Piet Van der Merwe

 Artikels deur die Outeur

Teologiese opleiding in die spanningsveld tussen kerk en universiteit

Die algemene ervaring en persepsie is dat daar inderdaad ’n spanningsveld tussen kerk en universiteit bestaan, of anders gestel, tussen kansel en kateder. ’n Mens sou kon vra waar dit vandaan kom, aangesien dit tog ook algemene kennis is dat die wortels van die moderne universiteitswese in die biskopskole en kloosters van die Middeleeue lê. Om hierdie vraag te beantwoord, is dit nodig om na die geskiedenis van die moderne universiteit te kyk, al is dit by wyse van voëlvlug.