Gerda de Villiers

(Bladsy 3 van 9)   « Vorige  1  2  
3
  4  5  Volgende »

 Artikels deur die Outeur

Bioskoop: die magtigste kunswerk van die 20e eeu

Jy koop jou kaartjie, jou coke en jou springmielies. Jy stap die teater binne, wikkel jouself gemaklik in jou stoel. Voor jou is ‘n skerm, maar jy neem dit sonder veel belangstelling waar. Dan begin dit donker word. Jy voel ‘n aangename sensasie van opwinding. En skielik is dit heeltemal donker. Die skerm verlig. En jou totale universum verander eensklaps. Binne enkele oomblikke betree jy ‘n nuwe wêreld. Daarbuite bestaan nie meer nie, jy is selfs geïsoleer van jou mede-kykers. In die donkerte van die teater word jy oorspoel deur beelde, en jy aanvaar dit as die lewe.

Kabbala: 03

In hierdie bydrae staan ek ‘n oomblik stil by die hart van hoogbloei kabbala: Zohar, ein sof, weereens die sefirot en shekinah.

Het die outeur van The Shack en die Pauliniese en Johannese mistiek dalk iets in gemeen? Dit is wat hierdie artikel probeer bewys.

Pastorale beraad aan diegene wat deur ‘n rouproses gaan, bied nuwe uitdagings aan pastorale sorg. Daar word wegbeweeg van ‘n modernistiese paradigma wat daarop gerig is om die proses af te handel en te fokus op die hantering van die sogenaamde take van rou en die vermyding van smart-patologie. Veel eerder word die proses van rou word met ‘n oop einde gelaat.

Kabbala: 02

Ma’aseh bereshit en ma’aseh merkavah

… Oftewel, ‘die werk van die begin’ en ‘die werk van die strydwa’. In die vroeë Mishna (Hagiga 2:1) van die eerste eeu, word gewaarsku oor die bestudering van tekste wat handel oor die skepping van die heelal – soos beskryf in die eerste hoofstukke van Genesis -  en oor die hemelse strydwa - soos beskryf in die eerste hoofstuk van Esegiël. Om hierdie gedeeltes te bestudeer of daaroor te spekuleer, is gevaarlik, fisies, sowel as psigies.

Boekbekendstellings

Twee nuwe boeke uitgegee deur CUM: Seisoene, Storms en Woestyne. Verstaan die swaarkry-tye in jou lewe deur Isak Burger en Wie My volg ... 366 oordenkings uit die Evangelie, Briewe en Openbaring van Johannes deur Jan du Rand.

Kabbala: 01

Wat is kabbala? Madonna het dit gedoen en die bewys was daar: ‘n rooi bandjie om haar pols en ‘n nuwe naam, Esther. In Amerika is daar Kabbalah Centres, Kabbalah Institutions, Kabbalah Conferences wat in luukse hotelle aangebied word, en selfs ‘n Kabbalah University Online. Ook in Suid Afrika het Kabbala intussen byval gevind en is ‘n rooi bandjie om die pols en ‘n nuwe naam die kenmerk - Ester is besonder gewild onder vroue.

Meditatio: Ek is skuldig.

Juda is ‘n belhamel. Saam met sy broers beraam hy ‘n plan om van Josef ontslae te raak. Dit is sy voorstel om Josef aan Midianitiese handelaars verkoop. Verder bedink die broers ‘n groter geknoei: doop Josef se tuniek in die bloed van ‘n boklam, en sê ‘n roofdier het hom opgevreet. En toe hul vader Jakob die kledingstuk herken, is hy ontroosbaar ...

Nuwe Boeke: Jesus van Nasaret deur Sakkie Spangenberg, 2009

Uiteindelik! Goeie – nee, uitstekende Afrikaanse godsdienstige lektuur op die populêre mark. ‘n Welkome druppel in die leë emmer wat poog om te beantwoord aan die behoeftes van denkende, kritiese Afrikaanssprekende gelowiges. Van vroom praatjies en vlak teologie het ons genoeg.