Liturgie


    Sport as ritueel

    Kultuur is ‘n geordende sisteem van betekenis en van simbole waarin sosiale interaksie plaasvind. Kultuur en ritueel is nou verbonde aan mekaar, aangesien rituele simboolhandelinge is. Kultuur en rituele kan nie van mekaar losgemaak word nie. Kultuur, betekenis en simbole word op ‘n bepaalde manier ten opsigte van mekaar georden. Mense gee aan feite en gebeurtenisse ’n bepaalde waarde of betekenis. Dit is nooit neutraal nie. Kultuur is nié staties nie. Dit is voortdurend aan die beweeg, omdat waardes verskuif en patrone verander. Deur rituele word daar altyd waardes en patrone oorgedra. Dit kan bewustelik of onbewustelik geskied. Rituele en simbole kan ideologieë konsolideer en versterk (Barnard & Vos 2001:20-22).


    Die weeklikse viering van die nagmaal in die NG Kerk

     

    Ek het 3 jaar terug ingeskakel by die NG Gemeente Riviera (die gemeente staan nou bekend as NG Gemeente Riviera-Jakaranda). Daar het ek vir die eerste keer te doen gekry met die weeklikse viering van die nagmaal. My aanvanklike opinie rakende die weeklikse viering van die nagmaal was, dat dit vir mense ‘n gewoonte word en dat die waarde en betekenis van die nagmaal verlore gaan. Hierdie opinie is dan ook die opinie van ander wat nog nie blootselling gehad het aan die weeklikse viering van die nagmaal nie. Die weeklikse viering van die nagmaal het my belangstelling geprikkel en ek het begin om met die gereelde erediensgangers informeel te gesels, om uit te vind wat hulle belewenis van die weeklikse viering van die nagmaal is.


    Liturgie in die NG Kerk

    Soos met baie ander dinge, is dit tans nie maklik om die liturgiese kenmerke van die NG Kerk eenduidig te beskryf nie. Die afgelope jare is gekenmerk deur is ryk verskeidenheid van beïnvloeding en eksperimentering.


    Die rituele landskap. Verlede, hede, toekoms. Deel 1.

    In hierdie bydrae verken ek die rituele of liturgiese landskap in verlede en hede. In hierdie eerste deel kom die verlede onder die loep en in deel 2 die hede. My eksplisiete doel is om ʼn beskrywing te maak van wat ek waarneem met betrekking tot die aktuele uitvoering van liturgiese rituele en op grond van hierdie historiese en hedendaagse waarnemings ʼn bietjie oor die toekoms te spekuleer.


    Die rituele landskap. Verlede, hede, toekoms. Deel 2.

    In hierdie gedeelte word die diachroniese beskrywing van deel aangevul met ʼn beskrywende sinchroniese snit. Eerstens word die rituele landskap van Suid-Afrika oorsigtelik beskrywend verken en daarna sal enkele vrae geformuleer word. Die drieluik van “handeling”, “binne-buite” en van “kruise” rig steeds die blik.


    In Oktober 2011 is ʼn Dagkonferensie gehou by die Departement Praktiese Teologie aan die Universiteit van Pretoria getiteld “Liturgie: wat is aan die gang?” waartydens ʼn nuwe navorsingsgroep ook tot stand gekom het. Die titel van die dagkonferensie is ʼn verwysing na die praktiese teoloog van Princeton, Rick Osmer, se eerste sogenaamde beskrywend empiriese vraag wat kom uit sy 2008 boek Practical Theology. An Introduction. Die byeenkoms as sodanig was gereël nadat die behoefte uit verskeie oorde uitgespreek is na ʼn groep, soortgelyk aan groepe wat al in die verlede in Gauteng gefunksioneer het, wat spesifiek nadink en navorsing doen oor liturgie en aanbidding. En as afskop is besluit om die aktuele ritueel-liturgiese praxis in kaart te bring deur ʼn aantal meer empiries beskrywende bydraes deur liturgiste en liturgie-studente.


    Die Suid-Afrikaanse liturgiese landskap.

    Oor die algemeen word die liturgieselandskap van kerke in Suid-Afrika deur diversiteit gekenmerk. In dieselfde kerkgenootskap kan telkens diversiteit in die liturgieë waargeneem word. En dit geld nie net vir die NG kerk nie. Tussen die verskillende denominasies is daar ook ‘n groot diversiteit in die liturgie te bespeur, selfs al is daar sekere gemeenskaplike ekumeniese aspekte daarin soos byvoorbeeld die vier fases in die verloop van die erediens. In hierdie verband kan ons die konsep van local theologies van Robert Schreiter as hermeneutiese uitgangspunt oorweeg, wat as verstaanskader vir die diversiteit kan funksioneer. “… local theologies can have nuances in the theological tradition of a church denomination as a result of a congregation’s history, context and in the diversity in spirituality. A congregation has acultural web. In this cultural web beliefs, interpretation of the confessional creeds, history of a congregation, spirituality, attitudes, morals, customs, specific practices of a certain pastor,and the environment form an intertwined whole that is a cultural web”(Schreiter 1985:3).In elke plaaslike gemeente het hierdie verskynsel van ‘n eiesoort subkultuur ‘n invloed op die inrigting van die liturgie, tesame met die eietydse postmoderne lewensgevoel.