Hennie Aucamp
Artikels deur die Outeur
Holocaust-dagboeke, met spesiale verwysing na Die Agterhuis van Anne Frank
- Deur Hennie Aucamp
- Gepubliseer 21 May 2009
- Deur ander se oë
- Nog geen evaluering
Prof Lina Spies se vertaling van Het Achterhuis, die dagboek van Anne Frank, is ’n formele beklinking van haar dekade lange gemoeidheid met die Holocaust by wyse van artikels en verse. Een van die vroegste literêre manifestasies van hierdie belangstelling was die gedig “Vir Anne Frank van Het Achterhuis”, wat in Spies se debuutbundel Digby Vergenoeg (1971) opgeneem is. Vir die rekord moet genoem word dat die Frank-gesin reeds in 1960 hul intrede in die Afrikaanse letterkunde gedoen het, en wel deur Barend Toerien, met sy gedig “Aan mnr Otto Frank van Het Achterhuis”, opgeneem in sy bundel Gedigte.


