Danie Veldsman
Artikels deur die Outeur
Preek: Soos die lelies van die veld… (Matt 6:28)
- Deur Danie Veldsman
- Gepubliseer 26 February 2010
- Preekhulp
-
Evaluering:




Die sorg van die Here: wat verstaan ons daaronder? Wat beteken dit vir jou? Ek wil na hierdie vraag kyk aan die hand van die Matt-teks ten einde met die oë van geloof te kan antwoord op die betekenis daarvan hier en nou.
Reaksie op dr George Claassen
- Deur Danie Veldsman
- Gepubliseer 12 February 2010
- Artikels
-
Evaluering:




Gelowige mense glo nie aan toeval nie. Ek meen dat alle Christelike groeperinge met hierdie stelling sal saamstem.
Neem lees, dink en……..drink?
- Deur Danie Veldsman
- Gepubliseer 15 November 2009
- Deur ander se oë , Artikels
- Nog geen evaluering
In die deurlees van Willie van der Merwe se intreerede aan die Fakulteit van Teologie en Filosofie van die Vrije Universiteit van Amsterdam, Nederland het die titel van ‘n bekende suid-afrikaanse teoloog se boek oor hermeneutiek spontaan by my opgekom: Neem, lees! So het ek sy intreerede ervaar: Amper eucharisties-kognitief. Kon met gewydheid saamdink. As teks kom dit uitnodigend oor. Uitnodigend om saam te lees en saam te dink maar ook om saam te voel hoe die verstand die (sin)psalms van die hart besing. Maar besing (lees indrink!) op so wyse dat ons weerloosheid elke oomblik voor oë en hart sal bly. Dat die uiteindelik totaliserende illusie ontmasker kan word van die menslike subjek wat meen om die werklikheid en die geskiedenis met sy / haar instrumentele rede te beheers en te deurgrond. Ook die teenstaan van die sogenaamde immanentisering van die transendente. Na my oordeel is dit die besondere insigtelike bydrae van Willie in sy intreerede. Dit moet gehoor, gesien en gevoel word. Veral juis dit sal na my oordeel in die suid-afrikaanse teologies-kerklike debat gehoor en verstaan moet word. Dat kerk en teologie die totaliserende balk in die eie oog sal raaksien. Die geweld sal raaksien van die wyse waarop hulle dikwels met die (benoeming / formulering) van die werklikheid mee omgaan. Maar terug na Willie se teks.
Kersfees 2008.03: Om te groet, maar om nie afskeid te neem nie.....
- Deur Danie Veldsman
- Gepubliseer 8 December 2008
- Artikels , Deur ander se oë
-
Evaluering:




Om afskeid te neem van iemand met wie ons die lewe op ‘n besondere wyse gedeel het of met wie ons in ‘n spesifieke relasie gelewe het, is doodgewoon swaar. Weliswaar uiteenlopend hartverskeurend swaar. Uiteenlopend hartverskeurend, want die lewenswaar word deur die dood van die ander persoon oor jou gebring daar waar jy is. Daar waar jy is in relasie tot die een waarvan afskeid geneem word. As kind – van ‘n ouer. As ouer – van ‘n kind. Of van ‘n familielid of vriend. Elke keer losskeurend anders. Losskeurend want ons is mos aanmekaar vasgegroei. En boonop gaan die omstandighede waaronder jy die ander een groet nog jou hartskamers se trooskrag beproef. Die elke keer anders, word elke keer met ander woorde van troos vergesel.
Resensie: Is Faith Rational? A Hermeneutical-phenomenological accounting for Faith
- Deur Danie Veldsman
- Gepubliseer 16 November 2008
- Boeke
-
Evaluering:




“Is faith rational?” wat in die reeks Studies in Philosophical Theology (34) verskyn het, is ‘n godsdiens-filosofiese verantwoording van die Christelike geloof deur Wessel Stoker van die Vrije Universiteit in
Johan Heyns-Gedenklesing: 27 Mei 2008
- Deur Danie Veldsman
- Gepubliseer 13 June 2008
- @ die Fakulteit , Artikels
-
Evaluering:




As ons in ons teologiese nadenke meen dat ons by formuleringe uitgekom het waarin God vir ons volledig verstaanbaar is, waarin God se grootheid kantklaar blootgelê is, dan moet ons weet: hierdie formuleringe is vals. Is vals, want die God wat ons leer ken vanuit die bybelse verhale vanaf die skepping, die geskiedenis van die aartsvaders, die konings en profete, in die lewe en sterwe en opstanding van Jesus, die evangeliste, ander skrywers, en Paulus – en dan ook leer ken uit die historiese ontvouing van ons onderskeie kerklike tradisies, uit die natuur, ons ervaringe en nadenke, is ‘n God wat juis nie vasgepen kan word in ons eiesinnige, gebrekkige, onvanpaste en voorlopige menslike formuleringe nie.
Nuwe Boeke 04: Die genesing van herinneringe
- Deur Danie Veldsman
- Gepubliseer 13 May 2008
- Boeke , Artikels
-
Evaluering:




Hierdie boekie oor die “Genesing van herinneringe” is ‘n uiters aktuele en konkrete teologiese bydrae tot die uiteenlopende traumatiese ervaringe in ons eietydse Suid-Afrikaanse samelewing.


