Deur ander se oë


    (Bladsy 1 van 2)   
    « Vorige
      
    1
      2  Volgende »

    Om transformasie te transformeer

    Wanneer ons die evangelie onder woorde bring, het ons geen keuse as om gewone taal te gebruik nie – die einste taal wat as ’t ware besmet is met die verwronge aannames en waardeoordele van sondige mense soos ons. Dit geld reeds die taal van die Bybel waardeur ons telkens weer die evangelie hoor: Die apostoliese getuienis is deurspek met begrippe wat aan die Joodse en Romeins-imperiale kultuur ontleen is. Woorde soos “Here”, “koninkryk”, “offer”.

    Die taal wat God self praat

    Die God van die Bybel is ’n God wat praat, skryf N.T. Wright in The Last Word. Maar watter taal praat God dan? Umberto Eco vertel in sy La ricerca della lingua perfetta nella cultura europea (in Nederlands: Europa en de volmaakte taal) oor die lang soeke na die “volmaakte taal”, wat in die moderne era die vorm aanneem van ’n versugting dat één taal, byvoorbeeld Engels, die enigste wêreldtaal moet wees, dikwels omdat dié taal as inherent superieur beskou word. Andere wil ’n nuut geskepte taal vir internasionale kommunikasie, soos Esperanto, bevorder om sodoende taaloorheersing uit te skakel.


    Neem lees, dink en……..drink?

    In die deurlees van Willie van der Merwe se intreerede aan die Fakulteit van Teologie en Filosofie van die Vrije Universiteit van Amsterdam, Nederland het die titel van ‘n bekende suid-afrikaanse teoloog se boek oor hermeneutiek spontaan by my opgekom: Neem, lees! So het ek sy intreerede ervaar: Amper eucharisties-kognitief. Kon met gewydheid saamdink. As teks kom dit uitnodigend oor. Uitnodigend  om saam te lees en saam te dink maar ook om saam te voel hoe die verstand die (sin)psalms van die hart besing. Maar besing (lees indrink!) op so wyse dat ons weerloosheid elke oomblik voor oë en hart sal bly. Dat die uiteindelik totaliserende illusie ontmasker kan word van die menslike subjek wat meen om die werklikheid en die geskiedenis met sy / haar instrumentele rede te beheers en te deurgrond. Ook die teenstaan van die sogenaamde immanentisering van die transendente. Na my oordeel is dit die besondere insigtelike bydrae van Willie in sy intreerede. Dit moet gehoor, gesien en gevoel word. Veral juis dit sal na my oordeel in die suid-afrikaanse teologies-kerklike debat gehoor en verstaan moet word. Dat kerk en teologie die totaliserende balk in die eie oog sal raaksien. Die geweld sal raaksien van die wyse waarop hulle dikwels met die (benoeming / formulering) van die werklikheid mee omgaan. Maar terug na Willie se teks.


    Wat het Jerusalem met Athene te make? vra die tweede-eeuse kerkvader Tertullianus. Wat het die Christendom met ’n niechristelike kultuur te make, die openbaring van God met die wysbegeerte van die wêreld (in hierdie geval die Grieke), Christus met Sokrates, die christelike geloof met die menslike verstand, die teologie met die filosofie? Oor vrae soos hierdie gaan dit in die godsdiensfilosofie en die apologetiek. Dit is eeue oue vrae; hulle keer altyd weer terug in die kultuur; hulle het meerdere moontlike antwoorde wat altyd weer betwisbaar is. Hulle antwoorde hang af van wat ’n mens onder godsdiensfilosofie en apologetiek verstaan. As ’n mens godsdiensfilosofie verstaan as die filosofiese kritiek van godsdiens, in hierdie geval die christelike geloof, kry ’n mens één stel antwoorde. As ’n mens godsdiensfilosofie verstaan as die filosofiese inhoud, die wysheidsleer, van die christelike godsdiens, kry ’n mens ’n ander stel antwoorde. As ’n mens apologetiek opvat as die verdediging van die “ware dogma” teen die “aanvegtinge van die pseudofilosofie”, soos Abraham Kuyper, grondlegger van die Vrije Universiteit, gedoen het, kry ’n mens nog ’n ander stel antwoorde. En as ’n mens, daarteenoor, apologetiek opvat as ’n simpatieke verantwoording van die geloof teenoor die ongelowige of die andersgelowige, ’n intellektuele begeleiding van die niegelowige tot op die drumpel van geloof, soos Guus Meuleman, die eerste bekleër van hierdie leerstoel, gedoen het, kry mens nóg ’n ander stel antwoorde!


    Brief van aartsbiskop Buti Tlhagale aan dr. Kobus Gerber

    Op die 10e Julie vier die gemeentes van die Hervorming die 500ste herdenking van die geboorte van Johannes Calvyn. Hierdie gedenkwaardige oomblik skep die geleentheid vir ons, lede van die Katolieke Biskoppe Konferensie van Suider Afrika, om saam met die gemeentes van die hervorming waardering uit te spreek vir die werk, voorbeeld en bediening van hierdie man van God.


    Prof Lina Spies se vertaling van Het Achterhuis, die dagboek van Anne Frank, is ’n formele beklinking van haar dekade lange gemoeidheid met die Holocaust by wyse van artikels en verse. Een van die vroegste literêre manifestasies van hierdie belangstelling was die gedig “Vir Anne Frank van Het Achterhuis”, wat in Spies se debuutbundel Digby Vergenoeg (1971) opgeneem is. Vir die rekord moet genoem word dat die Frank-gesin reeds in 1960 hul intrede in die Afrikaanse letterkunde gedoen het, en wel deur Barend Toerien, met sy gedig “Aan mnr Otto Frank van Het Achterhuis”, opgeneem in sy bundel Gedigte.


    Hoe moet ons "godsdiens" verstaan?

    Ons plaas die skakel na 'n artikel deur prof.dr. Ben Vedder, dekaan van die Fakulteit Teologie, Radboud Universiteit Nijmegen, Nederland.

    In 2006 het hy die Diesrede gelewer met die titel: "Hoe godsdienst te begrijpen".


    Om afskeid te neem van iemand met wie ons die lewe op ‘n besondere wyse gedeel het of met wie ons in ‘n spesifieke relasie gelewe het, is doodgewoon swaar. Weliswaar uiteenlopend hartverskeurend swaar. Uiteenlopend hartverskeurend, want die lewenswaar word deur die dood van die ander persoon oor jou gebring daar waar jy is. Daar waar jy is in relasie tot die een waarvan afskeid geneem word. As kind – van ‘n ouer. As ouer – van ‘n kind. Of van ‘n familielid of vriend. Elke keer losskeurend anders. Losskeurend want ons is mos aanmekaar vasgegroei. En boonop gaan die omstandighede waaronder jy die ander een groet nog jou hartskamers se trooskrag beproef. Die elke keer anders, word elke keer met ander woorde van troos vergesel.


    Die Samaritane en hulle Tora

    Dikwels vind ons verwysings in die Nuwe Testament na die Samaritane. Wie was hierdie groep? Wat moet ons onder die begrip Samaritaan verstaan? Hiermee word diegene bedoel wat behoort het aan daardie betrokke godsdienstige gemeenskap wat hulle religieuse sentrum op die berg Gerisim by Sigem (die huidige Nablus) gehad het; in teenstelling met diegene wat hulle sentrum op die berg Sion in Jerusalem gehad het. Net soos in die Judaïsme was die Samaritane ook verbonde aan die Jahwe-geloof van oud-Israel. Hulle selfbenaming Samarim (Hebreeus = bewaarder) is ‘n aanduiding van die feit dat hulle daarop aanspraak gemaak het dat hulle die ware geloof van oud-Israel op die regte manier bewaar het.


    Spirituele molestering.02

    Spirituele molestering vind ook in kerke plaas, en nie net in sektes nie. Tipiese kenmerke daarvan is: soekende mense word met onmenslike, dikwels wettiese eise gekonfronteer; 'n ons-en-julle-gevoel bring polarisasie tussen die 'ons' wat hoë standaarde handhaaf en die ander wat dit nie maak in God se oë nie; die ingewydes sien gesigte, kry openbarings, word genees, behaal sukses, word ryk spirituele juppies en die ander ly versukkelde lewens; die vervuldes het die resep ontdek, die wat in die duister voortploeter, glo nie in wonders nie.


    (Bladsy 1 van 2)   
    « Vorige
      
    1
      2  Volgende »