Artikels

Op hierdie blad kry jy bondige, grondige artikels te lese – oor diverse sake van kerklike en teologiese belang.


    (Bladsy 1 van 20)   
    « Vorige
      
    1
      2  3  4  5  Volgende »

    'n Augustinuservaring

    Vanaf 24 April tot 26 April 2012 het 'n  besondere kongres in Pretoria plaasgevind: dit was die eerste Augustinuskongres wat nog ooit in Suid-Afrika plaasgevind het. Dit is deur die Universiteit van Pretoria se Departement Kerkgeskiedenis aangebied en prof Hans van Oort was die intellektuele krag agter hierdie Augustinusdae. Prof Van Oort is buitengewone professor aan die Universiteit van Pretoria en 'n internasionaalbekende Augustinuskenner. Sy proefskrif (vgl 1995) oor Augustinus se ‘Stad van God’ het al vele herdrukke beleef en hy lewer steeds gesaghebbende werk oor Augustinus.


    Vroue in die geslagsregisters van Genesis

    Geslagsregisters is nie die opwindendste gedeeltes in die Hebreeuse Bybel nie. Meestal bestaan hulle uit lang lyste met vreemde name van karakters van wie ‘n mens dikwels nooit weer hoor nie. En tog vervul geslagsregisters ‘n belangrike funksie. In die Ou Testament waar geslagsregisters aan die einde van ‘n storie gegee word, vertel elke naam iets oor die verlede of slaan ‘n brug na die toekoms. Byvoorbeeld, na die vertelling van die skepping van die wêreld, volg die geslagsregister van Adam tot by Noag en sy seuns (Gen 5). Die vloedverhaal word dan vertel, en eindig met die nageslag van Sem, Gam en Jafet (Gen 10). Daarna word Sem se nageslag uitgesonder (Gen 11:10-24) om die oorgang na die verhale van die aartsouers te bied: Abraham en Sara, Isak en Rebekka en uiteindelik Jakob en sy vroue.


    Pase en 'n verlede wat weg is

    Die kerk se pad vanaf die begin tot vandag toe is verstommend. Hoe het dit gebeur dat 'n klein groepie in 'n afgeleë en moeilike Romeinse provinsie in die eerste eeu die boodskap van Jesus van Nasaret so verinnerlik en uitgeleef het dat dit na 310 staatsgodsdiens geword het. Volgens die Duitse kerkhistorikus, Adolf von Harnack, was eenvoud 'n belangrike rede hiervoor. Mense wat deur die evangelie geroer is, kon in eenvoudige woorde dié ervaring verwoord. Geen teologiese opgesmuktheid nie, maar eenvoudige woorde waarmee hulle hulle geloof kon bely geloof (Von Harnack 1924:110-124). In Rome moes dopelinge net sê ‘Ek glo in God, die Vader en in Jesus Christus en die Heilige Gees’. Verder moes hulle net die vergewing van sondes, die wedersopstanding van die liggaam, die ewige lewe, ensovoorts bely. Doodeenvoudige woorde wat die geloof helder en duidelik verwoord het.


    Pase deur die eeue – en vandag?

    Die Christendom het sy wortels in Pase. Die vier evangelies verskil aansienlik in meerdere of mindere detail, maar nogtans is hulle dit hieroor eens: Jesus het saam met sy dissipels die Joodse pasgamaaltyd gevier en net daarna is Hy gevange geneem en tot ‘n kruisdood veroordeel. Baie vroeg is die pasga-simboliek op Jesus oorgedra: byvoorbeeld, in 1 Korintiërs 5:7 verwys Paulus na Hom as die ‘paaslam’. En voor die einde van die eerste eeu skryf die drie sinoptiese evangelies dat Jesus die brood en wyn van die pasga op Homself van toepassing maak: die brood is sy liggaam wat gebreek word, die wyn is sy bloed wat vergiet word (vgl Matt 26:26-29; Mark14:22-24; Luk 22:19-20). Maar of die Christelike paasfees onmiddellik die Joodse pasga vervang het, is onseker. 


    Volgens die Franse filosoof, Michel Faucault, het elke eeu sy eie ‘episteme’. Dit was iets soos ’n intellektuele ondergrond of onderbou wat in elke eeu en tydperk aan die werk was en mense die woorde, die idees, die denke gegee het om te sê wat hulle wou sê. So ’n intellektuele onderbou het bepaal hoe mense hulle self, die lewe en die wêreld sou sien en beskryf, en almal is onbewustelik daardeur gevorm en geslyp. En wanneer ons oor persone of tydperke skryf, moet ons hierdie ‘episteme’ kan raaksien, verstaan en beskryf.


    Met lewende herinneringe, rugwaarts die toekoms in

    Die ontdekking van die teleskoop het die mens in staat gestel om die heelal in al sy grootsheid waar te neem, om van meer en meer sonnestelsels bewus te raak, en om te ontdek dat hy uiteindelik nie die spil is waarom alles draai nie. En tog is dit ook nie die waarheid nie. Die kosmos bestaan nie uit die geofisiese wêreld ‘daarbuite’ nie, maar word gekonstrueer deur menslike ervaring en menslike verbeelding. Ten spyte van alle wonderlike ontdekkings, bly die mens deur al die eeue heen die middelpunt van sy wêreld.
              Hoe het die Ou Nabye Oosterse mens sy wêreld konstrueer?


    'n Vaste kanon en die Ou Testament se waarde?

    Die kanon is vir vele 'n verleentheid. Dit is tog maar net 'n boek soos alle ander boeke en ook soos alle ander deur mense geskryf. Die Hebreeuse teks van die Ou Testament waarop die 1983-Afrikaanse vertaling byvoorbeeld gegrond is, is nie die oorspronklike Hebreeuse dokumente soos dit deur Jesaja of Jeremia of wie ook al geskryf is nie. Die 1983-veraling se Hebreeuse teks is skaars 'n duisend jaar oud. Trouens, in die eerste eeu na Christus was daar nie eers 'n vaste en algemeen-aanvaarde Hebreeuse teks nie.


    Ou feeste in ‘n nuwe gewaad

    Godsdienstige gemeenskappe se jaarkalender word deur feeste gekenmerk. Dit gaan om méér as blote vreugde of pret wat momenteel daarop gerig is om van sorge te vergeet en jouself oor te gee aan plesier. Godsdienstige feeste is by uitstek feeste van herinnering. Tydens godsdienstige feesgeleenthede dink die mense nie slegs aan hulself nie, maar aan die interaksie tussen God/gode en mens, of herroep oomblikke toe die bonatuurlike op die natuurlike sfeer ingebreek het. Godsdienstige feeste bind ‘n gemeenskap aan mekaar, en struktureer die liturgiese jaar. In hierdie teo-bydrae gaan ek die belangrikste feeste van Ou Israel bespreek. 


    Maria, maagd en moeder: die eerste eeue

    Kersfees. Saam met Christene wêreldwyd herdenk ons die geboorte van die Christuskind, maar in die Protestantse tradisie maak ons nie veel van sy moeder nie. Ons bely slegs dat ‘Jesus Christus uit die maagd Maria gebore is’, sonder om na te dink waar daardie belydenis vandaan kom, of hoekom dit belangrik was om dit te sê. In hierdie teo-bydrae wil ek stilstaan by die vroegste tradisies rondom Maria.


    Kersfees, musiek en 'n dieper teologiese verstaan

    Sonder die kerk was daar geen kuns nie. Of in elk geval nie soos ons dit vandag ken nie. Dit was die kerk wat skilders en komponiste in diens geneem, hulle betaal en talle opdragte gegee het. Hulle moes die kerk se boodskap vir gewone mense ‘hoorbaar’ en ‘sigbaar’ maak.


    (Bladsy 1 van 20)   
    « Vorige
      
    1
      2  3  4  5  Volgende »