Marc Chagall: die digter wat vlieg met ‘n kwas...01
- Deur Gerda de Villiers
- Gepubliseer 13 June 2008
- Kwas-kuns , Artikels
- Nog geen evaluering
Figure wat deur die lug trek, ‘n bok, ‘n donkie en ‘n hoenderhaan, ‘n gekruisigde Jesus bedek met ‘n Joodse lendedoek en marsjerende Nazi-soldate, kleure wat braaf en onverskrokke vanuit die skilderdoek ween en juig oor die lewe...
Marc Chagall: die digter wat vlieg met ‘n kwas... 02
- Deur Gerda de Villiers
- Gepubliseer 13 June 2008
- Kwas-kuns , Artikels
- Nog geen evaluering
Moyshe Shagal is die oudste van nege kinders in ‘n arm, dog hegte en gelukkige Joodse – of liewers Jiddisje gesin. Sy vader, Khatskl – of Sahar - maak ‘n lewe deur harings te verkoop. Hy werk verskriklik hard, so hard dat hy saans oor sy ete aan die slaap val, maar verdien nie juis genoeg om siel en liggaam van die gesin aanmekaar te hou nie. Sy moeder, Feiga-Ita is - tipiese Jiddisje mama - die eintlike steunpilaar. Teenoor haar lewensmoeë man is sy borrelend en vol energie: sy hou ‘n kruidenierswinkel aan en verhuur eiendom om haar man se karige inkomste aan te vul.
Marc Chagall: die digter wat vlieg met ‘n kwas...03
- Deur Gerda de Villiers
- Gepubliseer 13 June 2008
- Kwas-kuns , Artikels
-
Evaluering:




Chagall was aangegryp deur die eenvoud van die medium, en veral die effek van lig. ‘Of dit ‘n katedraal of ‘n sinagoge is, die mistiek vloei deur die venster’, het hy gesê. Vir Chagall as Jood was dit dan ook ‘n besondere eer om in opdrag van die Franse regering brandglasvensters met Bybelse temas vir ‘n aantal Katolieke katedrale te ontwerp.

Kwas-kuns