Artikels

Op hierdie blad kry jy bondige, grondige artikels te lese – oor diverse sake van kerklike en teologiese belang.


    (Bladsy 1 van 13)   
    « Vorige
      
    1
      2  3  4  5  Volgende »

    Op die skutblad van Marianne Weber se biografie oor haar beroemde man, Max Weber , verskyn 'n gedig van Rainer Maria Rilke wat só begin: ‘Das war der Mann, der immer wiederkehret …’ (Weber 1986). So was en is Augustinus steeds. Die man wat telkens weer en weer terugkeer, weer en weer aan die deur klop. En nie almal wat die deur oopmaak, hou noodwendig van hom nie, maar dié man het die teologie tot vandag toe ingrypend beïnvloed. Vandag nog praat mense oor hom, lees hulle hom intensief en verinnerlik sy denke. Of ons dus die kloppende Augustinus innooi of wegwys hy is daar en gaan nog lank daar wees.


    Skepping en ewolusie

    ‘n Kerk wat bang is vir mense wat vir hulleself dink tipeer gewoonlik hierdie selfstandigheid in moreel negatiewe lig: ongehoorsaam; ketters; ateisties. Daarom dat die verband getrek word tussen ewolusie en die bose / ateisme.


    Skepping en Evolusie

    Genoeg bewyse bestaan ter ondersteuning van Charles Darwin se evolusieteorie.

    Dié basiese feit in gerekende wetenskaplike kringe wat die waarheid van die teorie vandag nie eens meer debatteer nie, is in 2009 as ’n vraag gestel aan meer as 10 000 volwassenes van 10 lande deur die British Council se Darwin Now-opname. Die lande wat ingesluit is by die opname, as deel van die 200ste herdenking van Darwin se geboorte en die 150-jarige herdenking van die publikasie van On the Origin of Species, was Argentinië, China, Egipte, Indië, Mexiko, Rusland, Suid-Afrika, Spanje, Groot-Brittanje en die VSA.


    Reaksie op dr George Claassen

    Gelowige mense glo nie aan toeval nie. Ek meen dat alle Christelike groeperinge met hierdie stelling sal saamstem. Om dus te kyk na die merkwaardige ooreenkoms tussen die skelet en liggaamsorgane van mens en dier: bloed en bloedsirkulasie; hart en longe, brein en senuweestelsel, maak dit dus vir gelowiges, en vir teologiese nadenke noodsaaklik / onvermydelik om evolusie ernstig te neem. Gene en chromosome bestaan – in dier en mens. Ons mag nie – vanuit ‘n geloofsperspektief - hierdie evolusionêre ooreenkomste aan toeval oorlaat nie. Maar hoe benader ons dan hierdie gesprek tussen hulle wat voorstanders is van evolusie, en teologie nadenke waarin nie alleen God se bestaan bely word nie, maar God ook as Skepper?


    Teologiese opleiding in die spanningsveld tussen kerk en universiteit

    Die algemene ervaring en persepsie is dat daar inderdaad ’n spanningsveld tussen kerk en universiteit bestaan, of anders gestel, tussen kansel en kateder. ’n Mens sou kon vra waar dit vandaan kom, aangesien dit tog ook algemene kennis is dat die wortels van die moderne universiteitswese in die biskopskole en kloosters van die Middeleeue lê. Om hierdie vraag te beantwoord, is dit nodig om na die geskiedenis van die moderne universiteit te kyk, al is dit by wyse van voëlvlug.


    Kersfees: Matteus 1:1-17

    Kersfees.

       Ons spits ons ore vir die mooi storie. Van Jesus se geboorte, die herders, die engelekoor, die drie wyse manne uit die Ooste en die Betlehemster oor die stal met die krip, terwyl bose koning Herodes in die agtergrond duistere planne smee om die Kind om die lewe te bring … Ons harmoniseer die evangelies naatloos, omdat dit ons pas om ‘n mooi storie te vertel. Ons vermy die geslagsregisters, want dit is tog o so vervelig, en met al die moeilike name ook!


    God se teken van sy nabyheid

    ’n Klein hermeneutiek

    In Jesaja staan daar: Die Here sal daarom self vir julle 'n teken gee: 'n Jong vrou sal swanger word en 'n seun in die wêreld bring en sy sal hom Immanuel’. En in Matteus 1:23, 25 lui dit so: Die maagd sal swanger word en ’n Seun in die wêreld bring en hulle sal Hom Immanuel noem ... en Josef het Hom Jesus genoem’. Twee tekste wat amper dieselfde lyk, maar tog nie dieselfde is nie. Een verwys na gebeure in die agste eeu voor Christus en die laaste na ’n geboorte aan die begin van ons jaartelling.


    Om buite die boks te glo ...

    Meer as 10 jaar gelede, op 1 Februarie 1999 het ek die opdrag gehad om ‘n referaat te lewer by die opening van die Fakulteit Teologie, Universiteit van Pretoria. Die titel was “’n Nuwe millennium: Uitdagings vir die kerk”. Ek het gepraat oor twee geloofstale of twee maniere van glo: Die dogmaties-korrekte manier en aan die ander kant die poetiese verbeeldingstaal. In die afgelope 10 jaar was daar bemoedigende tekens van die versterking van die tweede taal om daarmee die ontoeganklikheid van God en die misterie van geloof uit te druk. Terselfdertyd is dit verstommend om te sien hoedat georganiseerde godsdiens die ou “taal” ten alle koste wil beskerm en instand hou. Daar is weerstande teen die aanleer ‘n nuwe geloofstaal en nog erger weerstande teen ‘n teologie wat so ‘n taal wil bevorder.


    Origenes was die grootste. So het baie in die vroeë kerk oor hom gedink. Volgens een het God aan Origenes die wondergawe van uitleg gegee. Hy het die Ou Testament (en ook die Nuwe Testament) so goed verstaan en die boodskap daarvan so goed vir gewone mense verwoord dat dit was asof God die Ou Testament heel eerste aan hom gedikteer het (Paget 1996:500). Volgens 'n moderne kerkhistorikus was daar nog nooit weer so 'n volronde Bybelgeleerde soos Origenes nie (Von Harnack 1969:189-193). Sy bydrae tot die destydse verstaan van die Ou Testament was oorweldigend en groots. Dit was asof baie sieninge, teorieë en probeerslae om die Ou Testament te verstaan in hom saamgekom en ryp geword het. En sy gawe om min te slaap, ontsaglik hard te werk, elke detailtjie in die teks raak te sien, te beskryf en vir die prediking vrugbaar te maak, dwing nou nog net die grootste respek af (vgl Schütz 1984:9-16).


    Bioskoop: die magtigste kunswerk van die 20e eeu

    Jy koop jou kaartjie, jou coke en jou springmielies. Jy stap die teater binne, wikkel jouself gemaklik in jou stoel. Voor jou is ‘n skerm, maar jy neem dit sonder veel belangstelling waar. Dan begin dit donker word. Jy voel ‘n aangename sensasie van opwinding. En skielik is dit heeltemal donker. Die skerm verlig. En jou totale universum verander eensklaps. Binne enkele oomblikke betree jy ‘n nuwe wêreld. Daarbuite bestaan nie meer nie, jy is selfs geïsoleer van jou mede-kykers. In die donkerte van die teater word jy oorspoel deur beelde, en jy aanvaar dit as die lewe.


    (Bladsy 1 van 13)   
    « Vorige
      
    1
      2  3  4  5  Volgende »