Vaktydskrifartikels


    (Bladsy 1 van 2)   
    « Vorige
      
    1
      2  Volgende »

    HTS: Bestelling van gedrukte weergawe

    Bestelling van HTS se gedrukte weergawe

    Het die outeur van The Shack en die Pauliniese en Johannese mistiek dalk iets in gemeen? Dit is wat hierdie artikel probeer bewys.


    HTS-artikels: Globaliseringsprojek-kongres

    Hiermee stel ons u in kennis dat HTS Teologiese Studies/Theological Studies 'n reeks van tien artikels aanlyn gepubliseer het van die verrigtinge van die globaliseringsprojek kongres van die 'Uniting Reformed Church in Southern Africa' en die  'ERK' by die 'Evangelical Academy Arnoldshain' in Duitsland, op 2630 Mei 2008.


    HTS-artikels: 'n Reeks Matteus-artikels

    Hiermee stel ons u in kennis dat HTS Teologiese Studies/Theological Studies 'n reeks van sewe artikels wat voorgelê is by die 'Matthew Section of the Society of Biblical Literature', gehou in Boston (Massachusetts), 2125 November 2008, aanlyn gepubliseer het.


    Pastorale beraad aan diegene wat deur ‘n rouproses gaan, bied nuwe uitdagings aan pastorale sorg. Daar word wegbeweeg van ‘n modernistiese paradigma wat daarop gerig is om die proses af te handel en te fokus op die hantering van die sogenaamde take van rou en die vermyding van smart-patologie. Veel eerder word die proses van rou word met ‘n oop einde gelaat.


    Hierdie artikel verdiskonteer die resultate van ‘n navorsingsprojek wat deur die “Instituut vir Vrou- en Gender Studies” aan die Universiteit van Pretoria uitgevoer is. Die doel van die projek was spesifiek om in gesprek te tree met religieuse en kulturele leiers oor taboes, mites en wanpersepsies aangaande menslike seksualiteit. In hierdie artikel word ‘n analise gemaak van die simbole en mites aangaande seksualiteit wat deur hierdie leiers gehuldig word. Dit is nodig om hierdie simbole en mites te ontmitologiseer ten einde hulle as “versterking” van die patriargale gender-verdeling en gender-ongelykheid te kan aanspreek. Hierdie sieninge is problematies vir vroue, aangesien dit die liggame van vroue beperk tot die besitting van mans – in soverre hulle liggame slegs gesien word as die instrument van manlike liggaamsvloeistowwe en die draer van die fetus.


    HTS-artikel: Die pendulum is nooit staties nie

    Wanneer die Nuwe Testament geïnterpreteer word, gebeur dit dikwels dat literatuur voorafgaande aan die Nuwe Testament geïgnoreer word. Dialektiese terme, diskoerse en kontra-diskoerse word dikwels buite rekening gelaat. Dit gebeur veral ten opsigte van die verwysing na vroue. Jesus Ben Sira (ca. 196 v.C.), sowel as ander wysheidsleraars, het nogal ‘n negatiewe siening van vroue gehad. Alhoewel daar al dikwels geargumenteer is dat hierdie negatiewe diskoerse oor vroue deur Judith uitgedaag is, wil hierdie artikel selfs ‘n stap verder gaan: die toevoeginge tot Ester en Susanna kan beskou word as moontlike diskoerse wat hierdie negatiewe beskouinge uitgedaag het. Hierdie tekste het Ben Sira se negatiewe beskouinge uitgedaag, en ook ‘n groot waarde tot die positiewe beskouing van vroue toegevoeg. In latere tye het Jesus Christus en Paulus oorwegend positiewe beskouinge van vroue gehad. Dit lyk asof hierdie idees hulle wortels in die apokriewe boeke kon gehad het. Hierdie artikel wil verder ook argumenteer dat ons in die deutero-Pauliniese briewe eerder die negatiewe beskouing van Ben Sira oor vroue aantref.


    Verbum-artikel: Spiritualiteit en die Universiteit

    Dit gebeur nie dikwels dat ons die geboorte van ‘n nuwe vakdissipline aan die Universiteit aanskou nie. Die wetenskap hou dikwels die deur halsstarrig dig vir nuwelinge. Tog, in die laaste paar dekades het ons die geboorte van ‘n nuwe dissipline, naamlik Spiritualiteit, aan baie teologiese fakulteite gesien. Spiritualiteit is moeilik om te definieer, en inter-dissiplinê karakter daarvan maak dit nog moeiliker. Daar is ook verskillende spiritualiteite, wat dikwels ook kultureel-gebonde is en uitgedruk word in ‘n eie historiese, sosiologiese, teologiese, linguïstiese en filosofiese tradisie. Daarom is dit belangrik dat hierdie vak binne die ruimte van die wetenskap bestudeer behoort te word.


    HTS-artikel: Pastors as gewonde genesers

    In ‘n vorige artikel is betoog dat pastors dikwels onder kognitiewe dissonansie ly as gevolg van ‘n verskuiwing in die paradigma van moderniteit na post-moderniteit. Daar is dikwels sprake van emosionele verwonding wat voorkom as gevolg van die worsteling om ‘n plek te vind in die nuwe wêreld waarin hulle moet woon en werk. Hierdie artikel kyk veral na twee faktore wat hier emosionele verwonding kan vererger. Die eerste is die kerklike tradisie, soos wat dit geformuleer word in verskillende formuliere van die kerk (Ned Herv Kerk van Afrika), asook die kerkreg van die kerk. Die tweede saak is die manier waarop pastors na die Bybel kyk en daarmee omgaan. Die taal en die retoriek wat gebruik word, word hier bespreek en geevalueer. In die laaste punt reflekteer die outeurs oor die moontlikheid van outobiografiese pastoraat as ‘n moontlike weg vir die pastor om self emosionele heelheid te behou.


    Dit gebeur soms dat ons ‘n bron van aanmoediging nodig het ten weer herstel in ons eie lewens te kan bewerkstellig. Die gebruik van narratiewe tekste kan ‘n veelheid van moontlikhede open om met die kliënt in ‘n pastorale konteks te werk. Die storie van Maria Magdalena, soos vertel in Johannes 20:11-18, kan beskou word as ‘n helende storie. In hierdie artikel word daar gepoog om haar ervaring met die opstane Jesus te hervertel, met gebruikmaking van die Evangelie van Maria as ‘n interteks. Die storie van Maria Magdalena word dan gebruik in ‘n gesprek met drie vroulike pastors binne die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika. Hierdie navorsing het ook heelwat vrae ten opsigte van spiritualiteit op die tafel geplaas.


    (Bladsy 1 van 2)   
    « Vorige
      
    1
      2  Volgende »