Kwas-kuns

Moyshe Shagal is die oudste van nege kinders in ‘n arm, dog hegte en gelukkige Joodse – of liewers Jiddisje gesin. Sy vader, Khatskl – of Sahar - maak ‘n lewe deur harings te verkoop. Hy werk verskriklik hard, so hard dat hy saans oor sy ete aan die slaap val, maar verdien nie juis genoeg om siel en liggaam van die gesin aanmekaar te hou nie. Sy moeder, Feiga-Ita is - tipiese Jiddisje mama - die eintlike steunpilaar. Teenoor haar lewensmoeë man is sy borrelend en vol energie: sy hou ‘n kruidenierswinkel aan en verhuur eiendom om haar man se karige inkomste aan te vul. Volledige storie
Chagall was aangegryp deur die eenvoud van die medium, en veral die effek van lig. ‘Of dit ‘n katedraal of ‘n sinagoge is, die mistiek vloei deur die venster’, het hy gesê. Vir Chagall as Jood was dit dan ook ‘n besondere eer om in opdrag van die Franse regering brandglasvensters met Bybelse temas vir ‘n aantal Katolieke katedrale te ontwerp. Volledige storie