Jaco Beyers

 Artikels deur die Outeur

Sai Baba sterf

Op 24 April is die guru, Sathya Sai Baba, op 86 jarige ouderdom oorlede. Sathyanarayana Raju is in 1926 in Indië gebore. Op jeugdige ouderdom (14 jaar oud) oorleef hy ‘n skerpioen byt. Na sy herstel, maak hy daarop aanspraak dat hy die reinkarnasie van die Moslem heilige Shirdi Sai Baba is. Van daardie oomblik af begin Sai Baba wonderwerke doen wat groot skares mense en volgelinge lok. Met verloop van tyd noem sy volgelinge hom guru, ‘n titel vir ‘n wyse man. In 1963 maak Sai Baba daarop aanspraak dat hy ook verder die inkarnasie van God self is. Hierdie God is die enigste God wat nie die besit van net een godsdiens is nie, maar alle grense oorspan.