Preekhulp

Die soort preekhulp wat hier verskaf gaan word, kan deur middel van vier terme uit die kerkgeskiedenis omskryf word: expositio (eksegese), reflectio (teologiese nadenke), meditatio (meditasie oor 'n teks) en praedicatio of sermo (prediking).

    (Bladsy 1 van 5)   
    « Vorige
      
    1
      2  3  4  5  Volgende »

    Preek: Soos die lelies van die veld… (Matt 6:28)

    Die sorg van die Here: wat verstaan ons daaronder? Wat beteken dit vir jou? Ek wil na hierdie vraag kyk aan die hand van die Matt-teks ten einde met die oë van geloof te kan antwoord op die betekenis daarvan hier en nou. Om net al die vraag te stel, is jy al kant en klaar deel van die vraag met jou hele menswees aangesien jou konkrete menswees van hierdie oomblik al reeds inspeel op die wyse waarop jy die vraag stel. So kan dit wees aan die begin van ‘n nuwe jaar dat jy redelik gehawend vanuit 2009 by 2010 aankom. Dit kon dalk ‘n slegte jaar gewees het. Dalk lyk ek soos die ou hoendertjie wat sê: 2009 was tuff, maar ek het dit gemaak!


    Christenskap is ‘n keuse teen mag

    Die arbitrêre wyse waarop daar met die getalle omgegaan word, is alreeds ‘n aanduiding dat daar oor die historiese feitelikheid van hierdie verhaal heelwat onsekerheid bestaan. Daar word gewonder of hierdie kindermoord deur Herodes ooit plaasgevind het. Dit is vreemd dat Matteus die enigste evangelie is wat daarvan melding maak en dit is ook vreemd dat daar geen buite-Bybelse bronne is wat dit bevestig nie. Die geskiedenis van die Herodesse is goed opgeteken – Herodes die Grote was die bekendste, maar ook Herodes Antipas, aan wie hierdie kindermoord toegeskryf word. Josephus, die Joodse geskiedskrywer het hierdie tyd redelik volledig opgeteken. Geskiedkundiges vind dit vreemd dat in die Bybel slegs een evangelie daarvan melding maak en dat dit nie in buite-Bybelse bronne van die tyd vermeld word nie.


    Meditatio: Troos wat uit die hart kom (Jes 40:1)

    In die donkerste tyd van Israel se geskiedenis - die ballingskap – kom ‘n onbekende profeet aan die woord. Hy het geen getuigskrif nie. Sy naam, sy herkoms, sy gesig verberg hy agter die geskiedenis van sy volk. Hy word genoem ‘Deutero-Jesaja’ na aanleiding van die gedeelte van die Jesaja-boek wat aan sy pen toegeskryf word: hoofstukke 40-55. Hierdie anonieme profeet  se boodskap is egter alles behalwe onduidelik. Klokhelder laat hy dit weergalm, trouens, sy openingswoorde is die kern van sy boek in ‘n neutedop: Troos, troos ... ’ Troos op troos word as’t ware opgestapel (vgl bv 49:13; 51:3, 12, 19; 52:9, 54:11), die volk in ballingskap het genoeg van oordeel en gerig gehad, wat hulle nou meer as enigiets anders nodig het, is troos.


    Meditatio: Egte broederskap (Ps 133)

    Dit is nie altyd vir mense maklik om in harmonie saam te leef en mekaar te verdra nie. Verhoudings in die huis, gemeenskap en kerk dra gereeld die merktekens van stryd, tweedrag, rusie, skeuring en ongelukkigheid. Hierdie onmin vernietig mense se lewe en maak hulle ongelukkig. Is geluk en lewenssin moontlik in ’n wêreld vol twis en onenigheid. Psalm 133 gee lewenswysheid hieroor. Die teks bied ’n motto vir ’n gelukkige lewe: ’n broederlike en susterlike lewenswyse lei tot ’n gelukkige, geseënde en sinvolle lewe. Die geluk wat daaruit voortvloei, is ’n gawe van God.


    Meditatio: Ek roep God om hulp (Ps 88)

    By die lees van hierdie teks lyk dit asof hierdie Psalm poog om as ‘n gebed nog vas te hou aan dit wat vir die bidder van hierdie teks eintlik nie meer moontlik lyk nie. Dit begin met die oorgelewerde geloofswete dat die God van die Ou Testament (Jahwe) ‘n God van redding is. Hy het Hom op sodanige wyse aan sy volk bewys.

    Meditatio: Ek is skuldig.

    Juda is ‘n belhamel. Saam met sy broers beraam hy ‘n plan om van Josef ontslae te raak. Dit is sy voorstel om Josef aan Midianitiese handelaars verkoop. Verder bedink die broers ‘n groter geknoei: doop Josef se tuniek in die bloed van ‘n boklam, en sê ‘n roofdier het hom opgevreet. En toe hul vader Jakob die kledingstuk herken, is hy ontroosbaar ...


    Praedicatio: Wanneer die geloofsgemeenskap se tempel verwoes word ...

    “Daar was nie iemand soos Noag, sê Prof” – Dit was die koerantadvertensie teen die lampale die afgelope week. Almal het al gewonder oor die praktiese uitvoerbaarheid van die ark met al die diere daarin en daarom oor die feitelikheid al-dan-nie van die Noag-verhaal. Nogtans bring die terloopse uitspraak van Prof Esterhuyse by Aardklop weereens die onsekerheid van baie lidmate na vore. Ek wil nie oor die Noagverhaal preek vanoggend nie. Ek dink ook nie dis nodig nie, want ek glo dat u as ‘n ingeligte gemeente met goeie predikante lankal weet dat Genesis 1-11 nie beskou word as geskiedenis nie, maar as verhale wat die oergeskiedenis van die mens vertel. Dis ‘n belydenis van Israel in die tyd van die Ballingskap, of later, oor hoe  hulle hulle eie bestaan verstaan in verhouding tot God en die omringende wêreld. Daarom is prof Willie Esterhuyse heeltemal reg.


    In die boek Esegiël (hoofstukke 8-11) lees ons van ‘n visioen wat die profeet Esegiël gehad het. Hy bevind hom op die oomblik in Babel, die hoofstad van Babilonië, waarheen hy in 597 v.C. vanuit Jerusalem weggevoer is in ballingskap. Hier het hy dan ook 5 jaar later (592 v.C.) sy roeping as profeet van die God van Israel (Jahwe) ontvang. Soos wat God eens op ‘n tyd ‘n boodskapper van die dood gestuur het om Egipte se eersgeborenes te tref om daarmee Israel te bevry, so stuur Hy nou weer ses boodskappers van die dood om sy volk te tref (Eseg. 8-11). Wat gaan hulle doen? Gaan hulle die hart van die stad tref? Nee, dit blyk juis andersom te wees: hulle gaan reguit na die tempel, die huis van die Here. Die oordeel van God begin juis midde in die huis van God.


    Meditatio: “Wees my ook nou genadig en hoor my gebed!” – Psalm 4:2

    “Al wat nou nog kan help, is gebed”. Dit is baie ontstellend wanneer hierdie uitspraak lukraak gemaak, of sommer net as sensasiesoekende trefwoord misbruik word. Wanneer dit egter geleef word, is dit ten diepste waar. Dit gebeur maar alte dikwels dat mense in hulle diepste nood en uitsigloosheid sprakeloos en apaties word, of dat mense in die banaliteit van die alledaagse lewe totaal en al afgestomp raak. Dikwels is mense se selfsug die gevolg daarvan dat hulle die pad agter hulle vol menslike wrakke agterlaat. Wie daarin kan slaag om in sulke situasies na die Psalms van die Eerste Testament te gryp, kan uit sy/haar eensaamheid of lewensangs bevry word. Dit gebeur nie net omdat sodanige persoon terugtree en gebede bid, wat alreeds voor hom/haar deur baie ander mense deur die eeue gebid is nie. Dit gebeur nie net omdat hierdie persoon sy/haar gevoellens en verlangens in woorde tot uitdrukking laat kom nie. Nee, dit gebeur veral omdat hierdie persoon in sy/haar nag van angs en kwale hom/haar wend tot Jahwe, die mensvriendelike God van die Eerste Testament.


    God het vir hulle velklere gemaak.

    Die woestyn is wreed. Die lewe is moeilik en behandel die mens meestal onbillik. God se troue sorg, sy omgee, sy gemoedelike besoek teen die tyd dat die aandwind opkom (Gen 3:8) word selde beleef. Met God se velklere moet die mens en sy vrou die lewe aandurf.


    (Bladsy 1 van 5)   
    « Vorige
      
    1
      2  3  4  5  Volgende »