Preekhulp

Die soort preekhulp wat hier verskaf gaan word, kan deur middel van vier terme uit die kerkgeskiedenis omskryf word: expositio (eksegese), reflectio (teologiese nadenke), meditatio (meditasie oor 'n teks) en praedicatio of sermo (prediking).

    (Bladsy 1 van 9)   
    « Vorige
      
    1
      2  3  4  5  Volgende »

    Die teoloog se reis – van (beter-)weet na (desperate) uitnooi.

    Na die verskyning van my boek, Om te mag twyfel, ontvang het allerlei soorte reaksies. Onder andere kry ek die volgende faks van ‘n oom uit ‘n aftreeoord op die platteland:

     

              Geagte Professor

    Ek het u boek ‘Om te mag twyfel’ gelees. Daar het vir my effens lig begin deurskemer. Ek het baie dieselfde pad as u geloop behalwe dat ek ‘n bourekenaar in plaas van ‘n teoloog geword het.

    Daar is egter ‘n kardinale verskil. U het u geloof behou, maar ek het dit verloor of nooit eers gehad nie. Moontlik is my genadetyd lankal verby. Moontlik het ek die Heilige Gees vir te lank weerstaan.

    Ek bid die laaste paar dekades vir lig wat ek nie kry nie. Meestal sonder woorde want ek weet nie meer hoe om te bid nie. Die alternatief wat ek gevolg het was om te probeer leef op ‘n wyse wat ‘dink’ God sal behaag. Hulp aan my ‘naaste’, wit en swart, vriendelik, nie haatdraend, lankmoedig, saam met die waarheid loop, ens. Ek bly maar altyd onder die besef dat die ‘werke’ sonder die geloof niks beteken nie en soek by u raad asseblief.


    Wydingsdiens

    Dis tyd dat sonde die regmatige plek as verkeerd inneem, sê ‘n student so twee jaar terug vir my terwyl ons oor die aard van die Christelike etiek in die klas debatvoer. A thorny issue, sou mens in Engels dalk kommentaar wou lewer. Juis nie, sou ons vanuit ons Reformatoriese belydenis en agtergrond kommentaar wou lewer. Pas laasweek het ek as deel van ‘n kursus oor teologiese antropologie die saak van sonde, boosheid en die aard van die mens opgehaal. En baie vroeg kom die vrae en ook die ongemak van die gesprek na vore.


    Akademiese Wydingsdiens op 13 Februarie 2012.

    Brothers and Sisters in our Lord, Jesus Christ!
    At first glance, you may be puzzled about the reading of these three passages together. What are the links between the blind Bartimaeus, the young man who runs away naked as Jesus is arrested, and the person with the white robe on that Sunday morning of the resurrection?

    ’n Vol en ryk 2012aan u almal toegewens.

    ... God is Koning van die hele aarde ... (Ps 47:8 – OV)

    In die antieke wêreld was die jaarwisseling nogal ’n belangrike saak. Op dié dag is fees gevier en groot geraas gemaak. Dít was hulle manier om alle bose geeste te verjaag en mense teen allerlei kwaad te beskerm.


    Meditatio: En as die wonderwerk nie gebeur nie …

    Hoe dikwels wag ons op 'n wonderwerk? Hoe dikwels misluk ons grootse ideale – selfs ter wille van ‘n baie goeie saak? Hoe dikwels wil ons ook soos Elia onder die besembos gaan lê en uitroep: ‘Here, nou is dit genoeg!’ En, hoe dikwels wens ons die Here wil maar net een keer – al is dit net een keer – ‘n kragtoertjie uithaal, sodat ons weet Hy bestaan … maar al wat ons hoor is sy oorverdowende stilte.


    Kersfees, liefde, lof.

    Een van die groot jammertes van die kerkgeskiedenis is dat so min van die vroeë kerkmusiek bewaar gebly het. Ons ken nie al die vroeë kerk se liedere nie, ons weet ook nie hoe hulle destyds musiek genoteer het nie en daarom weet ons van hulle kersmusiek heel weinig. Van die kerklied in die Middeleeue weet ons al ’n bietjie meer en nou nog kan ’n mens die liedere met die Latynse woorde en snaakse instrumente beluister.

    Kersfees en hoop.

    Groter vernedering was daar nie. Dit het in die somer van die jaar 586 vC gebeur. Die Babiloniërs het Jerusalem beleër en na vier maande was daar hongersnood. Een nag het die soldate 'n opening in die muur gemaak en hulle het daardeur ontsnap. Koning Sedekia en sy seuns was saam (2 Kon 25:1-7).

    Die Here gee om vir iemand wat verstoot word

    Bitter, hartseer woorde van Lea. Ons hoor haar verlange na die liefde van haar man, ons hoor die snik in haar stem. Die ‘ander vrou’ is nie maar net ‘n ander nie, sy is ook die man se wettige vrou en boonop haar suster.


    Waar God is, is daar blydskap

    Levitikus 9 vertel van ’n groot bedrywigheid by die altaar. Israel was nog by Sinai in die woestyn en die volk het voor die tent van ontmoeting bymekaargekom. Aäron het toe ’n kalf gevat; dit keelaf gesny; die bloed teen die altaar uitgegooi; die vet, die niere en die punt van die lewer verbrand. En tog gaan dit in dié hoofstuk nie om offers nie, maar om die ervaring van God se teenwoordigheid.


    Roudiens: Psalm 91

    MM was ‘n besondere welgestelde vrou wat ‘n paar maande voor haar negentigste verjaarsdag oorlede is. Sy het haar man sowat dertig jaar gelede verloor, en hy het haar uiters goed nagelaat. Haar een seun het haar finansies sedertdien bestuur. Sy het geen kommer in die wêreld gehad nie, want in haar kleinste behoeftes in ruimskoots voorsien. Ek ken die familie en vriende baie goed en daarom is ek gevra om die diens te lei. Die gehoor was egter kompleks: Afrikaans-sprekende mense vanuit al drie susterskerke; Engelse, hoofsaaklik Metodiste en Anglikane en ‘n hele paar van hulle kan geen woord Afrikaans verstaan nie; daar was ook ‘n groepie Jode; en ‘n ateïs of twee.      


    (Bladsy 1 van 9)   
    « Vorige
      
    1
      2  3  4  5  Volgende »