nou is dit genoeg!’ En, hoe dikwels wens ons die Here wil maar net een keer – al is dit net een keer – ‘n kragtoertjie uithaal, sodat ons weet Hy bestaan … maar al wat ons hoor is sy oorverdowende stilte.


Maria, maagd en moeder: die eerste eeue

Kersfees. Saam met Christene wêreldwyd herdenk ons die geboorte van die Christuskind, maar in die Protestantse tradisie maak ons nie veel van sy moeder nie. Ons bely slegs dat ‘Jesus Christus uit die maagd Maria gebore is’, sonder om na te dink waar daardie belydenis vandaan kom, of hoekom dit belangrik was om dit te sê. In hierdie teo-bydrae wil ek stilstaan by die vroegste tradisies rondom Maria.


Twee Boeke

Twee boeke oor prediking van Bybel-Media.