Gerda de Villiers

(Bladsy 1 van 9)   
« Vorige
  
1
  2  3  4  5  Volgende »

 Artikels deur die Outeur

Rolprent: Creation

Creation is nie ‘n dokumentêre fliek of ‘n biografie oor Darwin nie. Veel eerder is dit ‘n interpretasie van twee aspekte van sy lewe: sy stryd tussen die wetenskap en geloof, en die besondere verhouding met sy dogter Annie. Annie’s Box, ‘n interpretasie van Darwin se lewe deur sy agter-agter-kleinseun, Randal Keyes, is as basis vir hierdie rolprent gebruik.

Rolprent: The Maid [La Nana]

Rolprent is by uitstek ‘n medium wat van terugflitse gebruik maak. ‘n Karakter se vreemde, afwykende optrede word dikwels belig deur traumatiese gebeure uit sy/haar kinderjare. ‘n Goeie rolprent verloop selde chronologies. Ek sê selde, want The Maid [La Nana] is ‘n uitsondering op dié reël.


Bastille 14 Julie 1789 – Teater van die Absurde

Op 14 Julie vier Franse wêreldwyd ‘Bastille’-dag. Met die welbekende slagspreuk liberté, égalité, fraternité, word die Franse Rewolusie ingelui. Vryheid, gelykheid en broederskap is voortaan Franse volk se motto. Die mure van die Bastille tuimel ineen, en die volk is bevry van die mag en onderdrukking van die koning en die kerk. Voortaan het almal gelyke regte en ‘n gelyke sê in die regering van die land. L’ancien régime is vir altyd verby, viva la république!


Videokonferensie: UP/Essen 2010 – Sokker!

Op Dinsdag 6 Julie het die vierde video-konferensie tussen die Universiteit van Pretoria en die Universiteit van Essen plaasgevind. Onder leiding van proff Dirk Human van UP en Aaron Schart van Essen, ontmoet groepe studente via ‘n video-kamera om gesprek te voer en om iets van mekaar se leefwêreld te wete te kom. Alhoewel die onderwerpe meestal teologiese en religieuse aangeleenthede raak, is daar gewoonlik algemene vrae: die Duitse studente stel veral belang in die kultuur en die wêreld van Afrika, en daarom word veral ons Afrika-studente by hierdie geleentheid betrek.

Monoteïsme: ‘n homilie in die mond van Moses?

Daar was ‘n tyd in die middel van die negentiende tot die vroeg twintigste eeu toe die hoop op argeologiese ontdekkings gevestig is om die Bybel as geskiedkundig ‘waar’ te bewys. Hierdie hoop het toenemend beskaam. Bittermin Bybelse ‘feite’ het opgeduik, maar die vele artifakte en potskerwe het tog interessante oorblyfsels van die alledaagse sosiale en kulturele praktyke opgelewer. Maar argeologiese ontdekkings in die laat-sestigerjare van die vorige eeu, sou opspraakwekkende getuienis lewer. Dit het te make met opgrawings wat op twee argeologiese terreine gedoen is: Khirbet el Qom, en Kuntillet Ajrud. Teen die mure en op potskerwe is inskripsies gevind wat dateer uit die agtste tot sewende eeu vC.

Aartsvaders – of Aartsouers?

Genesis 12-36 gaan oor die sogenaamde ‘aartsvader-verhale’ – die verhale van Abraham, Isak en Jakob. Op talle plekke in die Hebreeuse Bybel word God voorgestel as die ‘God van die vaders, die God van Abraham, Isak en Jakob’. Dat hierdie tekste deur die eeue heen deur ‘n oorwegend manlike bril gelees is, is dus geen wonder nie. Maar daar is ook ‘n ander bril. Die bril wat op die aandeel van die vroue in die verhale fokus. Die bril van Irmtraud Fischer bekyk die tradisionele verhale vanuit ‘n ietwat ander perspektief.


Digbundel: hoe vou die lig in deur Everline van Dyk

Digkuns is ‘n persoonlike, intieme kunsvorm, en hoe vou die lig in, is dan ook geen uitsondering nie. Hierdie digbundel bestaan uit sewe afdelings wat meestal ingelei word deur ‘n aanhaling van ‘n ander skrywer of digter, of uit die Bybel. Die 'lig' is egter nie vanuit die staanspoor daar nie - 'n mens moet die hele boekie deurlees om toe te laat dat sirkels van lig op treffende wyse ontvou.  


Daar is verskillende benaderings tot Skrifgebruik. Etiek soos wat dit uit Bybelse hermeneutiek afgelei word, hou nou verband met etiese kwessies waarmee Christene elke dag te doene kry. Die Bybel is die riglyn en bied die basiese uitgangspunt waarvolgens etiese beslissings gemaak word. Maar soms moet ‘n mens van jou eie vooroordele bevry word, en dit is nie heeltemal moontlik nie.  Hierdie artikel hou ‘n etiek van verantwoordelikheid voor: vooroordele wat aansluit by ‘n etiek van verantwoordelikheid, slaan die brug tussen ‘n teks van die verlede en ‘n her-interpretasie daarvan in die hede. 


Filemon as terapeutiese narratief

Hierdie artikel ontleed die verskillende narratiewe wat in Filemon geïmpliseer word deur gebruik te maak van die terapeutiese benadering, soos ontwikkel deur Epston & White (1990). Twee duidelike narratiewe word onderskei: die dominante narratief (die harde manier waarop slawe in die vroeg Christelike tye behandel is), en ‘n narratief wat hierdie houding uitdaag (die meer menslike hantering van slawe). Hierdie artikel wys op Paulus se poging om die gaping tussen die twee narratiewe te oorbrug deur sekere merkers te gebruik wat hy heel moontlik by die misterie-religieë gekry het, sowel as die voorbeeld wat Jesus gestel het. Uiteindelik bied die narratiewe terapeutiese benadering ‘n nuwe en unieke blik op Filemon se narratiewe wêreld.


Rut en Naomi het in Betlehem aangekom aan die begin van die garsoes (Rut 1:22c), die oes wat tradisioneel geassosieer word met die oes wat in Levitikus 23:15-22 en Numeri 28:26-31 beskryf word. Vandag noem ons hierdie fees 'Pinkster', en in die lig van die naderende Pinkstertyd, wil ek die boekie Rut van naderby beskou.