Gerrit Brand
Artikels deur die Outeur
Praat van die duiwel
- Deur Gerrit Brand
- Gepubliseer 16 April 2010
- Deur ander se oë
-
Evaluering:




“Ek weet daar sal mense wees wat nou wil sê: ‘Wil jy nou regtig op hierdie dag en datum weer ons ou vriend die duiwel bysleep, met sy hoewe en horings en al?’ Ek moet sê ek weet nie eintlik wat die dag en datum daarmee te make het nie. En ek is nie gepla met die hoewe en die horings nie. Maar verder is my antwoord: ‘Ja, ek wil.’”
Om transformasie te transformeer
- Deur Gerrit Brand
- Gepubliseer 26 February 2010
- Deur ander se oë
- Nog geen evaluering
Wanneer ons die evangelie onder woorde bring, het ons geen keuse as om gewone taal te gebruik nie – die einste taal wat as ’t ware besmet is met die verwronge aannames en waardeoordele van sondige mense soos ons. Dit geld reeds die taal van die Bybel waardeur ons telkens weer die evangelie hoor: Die apostoliese getuienis is deurspek met begrippe wat aan die Joodse en Romeins-imperiale kultuur ontleen is. Woorde soos “Here”, “koninkryk”, “offer”.
Die taal wat God self praat
- Deur Gerrit Brand
- Gepubliseer 12 February 2010
- Deur ander se oë
-
Evaluering:




Die God van die Bybel is ’n God wat praat, skryf N.T. Wright in The Last Word. Maar watter taal praat God dan? Umberto Eco vertel in sy La ricerca della lingua perfetta nella cultura europea (in Nederlands: Europa en de volmaakte taal) oor die lang soeke na die “volmaakte taal”, wat in die moderne era die vorm aanneem van ’n versugting dat één taal, byvoorbeeld Engels, die enigste wêreldtaal moet wees, dikwels omdat dié taal as inherent superieur beskou word. Andere wil ’n nuut geskepte taal vir internasionale kommunikasie, soos Esperanto, bevorder om sodoende taaloorheersing uit te skakel.


